Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So los ons toe vir Graafwater, die halfpadmerk, kwart-voor-elf agter nadat ek my verversings en versterkings van my span ontvang het en ek dit met so ‘n vinnige ruskans verorber het.
Ek het gereken ons trek al by halfdrie. Dit was die heeltyd toegetrek en natuurlik het dit ook nog gereën tot kort voor Graafwater. Ek was dus hopeloos met die skat van die tyd. Ek het ook nie gedink dat ek so vinnig geloop het nie.

Toe ek vir Rita sê ek wil nie meer Magnesium gebruik nie want dit lol met my konstitusie, maak sy seker ek kry gesoute aartappels in. Want sy gaan my nie oorgee aan krampe en seer spiere nie.

Dis wanneer mens met ‘n moeilike fisiese aktiwiteit besig is en jy sien hier uit die kar wat voor jou kom stilhou, klim Jack en Dalene Mellet met ‘n breë glimlag en ‘n tjoklit uit, dat jy besef mens het mense nodig wat omgee.

Dankie Jack en Dalene. Daardie tjoklit het gesorg vir ekstra energie.

Die landskap begin vir my soos huis voel. Want die plase waar ek verbyloop het ‘n ryk geskiedenis. En die wonderlike daarvan is dat die stories oorvertel kan word, want van die inwoners van Somerkoelte het in hierdie geweste grootgeraak.
Maar daar is ook dié mense wat my langs die pad herken het. Wat toeter gedruk en gewaai het, al het hulle meer as eenkeer by my verbygery. Dit het die pad huis toe help gelyk vee.

Ek sal nie ontken nie, hoe nader ek aan Lambertsbaai gekom het, hoe moeiliker het die pad geraak. Maar as ek aan die rede gedink het waarom ek dit doen, my ondersteuning span wat moed ingepraat het en my Beterhelfte wat volle vertroue in my vermoë gehad het, het dit my sterker gemaak.

My volgende baken was die afdraai Leipoldtville toe. Dan is ek nog so ongeveer 22 km van die huis af. Dit wat voor wag was korter as dit wat reeds agter lê.

Leipoldtville
Wat ek tog ook moet noem is dat my Span my elke tien kilometer laat rus het om spiere te strek en te eet.

By die 15 km merk Lambertsbaai toe het ek vir hulle gesê ek wil nou vir elke 5 km rus. En ek gaan dit nou stadiger vat. So bietjie rem aandraai.
Ag maar as ek my weer kom kry hol ek soos ‘n lorrie sonder remme. Toe het ek besluit dis tyd om klaar te kry.

Die seer-oog van Lambertsbaai is die vullishoop wat net buite die dorp lê. So asof dit ons eerste toeriste aantreklikheid is.
Ek weet nie wat kuiergaste dink as dit die eerste besienswaardigheid is wat hulle sien nie. Maar wat ek gedink het toe ek dit Saterdag 30 Mei 2015, laatmiddag sien…

Ek was nog nooit SO bly om daardie vuilgoedgat te sien nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

4
One man's trash is another man's treasure en wat voorheen trash was, was daai dag TREASURE! Toggie ek het so lekker saam gestap!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 ure oud


Hoofstuk 4 ...
As ek so lees, lyk dit darem of jy die eintpunt gaan haal.
Hoop iemand het 'n verwelkoming gereël vir jou.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar