Artikels

Titel: Spoednick?
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy is nie meer die lenige naelloper van 25 jaar gelede nie. Jy weeg nie meer 55kg nie en niemand noem jou nog "spoedvraat" nie. Saterdag se kleuresports by die skool smokkel egter met jou brein. "We've got the spirit yes we do, we've got the spirit how about YOU!!" Die opwinding transformeer jou 40+ lyf en jy vertel jou 95kg postuur dat jy lag-lag kwalifiseer vir die pylvak in die aflos vir ouers.

Jy ignoreer jou vrou se vermanings om minstens op te warm en kort voor lank staan jy opgewonde in jou baan en trippel, wagtende op die aflos stokkie vanaf 'n mededromer. Jy volg die kop aan kop wedloop vanaf eerste na tweede oorgee en jy dink…"ek gaan hierdie ouens stukkend hardloop"…Die adrenalien pomp in jou toe Butch van Blerk "vol spoed" die stokkie op derde oorgee in jou hand stop. Die wenstreep wink soos ʼn verleidelike buikdanseres. Jy hoor êrens die begin van "chariots of fire" speel. Met die wegtrek is jy egter 'n chariot on fire. Jou linker dyspier swig binne 20 m maar jy byt vas. Op 50 m reg voor die hoofpaviljoen klap jou regter dyspier en dit voel of jy deur Henry Honniball gelak word.

Jou grasieuse naelloop skakel om na 'n driesprong aanloop vir die sandput en jy besef dat jou atletiek loopbaan regtig lank, lank gelede al verby is……jy eindig met 'n pynlike stadige gehuppel en Rip van Winkel neurie saggies in jou kop….."jam blikke visblikke drie by drie ons is ons is weet julle wie?……". Jy gaan huistoe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek sal die opvolg oor die ene skryf oor so 20 jaar en jou laat weet of ek dieselfde ondervinding beleef het. Siende dat jy my ampere oor is...groetnis
12 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


Kom daarvan
Goeie storie en heel lewensgetrou. Doen maar 'n paar strekoefeninge voor jy weer die baan vat. Ek het op 40 leer spoedrolskaats saam met my kinders en op ongeveer 46 my uit my skaatse geval. Welkom hier
12 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud


Spoednick?
Ja nou kan ek saampraat! Pragtig man ek het dit geniet en ek sal tog jou oor aanplak as ek kan, want met sulke lekker skrywe het jy altwee nodig om die applous mee te hoor. Welkom by woes en ek sien uit om meer te lees!

Groete, Oupalouis
12 jaar 10 maande 2 weke 4 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar