Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



17 September 2011 @ 18h59 - RSG het sopas deur die omroepster Mariëtta Kruger aangekondig dat al Sondag se heilige programme moes aanpas vir die Rugby more op Sondag. Almal van die heilige Sondag se gereelde RSG programme moes plek maak vir die meer belangrike sportprogram van die wêreld rugby in Nieu Zeeland. Ek wonder nou net of hulle die Here se toestemming gekry het om nie die heilige gees na die gewone kerkadresse te stuur nie, maar eerder na die Rugby paviljoene wat sekerlik die engele bietjie deurmekaar maak. Rugby kry 10 en kerk kry -10. Dit gee die heilige engele so bietjie blaaskans op hulle besige skedule. Volgens die aandmeditasie: “Meester is u nog in beheer van die wêreld en van my?” Meditasie volgens Melanie Vosloo van Stelllenbosch. Miskien is haar gebed herlei na die Rugby in NZ.

Verlede Sondag loop ek weer soos gewoonlik by die Methodist Church verby, en wat gebeur? . . . die gewone honderde karre is nie daar nie en ek wonder wat het gebeur? Toe slaan dit my: dis mos Rugby. Kan jy nou meer? Kerk is afgegee vir Rugby!

Wie aanbid die wêreld?

Sport het gewen!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kerk is afgegee vir Rugby!
So ook die land.
8 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Gees
Jy moet erken die rugby kon doen met 'n bietjie gees, maar darem van die kleinletter soort
8 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Die volk se engel was besig
en het die engel van Fiji behoorlik vertrap
8 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar