Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek glo daar is min mense wat nie daarvan hou om op die strand te stap nie.

Sommige mense hou van die sand se lekker gevoel onder jou kaalvoete, vernaamlik die sensasie as die water daaroor spoel en jou tone wegraak onder die sand en skuim. Ander hou weer daarvan om op die rotse te loop, selfs kaalvoet. Party mense raak skoon liries en skryf gedigte hieroor.

Dan is daar ook die groep waaronder ek val – die strandlopers – wat die hoogwater se uitskot op die strand fynkam vir interessante goeters – skulpies, stukkies tou, spoelklippies, spoelglas, dryfhout, seeboontjies, ensovoorts.

Goed, sê jy, jy ken van skulpies en klippies, maar seeboontjies?

Wat daarvan as ek jou sê dat seeboontjies 'n gesogte item in enige skulpversamelaar se versameling is?

So, sal jy 'n seeboontjie uitken as jy een sien?

Seeboontjies is groot sterk boontjiesade wat op groot dele van die wêreld se strande uitspoel. Meeste hiervan ontstaan in die tropiese reënwoude, waar hierdie rankplante langs riviere as 'n klimop in die bome groei. Met reuse peule, wat tot twee meter lank kan word, laat dit mens onwillekeurig aan die verhaal van ‘Jannie en die Boontjierank’ dink. Die ryp peule val af en sommige beland in die rivier, waar dit later in stukke opbreek en dan seewaarts spoel.

So vat 'n enkele boontjie die pad op 'n reis van duisende kilometers met seestrome oor die oseaan tot waar dit op ‘n strand uitspoel.

Dit is meestal die [bruin] boontjies [Entada rheedii – Snuffbox] wat op Suid-Afrikaanse strande uitspoel. Ander wêrelddele het soortgelyke boontjies. 'n Baie mooi blougrys boontjie is die [Caesalpinia bonduc – Nickernut] wat van die Karibiese eilande af kom – dit word ook 'n seepêrel genoem.

Die boontjiesade is baie hard en is gesog onder skulpversamelaars, wat dit mooi blink poleer. Dit is ook gewild vir die maak van juweliersware, vernaamlik hangertjies en halssnoere. Vroeër jare is die [Snuffbox] boontjie middeldeur gesaag en die binnekant skoongemaak. Dis dan in 'n ornamentele snuifdosie [vandaar die bynaam] of fotohouer verander.

Ek was nou die dag besonder gelukkig om beide van hierdie boontjies sommer naby mekaar op te tel. Ek het die bruine skoongemaak – want dis gewoonlik vol kalk – maar het dit nie gepoleer nie. Die seepêrel was steeds mooi blink. [Sien foto]

Hoe wonderlik om te dink dat hierdie reisigers van die oseaan oor duisende kilometers op die water dryf tot daar waar die strandloper se oog dit optel ...

So, volgende keer as jy op die strand loop, hou die oge oop!


Vic Viviers 24 Januarie 2015

Foto’s

1
My optelgoed op die strand by Kleinkrantz, naby Wildernis:
Entada rheedii – Snuffbox [Groot bruin]
Caesalpinia bonduc – Nickernut [Blougrys]

2 en 3
Identifikasiekaart met foto’s en beskrywings [uit die bronne hieronder].

Bronne:
http://waynesword.palomar.edu/mucuna.htm
http://waynesword.palomar.edu/plmay97.htm
http://www.seabean.com/
http://en.wikipedia.org/wiki/Drift_seed
Die Internet in die algemeen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Seebone
My maggies. As ek weer by die see kom, sal ek beslis uitkyk, want ek is ook 'n hoogwater-strandloper :-D
4 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


seeboontjie
Ja nee ek gaan ook metaalverklikker en al. Mens moet net oplet na artikels of teken uit die ordinere, en wie weet wat mens kan vind.
4 jaar 5 maande 1 dag 7 ure oud


Bone
Jinne Vic, wat vertel jy ons nou?

Ek en Bokka het sopas besluit om van nou af ons oge oop te hou daarvoor.
4 jaar 5 maande 1 dag 8 ure oud


Seeboontjie.
Baie dankie vir hierdie leersame artikel. Ek gaan beslis van nou af my oe wawyd oophou as ek weer langs die strand gaan stap.
4 jaar 5 maande 1 dag 9 ure oud


die weervoorspelling
Ja.die see is n skatkamer.(en ek praat nie van goud en so nie)
ek like daai bruin bone.
hulle voel net so lekker in mens se hand..en is so mooi glad.
4 jaar 5 maande 1 dag 13 ure oud


seeboontjie
My hene oom Vic, ek tel ook alles op die strand op as ons na my dogter toe gaan, alles van natuur natuurlik, maar n seeboontjie, nee nog nie gesien nie. Alles word dan hier in Gauteng by die ander see goete in n groooooot glasbak gesit en staan in my sitkamer. Dis my see wereld hier in Gauteng. Ek en my dogter stap ver langs die see en word die heerlikste gesprekke gevoer terwyl ons optel wat mooi is. Dis nou op haar af dae want sy is hoof lugwaardin vir Mango. Ai die stories wat sy vertel hou ons aan die skaterlag.

Dankie oom Vic vir hierdie inligting, ek hou my oe in die toekoms groot oop as ek weer in Warner Beach op die strand stap, sal beslis aan oom dink.
4 jaar 5 maande 1 dag 13 ure oud


SEEBOONTJIE
Baie dankie vir jou pragtige bydrae vir die Water projek Asook die pragtige fotos
4 jaar 5 maande 1 dag 15 ure oud


Seeboontjie – reisiger van die oseaan

Al gehoor, nooit gesien en nooit te oud om te leer nie.

Dankie.
4 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


Nou wil jy nou boontjie . . .
Ek is ook 'n stranloper wat altyd loop en skulpies, klippies, glasies, spoelstokke, krapdoppe, ens. optel, maar het nog nooit 'n seeboontjie gesien of opgetel nie! Dit was nou werklik 'n heerlike insiggewende artikel.
4 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


boontjir
wel ic vandag het jymy iets vertel wat ek nie geweet het nue
4 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


boontjie
Baie interessant, Vic. Jy was darem gelukkig om sommer twee boontjies op te tel :-) of dalk kyk jy net baie fyn?
baie goeie bydrae tot die projek.
4 jaar 5 maande 2 dae 6 ure oud


Seeboontjie
Ek neem kennis
Ek het niks by my skulp versameling nie.
Eina!!!
4 jaar 5 maande 3 dae 9 ure oud


boontjie
Sjoe Vic,
dit is nou interessant! Ek het nie geweet van die bestaan daarvan nie. Ek versamel ook graag allerhande goeters, en as ek weer by die see kom (seker nie gou nie) gaan ek defnitief daarvoor uitkyk!

Baie dankie vir die mooi foto's en inligting!
4 jaar 5 maande 3 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar