Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rusland sal Saterdag op Ellis Park teen die Leeus te staan kom in die eerste wedstryd van die "Lions Challenge." In Suid-Afrika is daar egter nie veel kennis oor Russiese Rugby of die geskiedenis van die span nie. Meeste Suid-Afrikaners het hulle in 5 wedstryde sien speel gedurende die 2011 Wêreld Beker en moontlik in een of twee ander wedstryde. Hier is so vinnige kykie na die geskiedenis van rugby in Rusland.

Rugby in Rusland het voor 1992 reeds begin, maar toe het hulle onder die vaandel van die Sjowet Unie gespeel of die gekombineerde CIS span. Sedert 1992 hanteer die Rugby Unie van Rusland of te wel RUR die administrasie van rugby. The Nationale span is bekend as Die Bere. Hulle eerste wedstryd was op 6 Junie 1992 teen die Barbarians en Rusland wen die wedstryd 23-27. In Oktober 1992 speel hulle teen Belië en wen die wedstryd dan ook 11-17. Rusland het hulle grootste oorwinning in 2000 behaal toe hulle Denemarke 7-104 klop. In 2010 behaal hulle, hul grootste neederlaag en word 3-75 geklop deur Japan.

Die Rugby Unie van die Sjowet Unie is in 1936 gestig, maar hulle speel hulle eerste wedstryd eers in 1974. Hulle neem geruime tyd om hulleself te vestig en gedurende die 1980's begin hulle gereeld spanne soos Romania en Italië te klop. in 1987 word hulle na die eerste Wêreld Beker genooi. Ruskland wys dit egter van die aan omrede Suid-Afrika, met die Apartheid-beleid, steeds lid van die IRB was. Kort hierna breek die Sjowet Unie op. Russiese spelers speel in 1991 en vroeë 1992 as deel van die "Commonwealth of Independent States" span. Gedurende 1992 word RUR gestig en rugby in Rusland soos ons dit vandag ken is gebore.

Rusland het in 2003 en 2007 probeer om te kwalifiseer vir die Wêreld Beker maar was onsuksesvol. In 2011 kwalifiseer hulle. Hoewel hulle nie daar in kan slaag om 'n enkele wedstryd te wen nie, verdien hulle wel 'n bonus punt teen die VSA. Hulle druk dan ook die meeste drieë, 8, ooit deur 'n debutant nasie en oorskry Samoa se rekord van 1991. Hulle is ook die eerste span sedert 1987 wat 3 drieë teen Australië kan druk in 'n Wêreld Beker wedstryd.

Hulle mag dalk nie die sterkste spanm wees nie, 19de geplaas op die IRB ranglys bevestig dit, maar hulle is nie 'n span wat maklik geklop word nie. Die Russiese Bere het gewys hulle weet hoe om drieë te druk en sal aanhou veg tot die eind-fluitjie plaas. Die huidige groep van spele5rs is as volg:

Hakers: Vldislav Korshunov, Valery Tsnobiladze
Stutte: Gregory Tsnobiladze, Sergey Popov, Evgeny Pronenko, Andrey Polivalov, Alexey Volkov, Innokenty Zykov
Slotte: Artem Fatakhov, Kirill Kulemin, Alexander Voytov, Vladimir Boltenkov
Los-voorspelers: Pavel Butenko, Andrey Garbuzov, Yuri Vengerov, Pavel Kvernadze, Andrey Temnov, Victor Gresev
Skrumskakels: Alexey Shcherban
Losskakels: Anton Ryabov, Sergey Sugrobov, Ramil Gysin
Senters: Dmitry Gerasimov, Alexey Makovetskiy, Sergey Trishin, Mikhail Babaev, Igor Kurashov
Vleuels: Denis Simplikevich, Vladimir AstRUShko
Heelagters: Andrey Otrokov, Vasily Artemyev, Igor Kiyuchnikov.
Hoof-Afrigter: Kingsley Jones (Voormalige Waliese Flank)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar