Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Renosters is tans die mees bedreigde spesie op aarde.

Die renosterbevolking het die afgelope veertig jaar met 90% afgeneem en as dit nie vir pogings tot bewaring was nie, was hierdie spesie seker nou al uitgeroei. Maar, is dit genoeg? Die onwettige handel in renostehorings het skerp oor die laaste paar jaar toegeneem en aanvraag uit veral Sjina en Vietnam neem steeds toe. Volgens hierdie Asiatiese lande beskik renosterhorings oor sterk medisinale waarde. Lees ‘n bietjie meer oor hierdie bedreigde diere:

Tien feite:

1
Daar is vyf verskillende renosterspesies: Renosters van Afrika: Swart renoster (Diceros bicornis) en Wit renoster (Ceratotherium simum).
Renosters van Asië: Indiese renoster (Rhinoceros unicornis), Sumatriese renoster (Dicerorhinus sumatrensis) endie Javaanse renoster (Rhinoceros sondaicus).

2
Wit renosters en Indiese renosters weeg gemiddeld tussen 1,8 en 2,7 ton, meet ongeveer 1,8 meter hoog by hul skouerblaaie en word tussen 3,7 m en 4,7 m lank. Swart renosters is effe kleiner, dan volg die Javaanse renoster en Sumatriese renosters is die kleinste spesie

3
Ten spyte van hul grootte, is renosters vinnig en rats. Hulle kan ‘n spoed van tot byna 50km/h oor kort afstande bereik, baie skielik vassteek en op die plek omdraai.

4
Uitgebreide wetenskaplike navorsing het bewys dat renosterhorings oor GEEN medisinale kwaliteite beskik nie. Nou moet mens nog net die Oosterse lande daarvan oortuig. Renosterhoring is ‘n baie eksklusiewe bestanddeel van tradisionele Sjinese medisyne en daar word geglo dat hierdie bestanddeel geneeskundig aangewend kan word vir pyn, koors, pampoentjies, seksueel oordraagbare siektes, epilepsie en selfs kanker.

5
Die voorste en langste horing van die Afrika renosterspesie kan tot ongeveer 1,2 m lank word, terwyl die Asiatiese renosters kleiner horings het. Renosterhoring bestaan uit keratien, dieselfde material as hare en vingernaels.

6
Renosters het drie tone aan elke poot. Hulle maak deel uit van die orde Perissodactyla (onewe getoonde diere). Renosters is ook verwant aan tapirs en perde.

7
‘n Trop renosters bestaan gewoonlik uit wyfies, kalfies en jong renosters. Manlike renosters is oor die algemeen alleenlopers.

8
Renosters is intelligent. Navorsing toon dat renosters wat in aanhouding is heelwat verstandelike stimulasie nodig het om gesond en gelukkig te bly. Hulle word deur middle van beloning opgelei om take te verrig. Hulle reageer op hul name en meeste van hulle geniet menslike aandag. Hulle is blykbaar mal daaroor om gekrap te word en kan selfs met ‘n kwas verf en voorwerpe gaan haal en terugbring.

9
Renosters word ongeveer 45 jaar oud en hulle teel stadig aan. ‘n Wyfie skenk slegs elke 3 – 5 jaar geboorte aan ‘n enkele kalfie. Wyfie renosters sien die eerste drie jaar om na hul kalfies.

10
‘n Renoster se horing groei weer as dit natuurlik afgebreek het. Daar is egter geen hoop as die horing uitgesny word nie ...



 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vic
Wys jou hoe slim is hulle! :D
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Renoster feite
Baie interessante artikel, dankie Carol.

Wonder net hoe hou 'n renoster 'n verfkwas vas met drie tone ;-)
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Ek het n gorrel geskryf
Oor Renoster vang en n paar fotos van heppie renosters opgesit. Nie dooies nie. Vir die dooies is dit te laat...
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


renoster
Dankie,dis interssant
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar