Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voordat ek dit in ʼn verhaal gaan omskep, wil ek graag net so een en ander aanraak.
Ek was gisteraand, 2011.02.18, by ʼn sport byeenkoms.
In samewerking, het Florida Hoërskool en ‘UG’ – Die Universiteit van Johannesburg-, ʼn prestige atletiek byeenkoms aangebied, op die sport stadium van UG.
Sewe van die top skole is uitgenooi om teen mekaar deel te neem.
Skole uit die Gauteng gebied met die verste een vanaf Middelburg.
Alles was puik.
Die prestasies en entoesiasme van die kinders was van die hoogstaande gehalte.
Dat my Volk se kinders uiters puik en gesond is, is ʼn riem onder my hart.
Die groot vraag waarmee ek huis toe gery het:
Wat word van hierdie pragtige atlete na matriek?
Hulle verdwyn in die niet.
Ek skree net drie woorde te Hemele.
Dieselfde drie woorde is gebesig deur ʼn stadige ou swarte eendag.
Luister:
Ons groep manne het gaan jag een Winter.
Ons jag in die Ellisras gebied.
In die groep is ʼn man. Wynand.
Wynand het ʼn probleem. Wynand kan nie op sy hurke sit en skyt nie. Wynand moet op ʼn troon sit as hy wil skyt.
Op pad terug, ontwikkel Wynand ʼn probleem. Sy maag.
Die deurmekaar eet gedurende die jag, doen sy ding.
Vanaf Ellisras lê Thabazimbi 200 kilometer ver. Daar is nie geriewe op hierdie pad nie.
Wynand word blou in die gesig. Wynand wyer om agter ʼn bossie sy ding te doen.
Ek bestuur en jaag. Die bakkie doen sy bes. Wynand word al hoe blouer.
Ek swaai op Thabazimbi by die eerste garage in. Stop met slepende bande.
Wynand strompel uit en spoed knyp. knyp, na die toilet
Die toilet se deur is gesluit.
Ek storm en skree op die swart personeel om hulp.
Wynand dans rond en knyp.
Die personeel skree op iemand.
Hy kom stadig, baie stadig, van vêr af aangestap met die sleutel in die hand.
Wynand se kleur verander na swart.
Die waardige ou man sukkel met die sleutel in die deur se slot.
Wynand ontplof!
Dit is net stront waar jy kyk.
Die ou man se gesig vertrek van meegevoel en stadig, askuus hy:
“Auk, dis djammer!”
Vir hierdie verdwyn van ons pragtige seuns en dogter atlete na matriek, askuus ek ook:
“Auk, dis djammer!”
En ek veeg met die rugkant van my hand, die vog van verdriet uit my oë.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SKOLE SPORT EN DAARNA
Diepsinnigseer!

En jammerlik kalwe, kalwe ons in ons peetjie in oor baie meer dinge as sport...

Skrikwekkendste is die afsterf van Godsdinge wat lee kerke begraafplase maak...
8 jaar 8 maande 1 week 13 ure oud


SPORT
Auk, eish, djammer soewaar! Ek wag vir die verhaal.
8 jaar 9 maande 3 dae 6 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar