Weergawe: 1
Aantal woorde: 770
Kere gelees: 21
Datum gepubliseer: 01 Sep 2010
Deesdae word, te verstane, baie gesê en geskryf oor stakings want dit lê lam. Daar is selfs diegene wat glo wil maak dat die stakings niks anders is as anargie nie. Stem kan ek nie hiermee saam nie!
Ek onthou die dae toe die hele wêreld ongekwalifiseerd APARTHEID as erge vergryp aangemerk het en die onstandvastiges en papbroeke (Wat van elders dalk met die een of ander vergoed sou word of heelwaarskynlik was!) tot ondeurdenkte oorgawe gebring was. Nou is dit vir my, wat deur Pa geleer is om vir myself te dink en ten minste logies te probeer dink, eienaardig dié wêreldge-skree teen die s.g APARTHEIDSBELEID wat na bewering deur o.a. doktor Verwoerd as oplossing vir die eiesoortige situasie in Suid-Afrika voorgehou is sonder dat daar ‘n behoorlike omskrywing van dié begrip geformuleer is!
Ek onthou soos gister toe albei ons predikante van destyds my afsonderlik ge-konfronteer het met mý siening oor apartheid. My teenvraag was doodeen-voudig logies en eenvoudig: “Van watter apartheid praat julle? Die geestelike dan die wêreldse?”
Maar nou in alle erns: As een van julle my van ’n enkele definiesie van die begrip apartheid kan gee dan raak ek dalkies ook op die ooppad bekeer! Ja, die HAT gee o.a. ‘n politieke definiese nl. :”Politieke beleid in S.A. van 1948-1994 van verpligte afsonderlike ontwikkeling van die verskillende kleur- en etniese groepe.” En verf dit nou polities as rassisties. Niks snaaks nie. Net maar wêrelds. Polities korrek maar volgens die orde van God wat veskeidenheid geskep het? Oordeel self! (En wat dan van die sogenaamde BEE? Rasistiese ekonomiese apartheid, dan nie?)
Nouja, as iets eers in die negatiewe gestel is dan dink ‘n mens mos nie. Agter die Wêreld aan verdoem jy dan ook mos maar saam. Global coolness noem mens dit.
Iemand het eens gesê dat as jy nie jou geskiedenis ken nie kan jy onmoontlik jou toekoms uitwerk.. Hoe waar dit is sal weer ons geskiedenis ons kinders leer. Maar laat ons intussen ’n bietjhie die Suidelike punt van Afrika se politieke geskiedenis betrag. Ja selfs vóórdat die onderdrukkende Afrikaner deur verdrukking na die onbesette binneland verplig was! Wat was toe aan die gang? Stam het teen stam baklei, moor mekaar uit, onderdruk omdat hulle verskille in dink en doen en is had! (En dit duur voort tot na 1994!!!) Een stam durf nie die ander se ruimte of vermeende ruimte betree nie. Is dit nie ten minste ’n vorm van gedwonge apartheid nie, ‘n vorm van diskriminasie nie?
Later Chaka wat uitmoor, sy impies wat verder na die Ooste toe manlikes vermoor, hulle vroue verkrag tot bo in die hedendaagse Mosambiek! Nie wrede rassisme, rassehaat nie?
En wat die blanke Pioniers betref: Bloukrans- en ander moordplegings op weerlose vrouens en kinders; babas wat teen wawiele verbrysel word; vrouens wat…
Nie Rassehaat nie?
Dis maar net die afweer van indringing deur vreemdes, sê die destydse filantrope en liberaliste en beklemtoon dus self die reg tot afsonderlikheid! (As dit by die Afrikaner kom word dieselfde strewe (Sonder uitmoring en verkragting!) skielik ‘n vloekwoord: Apartheid ! En al wat gogga en satan is kruip daaragter weg en steel met regstellende- en ander demonies-uitgedinkte aksies wat hulle nie wou, kon of sal vermag nie. Gewetenlose bloedsuiers wat teer op ander, geleer by die bosluise van Afrika?
Altans die geskiedenis tot dusvêr!
En deesdae met die stakings? Is dit anargie? Verseker nie, want anargie is in kort regeringloosheid. En dit is Suid-Afrika nog nie, want daar is nog te min gesoustrein! Revolusie dan? Natuurlik! Hoor maar wat Malema te sê het! Hy beklemtoon nog sommer nou-die-dag dat die revolusie nog nie verby is nie. En hy is wragtag eerlik!
Want wat is revolusie? In kort: Opstande wat tot staatsomwenteling voer. En wat is tans aan die gebeur? Presies wat die gesypaadjie Nasionale Party ten beurt geval het, wat onder die kombers met Madiba en meelopers gebeur het, wat met Mbeki en sy meelopers gebeur het, wat onvermydelik nou ook met Zuma en sy meelopers aan die gebeur is en met sy opvolger en met dié se opvolger et cetera, et cetera, et cetera! ook sal geskied want die kommunisme is nie dood soos wat die wêreld lieg nie! Dít is die kanker van die revolusie wat steeds aan die gang is en wat sal vreet en vreet totdat diegene wat slaap hulle kaalgevrete geraamtes met moeite sal voortsleep, saamsleep, stofsleep… Dus nie anargie nie maar steeds nog revolusie!
Ik hebt mijn woord gesprach!