Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die lees van Thys du Plessis se 'Treinreis' bars daar skielik 'n herinnering oop van dae lank gelede en ek kon anders as om vinnig iets neer te pen nie.Van die wonderlikste dae van my lewe het ek deurgebring saam met oom Stoffie en Oom Dennis by die Star Seaside Home in Durban.Van my eerste keer af in 1964 toe ek my vrywillige diens aangebied het om as 'monitor' te gaan help om 140 arm kinders vanuit die Transvaal,se vakansie moontlik te maak.Wat 'n wonderlike twee weke.Die 'monitors' was onderwysers of studente of soos ek 'n matrikulant.Hier het die refrein van die liedjie 'Marching on the way to Heaven' vir baie jare deel van my geword.Die kinders is in groepe of spanne van 12 opgedeel en elkeen van ons moes hulle oppas vir die 2 weke.Hulle het in groot slaapsale gebly en daar was gedurige kompitisies tussen die 'Sharks' en 'Dolphins' en 10 ander diername spanne.Wanneer ons die eetsaal binnestap sing ons uit volle bors 'Marching on the way to heaven,leaving all the gloom of night,following the Master fearing no disaster.........'Dan Oom Dennis ! So 'n pragtige groot oom en tannie Hazel,sy het die klavier gespeel as ons sing.Sy was kwaai maar oom Dennis met sy groot stem was fantasties.Kinders wat gewoon was aan min,was oorlaai met kos en lekkergoed.Elke dag was dit see toe,waar ons geswem het en die monitors moes net keer in die golwe vir die uitbundige Tranvalertjies.Dan bou ons sandkastele en kyk wie s'n staan die langste voor die inkomende gety. Dan was daar die Pen Dennis Castle,die groot boot in die hawe,wat ons besoek het.Die sirkus of mallemeule het ons altyd elkeen 'n paar kaartjies gekry en heerlik baljaar.Dan moeg en uitgeput huistoe en weer al singende eettafels toe.
Wat 'n belewenis,watter herinneringe,ek sal graag weer van die herinneringe opdiep en vertel.Miskien is daar van die duisende kinders saam met wie ek was wat dit sal lees !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar