Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      Exodus 22 vers 18 het oor eeue heen vrouens (en mans, 'n manlike heks heet 'n warlock) in Europa, Engeland en Amerika na die brandstapel of galg gestuur. Want die vers bepaal: Die towerheks mag jy nie laat lewe nie.
     
      Op al drie kontinente het sogenaamde Witchfinders met Staats en Kerk gesag mense vermoor. In Engeland was daar selfs 'n Witchfinder-General in beheer van die 'skoonmaak operasie'. Die Britse Parliamentery Witchcraft Act van 1604 is eers in 1736 herroep. Almal is bekend met die Amerikaanse Salem Witch Trials in die 1700's waartydens 19 'hekse' gesneuwel het.
     
      Die Witchfinder se beroep (hy is 5 sjielings per heks betaal) was gebasseer op gevestigde handleidings soos Glanvill's 'Full and Plain Evidence concerning Witches'; Perkin's 'Discourse on the Damned Art of Wichcraft'; Dunstan's 'Satan's Invissable World Discovered' en die magnum opus van twee Dominikaanse priesters 'Malleus Maleficium'.
     
      Die 'Malleus Maleficium' gee praktiese toetse vir Maleficium ( Satan Aanbidding). Onder andere word die verdagte se hare (kop tot toon) afgeskeer en dan word daar gesoek na 'Satan's Mark'. 'n Moesie, vlek of geboortemerk kon jou galg toe gestuur het! Die verdagte moes die Pater Noster (Onse Vader) opse: kry jy jou woorde verkeerd, brand jy dood! Die geloof was dat lopende water euwel verwerp. So jy word (vasgebind en mond gemuilband) die rivier in gegooi. Sink jy, fine. Kom jy op na bo, ergo jy is 'n heks.
     
      Die Maleficium leer ook dat elke heks 'n 'Devil's companion' het. Kry hul boonop 'n padda, kat of rot in jou huis, is jy moer toe!
     
      Maar alles immer binne die raamwerk van Christenskap: Die Maleficium vereis dat 'needless cruelty must be avoided, therefore the fire must be supplemented with dry wood as otherwise a unendurable roasting will result and not quick incineration as demanded by Christian charity'.
     
      So spreek die Here?
     
      My eie 'kerk' het my geleer dat apartheid Bybels gefundeer is met die Toring van Babel as gesag. In 1994 (toe 'n Swart Regering oorneem) val die skille van my kerkvaders se oe en is apartheid nie net on-Bybels nie, dis sommer Ketters. 'n 180 Grade ommekeer.
     
      So spreek die Here?
     
      Spreuke leer my dat God my 'n verstand gegee het met 'n doel: om te gebruik. Sal maar vorentoe self probeer bepaal hoe spreek die Here, dankie.
       



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Zymrly
Die boodskap is altyd suiwer, maar die boodskappers krom.
8 jaar 9 maande 6 dae 5 ure oud


Wie praat
Nie een van ons weet regtig nie. Of wat spreek ek nou alles.
9 jaar 9 maande 2 weke 1 dag oud


.
Lentulus, hier het jy ware woorde gespreek. Die mens soek mos al te graag om elke hoek en onder elke stoel 'n demoon om te excorsise in die naam van "kerk". Kom daarvan as jy self die kat te veel in die donker knyp, as jy my vra.
Hierdie blond sal ook maar eerder haar eie heil uitwerk en die res soos water van 'n eend se rug laat af rol.
Great werkstuk. Love it!

"I believe that men are generally still a little afraid of the dark, though the witches are all hung, and Christianity and candles have been introduced." ~Henry David Thoreau
9 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 18 ure oud


Amen hierop!
'n Ware stelling! Volg reeds my eie spreke!
9 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


So spreek die Here
Dis 'n votydse job om elkeen sy eie godsdiens te verstaan, wat nog 'n ander te lei, te leer en kritiseer. Sterkte.
9 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


Z
Glo in die Woord soos 'n kind en jy sal die saligheid be-erwe. Ek glo driekwart van die tyd word gepredik wat die mens wil en nie wat God wil nie.
9 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud


Amen
Ditsem
9 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar