Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ierland se Siener van Rensburg.
Die Iere het net sterker in hom geglo as wat ons boere aan ou Siener geglo het maar die twee se doen en late – hoewel verskillend kan maar in my gedagte saamloop.

Hierdie ding om mense te verheerlik
Om mense te skep op te kan verheerlik
Om menslike Engele daar te stel, te volg en te aanbid . . .
Ek skrik my alie af!
Want waarheid is te betwyfel (Was in die jaar 433 al ‘n kalender gewees- ‘n kalender met twaalf maande en name soos ons dit ken?)

Volgens wat ek reken is die kalender eers meer as ‘n duisend jaar later as hierdie St Patric op die mark geplaas dus kom tel ook in gedrang

Ek respekteer elke mens, nasie, volk se Geestelike bedrywighede. Wat my persoonlik aan betref is dit kop dinge en as dit by kop dinge kom dan word dit nag.

Dit het – snaaks genoeg- vandag opgekom in die Dokter se spreekkamer.
As na-gedagte roep ek hom terug:
“Roelof ek het ‘n vraag – hierdie siek regteroog maak alles helfte kleiner as die linker een – hoekom?”

Roelof is ‘n Jentelman en begint met ‘n Mediese biologiese uiteensetting van die oog en die bedrading na die brein en ek, wat vêêêr siende is weet dat Roelof se verduideliking is maar net ‘n beskaafde manier om te sê die elektrisiën wat my bedrading gedoen het, ka . . .twak aangejaag het.
Ons het valsagtig saam gelag oor die waarheid:
Dis in my kop!
(Loop luister die opname by Musiek en Lerieke)

Dit is soos geloof. Dit is so sterk dat ek wragtig kleiner sien met die een oog as met die ander.

Dit is nogal heerlik.
As ek wil speel, dan knyp ek die linkeroog toe en die regteroog maak die kar ‘n dinky toy en ek vat die karretjie aan die dak en brrr-brrrr-brrr deur die jaart met hom!

Ek dink die Iere Brrr-brrrr-brrr ok maar met ou Patriek as hulle gesuip is . .. . En kan hulle suip!

Willie F
2014/03/11



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Suip, seg jy? Seker maar omdat die Guinness so lekker is.

Die kalender vraag is nogal interessant. Die Julian kalender, met die 12 maande soos vandag is in 46 VC deur Julius Caeser [nie Malema] ingestel en later [1582] verfyn deur die Gregoriaanse kalender van vandag wat 0,002% minder tydsduur in 'n jaar bevat.

http://en.wikipedia.org/wiki/Julian_calendar
5 jaar 4 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


StParick
Ai, Sneeuwwolf, jy darem ook! Ek moet eers nou die storie oor jou oog gaan lees.
5 jaar 4 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Ano
St Patric
Oe ja! Maak van die hele spul kleingeld, of klein goedjies.
5 jaar 4 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Ha-ha-ha!

Ierland se Siener van Rensburg! (",)
5 jaar 4 maande 2 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Grafte op die Berg

    deur Johannes de Swart

    Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar