Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



‘n Witvrou in Rosettenville is so taboe soos ‘n Christen in Afganistan. Rita is so ‘n vrou, verweer en verinnerweer deur die vloek van drankmisbruik.

Omtrent 6 jaar gelede het haar man, ook ‘n alkoholis in die middel van die winter by ‘n huis aangeklop vir iets om te eet, via sy besoek aan die nabye drankwinkel. Sop en brood het hy gekry, maar geen geld vir drank. Dit het ‘n instelling geword, die klop aan die deur. Watter kos ookal oor was, is gegee en ‘n boodskappie van die Liewe Heer.

Eendag het hy en sy vrou Rita saam voor die deur gestaan. Hulle wou graag meer weet van Die Here en wat hy kon doen om hulle te help. Die evangelie span van ‘n plaaslike kerk het by hulle besoek gaan aflê waar hulle in ‘n agterkamer van ‘n familielid gewoon het. Rita en haar man het die Here as hulle Verlosser en Saligmaker aangeneem, maar die familielede was maar bra skepties.

‘n Paar maande het verbygegaan en geen teken van Rita of haar man nie en op navraag het die famielielid nie geweet waar hulle hul bevind nie.

Toe onlangs maak Rita haar onverwagte verskyning in die kerk wat haar destyds besoek het. Haar man is 2 maande tevore aan ‘n hartaanval oorlede en sy bevind haar alleen in haglike toestande. Sy woon in ‘n vervalle half-afgebrande blok woonstelle wat sy deel met ander uitgeworpenes, almal mans vanuit alle dele van Afrika betrokke by drank en
dwelmmisbruik en wie weet nog wat, in die hartjie van Rosettenville se ‘donkerwereld’.

Daar is geen water of ligte nie. Sy ag haarself gelukkig om haar ‘eie’ woonstel te hê met ‘n sleutel waarin sy haarself saans met sonsondergang toesluit. Stukkende vensters word met houtplanke toegemaak om die koue uit te hou en ‘n paraffien-stofie om vir haar iets te ete en te drinke te maak. Gevra of sy nie vrees vir haar lewe nie, se sy; ‘Hulle’ is eintlik goed vir my en sukkel nie met my nie. As ek kerk toe gaan, vra hulle dat ek vir hulle moet bid !”

Sy wil haar lewe verander, maar wag vir haar i.d. boekie om aansoek te kan doen vir ‘n staatspensioen wat haar in staat sal stel om ‘n beter blyplek te kry. Sy wil ‘n beter lewe voer. Sy doen wasgoed en strykgoed vir ‘n paar Rand elke week, en pas so af en toe ‘n sieklike vrou op. Sy vra nie veel nie, net ‘n kans om uit haar omstandighede te ontsnap. Elke Sondagoggend in die kerk gooi sy ‘n paar sent in die dankoffersakkie.

Rita met een verminkte oog, swaarkrylyne op haar gesig, van wie mense wegskram. Jesus ontferm hom oor die Ritas van die wereld, maar hy vra ons om hom te help. Ten spyte van alles sien sy nog die goeie in haar medemens, toon geen teken van bitterheid teenoor die lewe nie, en deur alles probeer sy haar waardigheid behou.

Opgedra aan al die Ritas in ons land.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar