Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So breek D-dag toe aan 30 Mei 2015.

Om 04:00 gaan kry ek vir Johnnie du Preez by sy huis. (Nee, ek het nie sy naam verkeerd gespel nie. Hy sê hy is mos nie Engels nie.)
Hy het die een ondersteuningsvoertuig beman.
By Somerkoelte het Willem en Rita Pieterse, van die ander ondersteuningsvoertuig, ons gekry en so het ons saam Clanwilliam toe vertrek.

Ek het my gedagtes doelbewus in ander rigtings gestuur om nie ag te slaan op die pad nie. Gelukkig was dit ook nog nagdonker en het dit gereën.

Toe hulle my aflaai op die hoek van die inkomende hoofpad en die hoofstraat, het my kop gespin. Dis of die werklikheid ver verwyderd was.

Ek het gedagtes soos duisende, verskietende sterre in my kop gehad. In retrospek kan ek nie onthou wat ek gedink het nie. Ek weet nie eens of my hart behoorlik geklop het nie.

Enige een wat die pad tussen Clanwilliam en Lambertsbaai ken, weet dat Bak-se-rug nie ‘n man se maat is nie.
Dit is ‘n lang en aanhoudende klim vir byna 10 km. Daarna is die afdraende net daar om jou bly te maak, dan begin jy weer klim.
Genadiglik was dit donker, so ek kon nie die pad ver vooruit sien nie. En dit het gereën, dus was my sig so bietjie aangetas.

Ek het probeer om met ‘n reënjas te loop, maar nie 100 jaar nie toe sweet ek meer as wat ek natreën. Nodeloos om te sê ek het verkies om nat te reën eerder as om nat te sweet.

Ek het besluit om die voertuie op die pad te tel wat by my verby ry terwyl ek stap. Dit het gehelp om my gedagtes te okkupeer sodat ek nie die roete vooruit kon dink nie.
So elke nou en dan as dit neig om te gebeur, hoor ek my Geliefde se stem wat vir my sê: “Jy hou van stap. Jy kan dit doen en jy gaan klaar stap. Dink daaraan dat jy iewers heen stap om foto’s te gaan neem.”
Met die gevolg ek het vir my ‘n gemaklike spoed gekies om te stap. En ek kon dit volhou sonder om myself te moor.

Daar is altyd negatiewe aspekte aan alles. Op die donker-nat-pad was dit die voertuie van vooraf wat my genoop het om van die teer af te klim en op die gruis te stap.
Ten spyte van Willem en Rita wat ‘n ent voor my uitgery het met waarskuwings ligte aan, het veral die manne in die groot lorries hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle het nie eens probeer om net hulle voete van die brandstofpedaal af te lig nie.
Eerstens ruk die wind van die lorrie my dan van balans af en tweedens gooi hulle die water, wat opskiet van die pad af, oor my. Ek het maar gaan stilstaan as ek gewaar dat daar ‘n lorrie aankom.
In sulke gevalle het ek maar op my betroubare kierie geleun. Ek moet darem noem dat my kierie sekerlik gesout is in stap-ondervinding. Die kierie het aan Tannie Ann Loubscher (nou 91) se skoonpa behoort. Sy het dit goedgunstiglik aan my geskenk.

Maar ek het besluit om die beste van die pad te maak en my ritme en spoed goed gehou ten spyte van onlekker goeters.


© Zymrly 3 Junie 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2
As daai kierie net kon praat...dink net die lekker stories.
Sorry oor die siele op wiele. Hulle kon seker nie glo wta hulle sien nie. 'n Man wat donker nag en reenweer instap en nie oor hy moet nie, maar oor hy wil.
Daai wereld is mos gesaai van die Loubschers.
4 jaar 5 maande 3 weke 9 ure oud


stap
Zym ek haal my hoed af vir jou
4 jaar 5 maande 3 weke 13 ure oud


Kierie ...
Baie geluk ... jy is darem nou al op die pad.
Dankie tog vir die kierie.
Hoop die kierie kon jou enduit vergesel,
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag oud


Stap 2
Jy is wragtig 'n dapper mens, die gemors ry mos soos hulle wil en sal jou sommer net daar trap sonder om eers om te draai en te help.
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag oud


Met dapper en stapper . . .
gemene mense in 'n lorrie-omhulsel! :(

Ek stap lekker saam (my broek bewe maar ook 'n bietjie . . .)
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag oud


Stap 2
jy het n lekker vertel trant... sien uit na die res van die roete
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar