Artikels

Bladsye:
Titel: Selfoon-ma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is byna-byna 37 (nee-nee-nee, 40 is nog baie vêr!), ‘n enkelma vir ‘n paar jaar al (uit EIE keuse ... soms verkéérde keuses, soms onbeantwoorde keuses, maar dit was nietemin ‘n KEUSE!) met ‘n voorbeeldige goedgemanierde 16-jarige dogter (wat die gewone stilstuipe-toe-deur-briefie-skryf-dinge doen soos ander tieners) en ‘n gladdemond sonstraal 10-jarige dogter (wat soms woorde gebruik wat my na die woordeboek laat hardloop soos die groot “D-woord” .. Diskriminasie!) ... Dus, ek is een van die gemiddelde deursnee ma’s van die 20ste eeu wat die gewone dinge doen soos werk, kinders grootmaak, kerk toe gaan en vir familie gaan kuier ... niks ongewoons of raars of uitstaande nie .... maar nou moet ek ook erken, ek is ‘n SELFOON-ma!

Wat het ons ouers gedoen sonder selfone (‘n gewone telefoon was ‘n luukse in mý kleintyd)? Hoe het hulle seker gemaak ons is wel by skoolfunksies (het ons ooit funksies na-ure gehad?) of dat ons nog veilig is by ons maats (daardie jare was ALLES en ORALS beskou as ‘veilig’)? Hoe het hulle geweet watter tyd om ons te verwag as die bus laat was (ons busse was maar altyd net bietjie láát, in die 20ste eeu daag hulle glad nie eers op nie!) of die fliek laat begin het (het ouers ons daardie tyd alléén laat gaan fliek)? Hoe het ons hulle laat weet as die brood en melk gedaan is (vandag se kinders het darem 2-minute-noodles!) en hulle by Checkers-om-die-hoek moet stop oppad huistoe (het Checkers-om-die-hoek toe al bestaan of was daar net ‘n kafee op die hoek)? Het maatjies ooit kom oorslaap sonder dat ons vooraf moes gebel het om darem net te sê Sannie is oppad huistoe saam met ons (ons ouers het jare gelede sommer net aangeneem Sannie gaan dieselfde ‘kultuur’ wees as ons!) en daar moet ‘n ekstra broodjie gemaak word? Om nie te praat van sms nie! Hoe het ons kontak behou met ons maatjies (want meestal was die gebruik van die telefoon – as julle oor so ‘n luukse beskik het – net vir noodgevalle soos dood, geboorte, troue en geld-leen) en belangrike inligting (dit kan nou natuurlik enige belangrike inligting wees soos watter t-hemp trek jy môre aan, het jy juffrou se bui opgemerk of gaan jy Egoli vanaand kyk) gedeel sonder sms’e? Hoe het ons geweet van “ons-hou-video-aand-en-bring-sommer-jou-nagklere-saam-skooltoe-môre” (het ons ouers ooit hardop gewonder of dit seuns EN meisies gaan wees en of almal van dieselfde kultuur is)?

Soos ek sê, ek sorteer onder die kategorie van die gemiddelde enkelma’s van die 20ste eeu wie se selfoon ‘n onafskeidbare deel van elke dag is. Wat sou ek sonder my selfoon gedoen het? Geen idee nie .. wil nie eers daaraan dink nie! Hoe het ons ouers kontrole uitgeoefen? Nie die vaagste benul nie – dalk was ons net meer gedissiplineerd daardie jare en het ons ouers ons as kinders en die lewe daarbuite meer vertrou as nou. Hoe het ons kontak behou met ons maats? Ons kon nog briefies skryf met verstaanbare spelling en ons het pouses gekuier dat dit gons!

O aarde, die skool is al lankal uit ... gou sms en hoor of die kinders veilig tuis is!

Selfoon-groete
Mamma Elize
22/7/05



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

selfoon ma
Dit is 'n pragtige stuk. Ek weet nie van ander - maar ek kan so goed met die selfoon vrae assosieer. En die maatjie wat dieselfde kultuur deel/ of nie - hoeveel keer het ons 'Vicky' op getel net om te sien Vicky is Xhosa en het die mees sonstraal-gesiggie wat ons lanklaas in 'n tiener huis gesien het?
10 jaar 4 maande 1 week 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Besoeking

    deur Kobus van Eden

    DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar