Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is so moeg om enige publikasie oop te maak en te lees van soveel beterweterige mense; mense wat soveel kennis van die lewe het, asof hulle al self daar was en weet waarvan hulle praat. Dit klink asof al die kennis en wysdom in die wereld niks beteken nie. Mense wat jare se studies agter die rug het, mense wat jare se ervarings het, gebore uit hierdie studies uit, weet skielik nie waarvan hulle praat nie. Skielik is hierdie wysgere en akademici net mense wie se kennis in twyfel getrek word. Daar is ander wat beter weet, wat al die pad gestap het en wat definitief weet waarvan hulle praat. Ek sit met die artikels van hierdie week in die Huisgenoot. Die twee artikels wat al die sienings en bevindings van hierdie slim mense weerle.

Wie kan regtig se dat die jong seun van Griekwastad sy familie uitgewis het? Wie kan beweer dat hy regtig skuldig is? O ja, die staatsadvokaat, Hannes Cloete. HY kan se dis hoe dit gebeur het. Hy kan se die seun in ongetwyfeld skuldig. Hoekom kan hy? Want dis sy werk. Ons almal moet tog werk. So is dit die staat se plig en werk om die saak te wen…soos ‘n skool se rugbyspan. Dis die spelers se werk om op die veld te gaan en te wen. Sou hulle verloor, het hulle nie hulle werk gedoen nie. Maar elke speler het ‘n posisie om te speel, en hy word afgerig om daardie posisie se werk te doen. Hoe sal ‘n slot nou weet wat die werk van ‘n vleuel is? Of die skrumskakel word skielik ingespan om tussen die twee stutte in die skrum te sak. Dan is dit mos chaos in daardie span en ‘n seker verloor. Is dit nie wat besig is om te gebeur in die Griekwastad se verhoor nie?

Kundiges wat maatskaplike werkers en sielkundiges insluit, wat jare se studies en praktiese werk agter hulle name kan skryf, word skielik afgemaak dat hulle nie hulle werk doen nie, want hulle word deur die seun gemanipuleer. Is daar dan NIEMAND wat met al die kennis en ervaring deur die seun kan sien nie? O ja, daar is…die staatsadvokaat, Hannes Cloete. Net hy kan. Is hy dan sodanig opgelei om met die psige van die mens te werk? Is dit hoe die regsberoep werk? Dat daar‘n kursus in LLB of die ou B.Proc ingesluit word waar jy verplig word om ‘n sielkundige of maatskaplike kursus doen om sodoende te kan bepaal of iemand gemanipuleer of nie gemanipuleer word nie? Dis eienaardig dat ons arme grondvlak mense (dis nou die oningeligtes wat die artikels lees) baie vlak gevat word. Volgens die artikel het die staatsadvokaat beweer dat die seun tot die verdediging se forensiese kriminoloog, dr. Eon Sonnekus, mislei. Met my tong in my kies wil ek vir dr. Sonnekus vra waar op aarde hy sy opleiding gekry het, en waar hy sy ervaring opgedoen het. Dit lyk regtig asof ons in Suid Afrika sit met ‘n spul geleerdes wat nie ‘n clue het wat aangaan nie. Net die regslui weet. Vra hulle alles. Miskien kan hulle ook vir ons se wanneer die einde van die wereld gaan aanbreek. Dan kan hulle sommer op teologiese gebied saamgesels (of oortuig).

Met die Oscar artikel word Oscar se ma, wat al die jare voorgehou is as ‘n engel uit die hemel, nou skielik sommer ‘n ma met ‘n donker kant. Wel, as sy ‘n donker kant gehad het, so het 56 miljoen ander mense in Suid Afrika ook, selfs Gerrie Nel en Hannes Cloete. Dis juis hulle wat so hard moet werk om hulle donker kante donker te hou. Ons almal het geraamtes, maar nie almal klim van die wa af nie. Diegene wat wel afval, betaal die prys, maar dan is dit nie nodig om ons kenners en akademici af te kraak en die sake so te stel dat dit klink asof daar net ‘n handjievol mense is wat alles weet nie.

Ek is maar net ‘n ma en juffrou. Ek weet nie veel nie en my opleiding mag dalk nie tel nie, maar van een ding weet ek verseker: ALLE kinders manipuleer een of ander tyd die mense om hulle, maar volwassenes vang hulle gewoonlik uit. As die seun van Griekwastad so ‘n manipuleerder is, is hy op sy ouderdom BAIE BAIE goed. En net Hannes Cloete kon dit agterkom. As Oscar se ma nou nadoods nie meer ‘n engel is nie, dan is daar miljoene ‘goeie’ ma’s ook nie meer engele nie. Ons almal drink een of ander tyd. Daar is selfs nog kerke wat regte nagmaalwyn bedien met druiwesap vir diegene wat nie alkohol gebruik nie. Natuurlik veroorsaak die misbruik van alkohol angs by kinders. Selfs ons leke weet dit. Maar maak dit nou die ouer minder bevoeg? LET WEL, nie altyd nie. Oscar het uitdruklik gese ons land is ‘n onveilige land. Hy het nie gese hy het onveilig groot geword nie. Maar ons sal maar moet wag en kyk hoe die staat hierdie inligting gaan druk en draai en trek om ook dan ons leke ‘n rat voor die oe te draai.

Maar ek dink die ergste van alles is, is soos Adam Smal in een van sy gedigte gese het: “die Here het die daais laat val”. Daar sit ‘n wereldse Salomo op die regbank wat die ‘daais’ moet laat val. Nog iemand wat al die wysheid in pag het, wat net soveel soos die wetsgeleerde staatsadvokaat weet. Het ons rede tot kommer? Miskien. Moet ek, wanneer ek in my psige nie lekker voel nie, na ‘n sielkundige toe gaan? Ek glo nie. Nee wat, ek dink dis tyd dat ons almal bufferplakkers kry: “Don’t call me. Call my lawyer.” DIS nou die mense wat sal luister en verstaan. Hulle WEET. Wat weet die top 5% van ons geleerde vriende nou eintlik?

Ek het eendag ‘n steekproef in my klas gedoen. Ek het die kinders gevra wie van hulle was al gekaap, by ingebreek, verkrag of ken net iemand wat dit deurgegaan het. Uit ‘n klas van 30 het 30 hulle hande opgesteek. Dit was ‘n matriekklas. As my onderwyser my so vraag gevra het toe ek in matriek was, sou ek seker ‘n dom antwoord gegee het. En tog moet ons nog steeds ons kinders aanmoedig om verder te studeer, hetsy maatskaplike werk, sielkunde, medies en regte. Maar dit lyk my die regsberoep inkorpureer deesdae sommer al die ander beroepe. Die regslui stel net nog nie belang om onderwys te gee nie. Miskien moet hulle dit doen, dan kan hulle sommer vroeg-vroeg die probleme uitsorteer, dan sit ons nie met twee sake waar die akademici en geleerders se bevindings in twyfel getrek word nie.

I rest my case.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Journalese oftewel koeranttaal
Al hoe meer joernaliste gebruik al hoe kragtiger taal om hul storie te vertel.
Hulle staan in sterk konkurrensie (kompetisie?) met mekaar: Die tydskrif of koerant / radio- of tv-program / blog of wat-ook-al moet verkoop word. En as hulle nie myne koop nie, koop hulle joune. En dit kan ek nie toelaat nie, want dan bring die verkopers van goeters hulle advertensies na jou en nie na my toe nie. En hulle betaal baie geld as ek dit plaas.
En dit maak my treurig (en arm daarby). Daarom moet ek soveel sensasionalisme moontlik in my artikels invoeg om meer lesers / luisteraars / toeskouers te kry...
En die geveg gaan verder, altyd verder. En die publiek word vir dom verkoop...

Nou weet regsgeleerdes dit, en hulle praktiseer dieselfde ,metodes' om 'n jurie, selfs 'n regter te be"nvloed. (Manipuleer het ek nie gesê nie, nie ek nie, nie manipuleer nie! Jô! Manipuleer?) Buitendien het hulle gedurende hul studie, of daarvoor of daarna, etlike honderd (duisend?) amerikaanse films gesien, waarin getoon word ,hoe om dit te doen'.

Alles moet fotogeen wees, alle sitate moet radikaal wees, alle byvoeglike naamwoorde moet superlatief wees. 'n Hemelse wet. 'n Hollywood-vereiste. Amen.

As 'n sogenoemde joernalis oor 'n sogenoemde hofsaak moet berig, gaan hy te doen hê met sogenoemde regsgeleerdes, wat swak opgeleide wou-graag-wees toneelspelers is.

Met reg en onreg het dit die minste te doen. Watwou!
GvT
6 jaar 4 maande 3 weke 19 ure oud


Reg of Nie-reg?

Inderdaad, is ons samelewing in sy peetjie met al sy sogenaamde slim regeerders.
6 jaar 4 maande 3 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar