Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Springbok is die trotse simbool van Suid - Afrika se rugbykrag al vir langer as 'n eeu en so die trekpleister vir toeskouers, kykers luisteraars en lesers (die rugbypubliek) oor al die jare. Hierdie simbool en die eer wat die rugbypubliek vir uitstaande talent/spel gee is die motivering vir spelers om die hoogste sport in die spel te bereik! Die aandag wat die rugbypubliek aan die spel gee bepaal die mate waarin adverteerders/borge die spel sal ondersteun.
As ek nou die bewering maak dat die Springbok eerder aan die rugbypubliek as aan die politici behoort, dan open dit 'n deur vir die voortbestaan van ons geliefde Springbok, ten spyte van die voortdurende dreigemente van die mense wat politiek eerder as die spel huldig.
Ek wil nog 'n aanname maak: Sportskrywers, omroepers en dies meer verteenwoordig die rugbypubliek omdat laasgenoemde die rede vir hul bestaan is!
Indien die Springbok onder druk van politiek weggeneem sou word, is daar geen rede waarom 'n "Springbok" nie deur die rugbypubliek aan 'n speler toegeken kan word as hy aan sekere kriteria voldoen nie. Al speel hy ook vir die 'Impi's'!
Die kriteria kan ter voorbeeld wees:
1. 'n Speler wat lid is van die nasionale span en in vyf wen-toetse, waarin hy langer as 40 min. op 'n keer op die veld was, gespeel het, verdien 'n Springbok[brons], mits een van die wentoetse teen 'n sterkere span was[NZ, Aus., Eng., Fr.]
2. Netso sal tien wentoetse [drie teen sterkeres] 'n Springbok[silwer] verdien
3. Vyftien wentoetse[sewe teen sterkeres] verdien 'n Springbok [goud]!!
4. 'n Toets tel nie vir 'n speler as hy die veld weens 'n geel/rooikaart moes verlaat nie. Die reël word by bewese swak skeidsregtersbeslissings opgeskort.
5. In 'n wêreldbekerjaar verdien elke speler wat aan die toernooi deelgeneem het 'n Springbok[goud], mits hulle die beker gewen het.
6. Die toekenning van 'n Springbok aan 'n speler(s) moet op 'n gala-geleentheid plaasvind, waarvoor borge meer as gretig sal wees om te betaal[ons eie rugby "oscars"]. Geen politici of ampsdraers van SARugby mag amtelik by die geleentheid betrek word nie! Hoflikheidsuitnodigings mag egter aan diesulkes gerig word vir bywoning alleenlik!!! Anders probeer hul weer die hele besigheid kaap!
Politici, keurders en afrigters moet weet: Die rugbypubliek gaan nie na verloorspanne kyk nie, veral as hulle nie op meriete gekies word nie! Ons gaan ook nie stilsit en toesien dat die Springbok verdwyn nie!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

En hierop is ek lus, om soos die politici met gebalde vuis in die lug, te dans en te skree; "Viva!!" Maar hierdie keer "viva" vir die Springbok Oscars. Hou sal ons die Springbok hou. Buig of bars! Ek het lekker aan die een gelees.
12 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar