Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sommige mense het meer energie as ander. Ek het by dr. Brink Bosman van Boshof gaan inloer om te sien wat sy geheim is ...


“Ek slaap tussen vier en vyf ure per nag, daar is te veel om te doen. Waarom wil jy langer slaap?” vra hy verbaas. Dit is die woorde van Dr. Brink Bosman van Boshof wat aan die verkeerde kant van 70 is. Nie net beoefen hy deeltyds sy beroep as chiropraktisyn nie, hy is ook betrokke by perde-uithouwedrenne. Daarby is hy ‘n perde- en wildsboer. Dit sit nie in elke man se broek nie.

Hy is in 1942 in Boshof gebore, was in die Rooidak-skool en het aan die Universiteit van Pretoria vir ‘n paar jaar medies studeer. Daarna is hy na Palmer in die VSA waar hy in 1965 sy graad as chiropraktisyn “Magna Cum Laude” verwerf het. Hy het drie kinders en ses kleinkinders – al die kleinkinders is tussen 3 en 7 jaar oud.

“Daar was nie regtig iemand wat my gemotiveer het om my drome na te streef nie,” sê hy. “Maar as ‘n mens besluit het om iets positief te doen, doen jy dit - jy draai nie om nie.” Hy werk nou en dan op Hoopstad, Aliwal-Noord, Douglas en Upington. Daar staan ‘n groot beeld van ‘n engel op die voorste heining van sy huis – die simbool van die chiropraktisynsberoep. Dit is baie jare gelede deur ‘n beeldhouer, Me. Pepler, gemaak.

Om lank voor sonsopkoms op te staan, is nie vir hom ‘n uitdaging nie. “Ek ry nie meer self perde-uithouwedrenne nie, maar my perde neem deel. Mens moet vroeg roer – voordat die hitte van die Vrystaat en Noord-Kaap jou vang.” Hy beduie met smaak hoe die perde voorberei word en na elke 30 km afgekoel en deur ‘n veearts ondersoek word.

Net sodra jy dink daar is nie ‘n minuut in sy dag en ‘n krieseltjie energie in sy groot lyf oor nie, vertel hy jou van sy voorliefde en stokperdjie: die teel van Arabierperde. “Vandat ek kan onthou het ek ‘n perd,” vertel hy opgewonde.

As mens die geheim van sy aktiewe lewe probeer ontrafel, glimlag hy breed. “Gene speel ‘n groot rol. Ek probeer so aktief moontlik bly. Mense en diere hou my op my tone. Diere is kosbaar. Hulle is baie afhanklik van mense.”

Sy raad aan vandag se jongmense is kort en kragtig: “Wees trots op jou werk. Respekteer jou medemens. Kyk na jou diere. Moenie te veel pille drink nie, dit is nie altyd goed vir jou nie. Die belangrikste van alles: handhaaf ‘n goeie humorsin.”

Maar iewers moet ‘n man darem rus ook … As hy regtig wil afskakel, gaan ry hy met sy bakkie in die Kalahari en Namibië. “Dit fasineer my om op my ou spore terug te gaan en te sien hoe dinge gedurende die laaste 50 jaar verander het”, glimlag hy met ‘n tikkie heimweë in sy blou oë.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

energie
Baie dankie vir hierdie bydrae Karin. Herinner my aan dr. Chambers op Potch wat ook al aan die verkeerde kant van sewentig is en nog praktiseer. toevallig ook n Chiro praktisym
6 jaar 5 maande 3 weke 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar