Artikels

Titel: Redding

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

REDDING

Ek het altyd probeer om 'n baie kort en verstaanbare boodskap op te stel om vir 'n ongelowige aan te bied. Op die ou end het ek besef dat ek dit nie beter kan stel as God in sy woord self (in die Bybel) nie. Hier is 'n paar KERN versies (AOV). Daar is nog verskeie ander wat kan bykom maar dan raak dit dalk te lank– soos bekeer en doop, wees heilig want Hy is Heilig, God is Lig, wederkoms, Nagmaal, ens. Hoop julle kan dit gebruik vir iemand spesiaals.

2 Korintiërs 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

1 Timoteus 2:3-4 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Romeine 3:23-24 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Efesiërs 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

1 Korintiërs 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

SHALOM



Kommentaar

Redding
Dankie vir die deel
1 jaar 9 maande 5 dae 19 ure 56 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar