Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Watse moontlikhede is daar om die reëls en reëlmatighede wat ons wil invoer vir die kleintjies (en later vir die groter kinders en tieners) smaaklik te maak? Of hoe kan ons, sonder om geweld aan te wend, 'n kind daartoe bring om sèlf iets aan te neem wat ons wil hê, hy moet doen? Dink aan die koning op sy planeet by die Klein Prinsie: „Beveel altyd wat die onderdaan sélf wil doen.” 


    [Hier dink ek aan Ouma Willemien se keuse: Met welke lepel gaan ons vandag eet?  Belangrik is, dat geëet word!]

 

Hoe kan ons die grondlaag vir die kind se later lewe op so 'n manier lê dat hy dit graag aanneem?

.

Oor voorbeeld:

  Ons dink aan die moderne woord „rolmodel” en watter invloed toneel-, musiek- en filmsterre op ons kinders het. (En watter invloed hulle op óns gehad het!) Maar daar's heelwat ander helde waarna die kinders hulle kan rig: Uit die geskiedenis, oral. Ook uit Europa, nie net Suid-Afrika nie. Uit die lewensverhale van mans, vrouens en kinders uit alle dele van die bevolking.

     [Voorbeelde: Rageltjie de Beer, Wolraad Woltemade, Dirkie Uys, Jopie Fourie, Adam Tas, Elisabeth uit Thüringen, Till Uilspieël, Robin Hood, Bonnie Prins Charley, Roland, Parsival, Emily Hobhouse,... en baie, baie meer.]

Uit sprokies en legendes, uit fabels en stories waar diere, plante en teenstande 'n eie lewe voer en verpersoonlik word: Die krag en die werking van die sprokies moet ondersoek word. Daar steek 'n wêreld van wysheid, in gestalt van menslike swakhede en sterkte, wat soos edelstene daarin verberg is, in die besinsels van ons oer-oer-voorvaders.

     [Voorbeelde: Reineke Vos, Jakkals en Wolf, Esop en Fontaine se fabelskatte, Grimm en Musaeus, Hans Christiaan Anderson en Goethe asook ander sprokie­ versamelaars en -skrywers. Germaanse, griekse, romeinse sagas en legendes...]

Maar dis nie net staaltjies en anekdootjies nie: Ons moet voorbeeldelik vooruitstap. Daar's geen weg omheen nie: Respek vir andere, ook „mindere”; eerlikheid; deursettingsvermoë; eenvoudig liefde vir mekaar...

.

Oor verhale en staaltjies:

Nie net „ware” stories soos hierbo, maar ook eie stories, wat nie alte lank is nie, en veral nie die wysvinger daarby verhef – geen verwyt -- nie! Word so vertel soos enige ander „goeie-nag-storie”.

     [Byvoorbeeld: Pelle, wat ongeveer so oud soos die luisteraar is, sê ons vyf tot nege, wil 'n nuwe pak klere hê. Sy ma sê hy moet oom Andries vra of hy wol kan kry. Oom Andries sê hy kan 'n baal wol kry as hy op die skape oppas. Ouma sê sy spin dit graag as hy vir haar onkruid skoffel. Oom Klaas sê, seker kan hy kleursel uit sy werkwinkel kry as hy met hierdie lysie by die kruidenier gaan inkopies doen. Tant Sarie wil vanselfsprekend die wol weef as Pelle vir haar help om die hoenderstal uit te mis... So draf Pelle van die een oom na die ander tante. Die storie kan (moet) uitgebrei en ingekleur word: In die oorspronklike storie uit Noorweë het Pelle op die bergweiveld („alm”) geklim om 'n dag by die skape deur te bring, oor die fioord geroei om te gaan inkoop,... Wie het die wol gewas? Wie sny?  By wie kry hy naald en garing, knope,...? En wat moet hy vir tant Lenie en Oupa en Outa Tas doen, voordat hy eindelik sy nuwe klere op 'n goeie Sondag kerktoe kan dra? Let wel: Sonder om te sê: As jy iets wil hê, moet jy daarvoor werk, en nie tou opgee nie. Of: As jy iets van my wil hê, verwag ek iets in ruil daarvoor. En vir niks het hy geld betaal nie! 'n Storie wat oor 'n week uitgebrei kan word, aand vir aand. Dit lyk inderdaad soos die verhaal van hoe 'n pak klere stap-vir-stap tot stand kom, en dit ís dit, ja. En as dit goed was, kom die wens 'n week of wat later om dit te herhaal.]

.

Oor saamdoen:

„Hie'so! Ek vat diekant en jy vat daaikant, en ons dra dit saam kombuistoe...”
„Almal saam! Een, twee, drie, en – Stoo-oot!”
„Net die swart bessies pluk! En as jy vyf gepluk het, mag jy een eet. Ek's groot; ek tel tot tien, voor ek een vat.”
„Kyk, lê jou hand in myne en die pen / potlood / brei- of hekelnaald / mes... in jou hand. Dan beweeg ons die duim so,... en die voorvinger so,... en dan nog dit,... en ons hou dit dan vas... Sien jy? Daar kan ons al skryf, brei, hekel, vis se pens oopsny of wat ook al, en dit glip nie uit die hand uit nie. Probeer maar alleen.”
Izwa, 'ndoda: Wena az' bamba lo foshol. Manje, sandla ka lo ihla lapa. Ewe! Manje, sandla ka lo kohle lapa. Ewe! Manje, wena az' teta: ,Mina bamba lo foshol. Sandla ka lo ihla, lapa. Futi sandla ka lo kohle, lapa. Manje, mina sebenze ka lo foshol.' Ewe, 'ndoda, muhle, fana ga lo!”

.

Oor beeldtaal:

Hoe lewendiger ons taalgebruik is, hoe meer gee ons op betoning, stemhoë, ritme en klangsterkte agting. Net nie sing-sang soos 'n kind wat 'n resitasie opsê nie. Hoe meer prente ons in ons vertelling inbou, om so meer gaan ons ons luisteraars pak, om so meer gaan hulle wíl luister, gaan hulle saamspeel, uiteindelik saamwerk. In alle ouderdomsgroepe is daar passende beelde:

     [Ek dink byvoorbeeld aan „helikopterknope” waaarmee Ouma Goggatjie voorskoolse skoenrieme so goed kan bind.]

.

Kwinkslae:

Nou soek ek wenke en truuks: Hoe kan ek (of iemand anders) op 'n jong mens inwerk, van kleinkind tot in die ambags-leerjare en die universiteit, dat hy of sy dit aanneem wat gesê word, begryp wat bedoel word en positief daarop reageer? Dit wil sê, hoe kan ek iemand iets bybring wat vir hom in die toekoms waardevol gaan wees, iets blywends, sonder dat hy gou op sy perdjie spring of dwarstrek en weier. Eenvoudig weier. Niemand wil soos my „Klap-deur-die-gesig-oupa” wees en onnodige brutaliteit uitoefen nie. Maar onderwysers wat 'n bietjie streng is, en byvoorbeeld eis dat die huiswerk regtydig gedoen en ingehandig word, word al aangekla deur ouers wat self nie hul kind kan beheer nie. Watter raad kan ons sulke ouers aanbied, sodat hul kind vreugde kan ondervind aan ordentlik lees en skryf, aan tuinmaak, aan werk, aan sport, aan enigiets?

    Die kinders is ontevrede omdat die volwassenes of sélf dwarstrekkers is, en / of vir die eie kinders (en waarskynlik die wet) bang is. Sommige ouers het eintlik geen doel in die lewe nie.

    Hierbo is min voorbeelde, en nou vra ek lesers om kort te beskryf wat het gewerk. Hoe het jy dit (miskien onbewus?) reggekry dat iets, wat jy 'n kind wou bybring, bly kleef het?

.

(Hieronder as kommentaar, of as 'n eie skryfsel.
Die tema is nog nie uitgeput nie.
Ek moet ophou want my duisend woorde is al lankal op.)


[Hier verwys ek graag met dank na Sneeuwolf se gorrel ,Huis, paleis, pondok, en 'n man se broek', van 29e. November 2014. Terloops is brei (ook vir seuns!) netso 'n  metode om te leer dink.]

[Word voortgeset]

©.2014........................................................◄];o)...||...)o:Þ..................................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jaaaaa. . .
Ek stem dat deur voorbeeld hou jy 'n kind in toom. . .maar nie altyd nie. Wat vir die een werk, werk nie vir die ander nie.

Scenario: Toe ons kinders nog in die huis was. . . Al vyf van hulle "gaan staan elkeen in 'n hoekie!"

En raai wat? Klein Johann steek sy hand om die hoek en eet heerlik uit die yskas uit. En Deon die klein rakker? Staan deur die weerkaatsing in die spieel TV en kyk. . .

Wat dus bedoel was as straf inpleks van 'n goeie pakslae, het 'n heerlike tydverdryf geword. . . Hahahaaa!
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


kinders
Toom tye het verandr.
deesdae se kinders (tot hulle nadeel) is meer gekonfyt in rekenaars, selfone en tablets as wat ons ooit hoop om te kan wees. dit van ons geskiedenis wat n belangrike anker in hyulle lewe kan wees word dood gesmoor op skool, hulle moet van die struggle en Madiba leer, ons eie geskiedenis is taboe. deesdae se ouers het n groot verantwoordelikheidc om hulle kinders reg op te voed.
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar