Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ons een mens kan red het ons in ons doel geslaag. Ek het die afgelope weke van selfmoord en moord gehoor en gelees. Van mense wat dit reggekry het om selfmoord of moord te pleeg of probeer het. Die vraag of dit regtig nodig was, het by my opgekom. Was daar dan geen ander uitweg? Miskien is daar ander wat ‘n ander siening het, maar ek weet selfmoord en moord is nie ‘n oplossing vir jou probleme en vir ons skewe wêreld waarin ons vandag leef nie. Dit veroorsaak net ‘n verdere ketting van trauma vir mense wat die gevolge van jou dade moet oplos en later daarmee moet saamleef. Asseblief, niks kan so verskriklik wees dat jy jou eie, of ander se lewe daaroor moet neem nie.

Die volgende is om my eie siening daaroor te stel:-
As jy aan depressie ly en jy ‘n selfmoord geneigdheid openbaar, is dit gewoonlik asgevolg van ‘n chemiese wan balans van sekere stowwe in die brein wat reggestel kan word met medikasie deur dokters wat daarin spesialiseer. Daar is dus hulp vir depressie lyers, maak gerus daarvan gebruik voordat dit te laat is. As jy ‘n gelowige is, kan jy jou probleme na die Here neem. Hy het ‘n groot oor wat geduldig luister. (As jy nie weet hoe om dit te doen nie, lees my gedig op WOES, “Hoe hoor die Here” dit mag jou dalk ‘n bietjie help.)
As jy nog nie ‘n siels genoot ontmoet het met wie jy jou probleme kan bespreek en wat hulle sal verstaan nie, mag dit wees dat jy daardie persoon dalk net die volgende dag mag ontmoet. As jy nie langer kan wag vir jou siels genoot nie, maak dan ‘n afspraak met ‘n goeie sielkundige met wie jy jou probleme kan bespreek.
As dit iemand is wat jou in gedoen het met ‘n aangeleentheid, raadpleeg ‘n persoon met regs kennis en indien dit gaan oor jou huwelik, raadpleeg ‘n huweliks raadgewer. Moenie ophou of moed opgee as jy by een persoon nie regkom nie. Raadpleeg dan ‘n volgende persoon wat moontlik die sleutel hou om jou spesifieke probleem te ontsluit. As een deur toe gaan is daar altyd ‘n ander wat oopgaan.

Hoekom sê ek so? Wel, miskien na aanleiding van my eie ondervindings.

As jy ‘n noue ontkoming met jou motor op die pad gehad het en jy kom ongedeerd daarvan af dan stuur jy ‘n skietgebedjie of in moderne terme se tegnologie ‘n SMS gebedjie. Amper so iets soos “Dankie Vader ons is veilig” Of as jy ‘n krisis jou skielik slaan: “Vader help my, wat doen ek nou.” My ondervinding is dat die Here ook na hierdie gebede luister, want hy het reeds pro aktief opgetree en jou uit die moontlike ongeluk laat kom met net ‘n waarskuwing of voor jy weet wat gaan aan is daar gewoonlik hulp byderhand. As jy ‘n ongeluk oorleef moet jy in elk geval dankbaar wees. As ek nie weet watter kant toe nie en ek Hom gevra het vir leiding, dan gee hy ‘n oplossing.

Ek glo daaraan dat ‘n gebed is amper soos ‘n gesprek op ‘n twee rigting radio. Jy roep ‘n persoon op die radio en verduidelik aan hom wat jy wil hê hy moet doen, hoekom hy dit moet doen, of waarmee jy ontevrede of gelukkig is wat hy gedoen het. Dan bly jy so bietjie stil en die ander persoon praat dan weer en verduidelik wat hy wil hê jy moet doen.

So twee jaar gelede was ek baie siek na ‘n operasie en ek het gedink ek gaan nie die volgende dag se lig sien nie. Ek het gebid en het daarmee vrede gekry in my gemoed dat ek gereed is as dit die Here se wil is dat my uur van afrekening aangebreek het, maar terselfdertyd ook aan die Here genoem dat ek nog heelwat goedjies het wat nie afgehandel is nie en wat ek graag sal wil klaar maak. Die vraag glo ek het van Hom gekom in ons tweegesprek.

“Soos wat?”.

Ek het aan ‘n hele paar dinge gedink maar gevoel dit is te onbelangrik om dit van die Here te vra. Ek het wel gevra dat ek nog altyd die begeerte gehad het om sekere lesse wat Hy my in die lewe geleer het op skrif te stel vir my kinders, sodat hulle ook moontlik iets daaruit kon leer, maar het die fout gemaak om te noem dat ek net nog nie die tyd gekry het daarvoor nie.

Hy het sy woord gestand gedoen en ‘n ruk later was ek weer gesond en by die huis.

Maar nouja, ou Schatz het weereens op sy stoomroller geklim met oog klappies op wat net vorentoe kyk en op volle spoed voortgaan en alles platrol wat in sy pad kom, sonder om tyd te maak vir die dingetjies wat hy belowe het om te doen, totdat die Here voor my padroller kom staan en my herinner aan my belofte wat ek gemaak het.

Hy wys my die skilpad wat stadig loop en haal my padroller uit die hasie spoed en sit dit in skilpad spoed sodat ek sal tyd kry om die dinge wat ek nog graag wou doen te kan afhandel. Daarvandaan ly ek mos nou aan “metal fatique”. Sorry, Het nog nie die regte Afrikaanse naam daarvoor gekry nie. Lees “ Myasthenia Gravis” wat ek geskryf het op WOES vir meer besonderhede daaroor.

Die “Metal fatique” is amper soos as jy ‘n draad aanhoudend buig dan raak dit slapper en later breek dit in twee. Waar my senuwees aan die spier vasheg is, het dit ook “metal fatique” en hoe meer ek dit gebruik hoe slapper raak die spiere. Gelukkig ly ek nog nie aan “mental fatique” nie.

So ‘n jaar gelede was ek siek met ‘n erge bors griep. Omdat ek mos nou aan die “metal fatique” ly het die hoes spiere uitgeput geraak en kon ek nie meer lekker asemhaal nie. Lang storie kort te maak beland ek in die hospitaal met ‘n suurstof masker op my gesig in ‘n klein kamertjie regoor die kinder saal met huilende kindertjies. Gevolglik moet ek die deur van die klein kamertjie toe hou om bietjie rus te kry. Die manlike verpleegster kom my kamer ingewals en se “Klein ou inspuitingkie vir Mister de Kock. Hou daai boudjie, dit gan so bietjie brand hoo.” Nodeloos om te se ek was baie beswaard en benoud. Ek dink o hond waar het ek nou beland en in ‘n oomblik van benoudheid stuur ‘n SMS gebed;- “Hoop hy het sommer ‘n oordosis in daai spuit dat hy my sommer vir ewig uit my ellende kan sit”. (Dom van my om vir die Here so iets te vra, nê, want ons weet die Here hou jou by jou woord.). Lees ook “Biddende verpleegster “ op WOES indien u beter wil verstaan hoe ek gevoel het.

‘n Rukkie later kom daar ‘n swart verpleegster in en vra of sy iets persoonlik kan vra. Sy sê die Here het dit op haar hart gedruk om vir my ‘n gebed te doen. Sy doen haar gebed op haar vrolike gospel agtige manier om my gesond te maak en dit sit my sommer in ‘n ander luim en ek voel skuldig oor my vorige gedagtes.

Ja, die Here stuur nie altyd engele na ons nie, maar gebruik eenvoudige gewone mense om ons siel aan te raak. (Of was dit ‘n mens engel wat my kom opbeur het?) Ek neem haar hand en doen ‘n gebed vir die haar, haar mede verpleegsters en hospitaal personeel en hulle gesinne. Na ek gebid het sien ek sy is bewoë oor iets en ek wonder wat het ek nou verkeerd gedoen.

Sy kom later terug en verduidelik dat sy jammer is, maar in die twee jaar wat sy vir siekes in die hospitaal bid is dit die eerste keer dat iemand hulle hande seën en hulle as personeel en hulle families by die huis, bid.

Ek voel sleg. In plaas daarvan dat ek hier in ‘n swart gat lê en dink aan my eie benoudheid en ellende kon ek lankal begin bid het vir die hospitaal personeel en dokters wat lang ure onder moeilike omstandighede moet werk.

Nou drink ek baie, dis nou die pille, so 20 per dag, want die dokters dink dit help ‘n bietjie vir die “metal fatique”.

Net omdat ek in ‘n oomblik van swakheid, benoudheid, swartgalligheid en onnoselheid ‘n skietgebed opgestuur het oor die inspuiting en ‘n oordosis, glo ek het ek hierdie jaar wel in daardie situasie beland toe ek ‘n fout gemaak het met my medikasie en wel per ongeluk ‘n oor dosis van die baie pille wat ek drink in dieselfde hospitaal beland, waar hulle my daarvoor moes behandel.

(Sondae oggende sorteer ek my pille uit en dan neem ek ook 10 geel pilletjies methatreksaat saam met die 20 ander pille. Ek neem ook saans ‘n 1/2 geel pilletjie amitriptyline, omdat die baie kortisoon my wakker hou. Sien toe ruil ek per ongeluk die twee om. Dit het tot gevolg gehad dat ek ingejaag is hospitaal toe en hulle my maag moes uitpomp.)


Nou ja, ek het onwetend amper ‘n Michael Jackson act uitgevoer.

Toe ek na 3 dae wakker word was ek kwaad met die Here omdat hy my toegelaat het dat ek foutiewelik my pille deurmekaar drink. Ek vra Hom hoekom. Die antwoord wat by my opgekom het was soos volg, dink ek:-

Werk dit vir jouself uit. Ek het jou genoeg verstand gegee om dit te doen.

Dit was egter weereens nog nie my tyd om te gaan, maar ek glo die Here wou my net ‘n punt wys.

Naamlik, ek dink wat hy wou sê is:-

“Ek is baas oor jou lewe en wees versigtig wat jy volgende keer vra. Jy het jou lewe in My hande geplaas, daarom is jou lewe kosbaar vir My. Ek is die Here jou God en kan jou enige tyd neem soos ek nou vir jou gewys het ek is by magte om te doen as Ek wil. Dit is nie vir jou om te besluit wanneer dit sal wees nie. As ek nog werk het vir jou op die aarde is dit nie vir jou om te besluit wanneer jou uurglas moet uitloop nie. So, moet nooit eens weer dink daaraan om jou lewe self te probeer neem nie, Ek sal besluit wanneer en waar dit sal wees”.

Miskien is ek verkeerd, ek probeer ook nog maar uitvind of ek reg is. Nie een van ons is mos volmaak nie, nê.

Die kort en die lank van die storie is:- Dat niks so verskriklik is dat jy jou eie lewe, of iemand anders se lewe daaroor moet neem nie en as jy jou lewe in die Here se hande geplaas het, is jy in elk geval nie meer in beheer daarvan om op jou eie te bepaal wanneer en waar jy dit wil be-eindig nie. So mens moet baaaaie pasop wat mens van die Here vra. Die tyd wanneer en waar jou uurglas moet leegloop het jy dan in Sy hande gelaat, daarom wil Hy self besluit watter take Hy nog in Sy beplanning vir jou het. Moenie Sy planne vir jou lewe nou al dwarsboom deur dit vir jouself te besluit nie. Los dit in Sy hande. Be-ywer jou liewer met die talente wat Hy in jou hande gegee het om te ontwikkel sodat jy diensbaar is vir ander wat dit nie die talente gegee is wat jy het nie.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

re
Lekker om jou werk te lees. Nou die dag skryf ek vir iemand dis seker lekker om ryk te wees en my Bybel val oop op Pred 5;7! terloops Pred 5;1 is volgens my vir jou bedoel. Ons Here is awsome.

Groetnis
Koekoe
10 jaar 1 week 3 dae 5 ure oud


selfmoord
Schatz... ek wou gister al jou storie lees -ek dink dis wonderlike raad en stem eintlik saam met wat jy skryf..

wil graag die ander kant skets.. ek lees jy was baie siek en sekerlik ook al met tye depressief. En ek is leek, maar lyer van die donker swaar doodse siekte wat jou siel wil roof, soveel so dat mens elke dag op wag moet wees, basies elke dag moet bid ja, die Here se beskerming oor jou lewe moet vertrou..

Dis wel nie altyd so maklik nie, moeilik om energie te he vir raad vra, vir bid soms as jy in jou donker gat is, jys daar en jy wil nie daar wees nie, jy ervaar ongemak daar, dis min lekker, dis swaar, dit mergel jou energie, dit bedreig jou lewe.. en soms wanneer jy jou daar bevind, is alles donker, is jy eintlik letterlik blind, selfsugtig ja, dink jy glad nie aan die mense wie se lewens jy deur 'n selfmoord-daad sal verpletter nie. As jy jy daar bevind, is jou sielsmense ook ver, jy begin afsonder, neem nie meer deel .. onttrek eintlik!

Jou onvermoe om jouself te help, maak dat jy juis wil ontsnap, en jou sielsgenoot is soms jou rede (nie die oorsaak nie) van jou besluit, oor jy hul nie aanhou wil vermoei met jou nie. Jy sien die wereld deur 'n ander bril..

As jy beter voel, gaan sien jy jou sielkundige, jy drink gereeld jou medikasie, jy probeer kyk vir die "trigger points" - jy is altyd op wag... en jy bid gereeld ja, elke dag, die Here weet, hy ween saam jou, maar in jou tyd van nood is alles koud, donker kil, jy sien niks en niemand om jou nie, jy ervaar die pyn en jy wil uit desperaatheid daaruit ontsnap..

Dis nie die antwoord nie, ek weet! Want more is nog 'n dag, en dan is daar altyd weer perspektief.. so glo ek het die Here se liefde my gedra tot nou.. tog weet ek om bedag te wees.. want soms voel die dood vir mens na 'n soete heenkome, ook 'n rustige ontmoetingsplek met God. Dis nie in ons hande om te kies nie, nie in God se wil en plan vir ons nie, ek weet, maar ek weet ook, in die donker doodskadu, al is dit as gevolg van jou eie hand, sal die Here jou aan die ander kant ontmoet, want jy bly Sy kind... sy desperate, siek kind!

dis my hart, hoe ek daaroor dink...
10 jaar 2 weke 1 dag 7 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar