Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kleinste beentjie onder aan die ruggraad is baie sensitief en ons moet dit altyd beskerm. Kry vir die kinders ‘n spons om op te “speel”. Selfs ‘n dik “eiderdown” sal ook werk.

Hierdie volgende oefening maak al die rugspiere sterk en help om die kind se postuur vir die res van sy lewe reg te kry. ‘n Regop houding gee die diafragma ruimte om te werk. Die asemhaling word outomaties dieper. Suurstof vir die brein. Die are is vry en die bloed neem nog meer suurstof na die brein. Genoeg suurstof in die brein laat ons nie net beter dink en redeneer nie, maar dit werk ook moegheid en stress tee. My oë moet ook eenparig saam met my brein en my liggaam kan funksioneer.

Kyk maar net na jouself. Trek jou maag in, haal diep asem!! Die rug trek dadelik styf, die nek is styf, die kop gaan op en die skouers is reguit!!

Laai hulle sommer hier met ‘n besemstok ook!!! Ha-haaaa. Skouers reguit, magies in, koppies op!!! (Ek het vir myne vertel hulle is Liewe Jesus se kruisies. Elkeen het ‘n denkbeeldige liggie voor die kop en hulle skyn vir Liewe Jesus. Daardie liggie moet altyd vorentoe skyn en nie op die voete val nie.) Magies moet altyd in wees, en koppies op!!

Volgens my beskeie mening, is daar ‘n “middellyn”. Trek ‘n denkbeeldige lyn van jou linkerslaap tot by jou regter enkel en andersom. Die middelpunt moet dan by jou maag wees.

Dit is daar waar ons heupe werk.

Laat die outjies eers ‘n bietjie die “stap-speletjie” doen om eers warm te word.

Handjies op die heupe, voete langs mekaar, moenie die voete beweeg nie en swaai so ver jy kan eers links om en dan regs om. Jy demonstreer eers wat van die kind verwag word.

Nou lê hulle op hulle rug en plaas die handjies onder die heupe, tel die bene op en “ry fiets” met die bene. So tien fietstrappe en nou maak hulle die beentjies oorkruis. Nou is hulle bene ‘n “sker” en hulle “knip” eers bo-oor en dan onderdeur (so ‘n paar keer) en dan weer ‘n bietjie fietsry. Ry, ry, ry, knip, knip, knip, ry, ry, ry. Alles aanmekaar.

Die volgende “speletjie” is om die hande agter die kop te sit en met die linkerelmboog aan die regterknieg te raak. Eers die een kant en dan weer die ander kant.
Dit maak die lae-rug, maagspiere sterk. Dit oefen die brein se regs/links integrasie.

Bydrae deur Meraai van die Baai.
PM hierdie oefeninge is SO belangrik vir ons kleingoed!

Ek sal graag die volgende ook wil byvoeg sodat die kleinding speel-speel hulle spiertjies ontwikkel wat broodnodig is wanneer hulle begin skryf - veral aanmekaar skryf in die skool wanneer die dom vingertjies nog so gou moeg raak en die lyfies vir lang rukkie regop moet bly.

Ons besef nie altyd die belangrikheid van kruip voor loop - en die klim- en klouterstadium, om die handspiertjies te ontwikkel nie.

Fietsry. Touspring. Springmat en balspel. Al hierdie speletjies kan bydra tot die genoegsame ontwikkeling van die spiere van die kleuters.

Kinders wie se rug en nekspiertjies nie genoegsaam ontwikkel is nie, het gewoonlik nodig om hom/haarself met sy elmbogie op die tafel te 'stut' en raak baie kriewelrig.

In die eerste en tweede jaar klassies is hier 'n spesiale kussing beskikbaar wat die kind se ruggie ondersteun en telefoon boeke word onder die voetjies geplaas as die kind se beentjies te kort is om die vloer te raak.

Op die speelgrond is dit ook die outjie met onderontwikkelde spiertjies wat lomp voorkom a.g.v sukkel om balans te hou. Hulle vermy aktiwiteite soos vinnige balspel en deur toue vleg om by 'n bepaalde punt uit te kom.

Om met die trappe af te klim sal hulle bv. nie die trap een-een aftree nie, maar wel met die twee voetjies op een trap staan, slegs een beentjie vorentoe sit en dan op dieselfde trappie trap met die ander beentjie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar