Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kyk oumas en oupas leer vir kinders oulike goedjies. Dan kan die kindertjies oumas en oupas laat lê van die lag.

So is klein sussie ‘n lewendige kind wat die lewe met fyn ogies dop hou. Sy luister wat ander sê en hou daarvan om dit in haar eie woorde skat toe te pas.

Oupa vertel die kinders van tokkelossies en hoe swart mense vir hulle bang is en die mooiste duim uit gesuigde goedjies vloei saans uit sy mond om die vuur terwyl hy die kinders se aandag behou deur die breek van die vuur wat die hout verwoes.

Oupa is lief vir staalwerk maak allerhande goedjies om dinge op die plaas makliker te maak, hy gebruik ‘n soort kryt wat hy chalk noem. Maar hy spreek dit as “chark” uit. Daarmee merk hy die staal waar dit gesny moet word.

Die kinders speel rondom hom terwyl hy besig is. Iemand het die chalk gevat en oupa wil werk. Hy stuur sussie stoor toe om gou vir hom nog een te gaan haal. Sy bly lank weg en oupa roep ongeduldig na haar: “Sussie! Maak gou!” teen die derde keer wat oupa haar roep stap sussie na oupa toe. Parmantig sit sy haar handjies op haar heupe en sê: “Man ek kry nie die charkelossie nie!”

Kyk oupa het gaan ander klere aantrek soos hy gelag het. En van daar die dag, elke keer wat hy chalk in sy hande gehad het. Gelag. Voor hy daarmee begin werk het. Want die mental prentjies was te groot. Charkelossie het saam oupa graf toe gegaan, net die dink daarvan het hom laat lag.

Ouma het ‘n groente stalletjie op die plaas waar sy met groente en ander kossies en winkel goedjies gesmous het.
Die kinders sal altyd help waar hulle kan. Dis so lekker om winkel winkel te speel.

Dit is ‘n geweldige droë jaar en gereeld hoor jy die groot mense praat van: “as dit maar net kan kom reën.” Self op die televisie word daar van die droogte gepraat en selfs aan tafel en met stilte tyd word daar gebid vir reën.

Die vorige jaar het dit baie gereën. Gewoonlik het almal op die stoep gesit en gekyk hoe die aarde die druppeltjies water in suig en poele vorm. Ouma sal met haar brei werk op die stoep sit en met die kinders kuier. “Ai dit sous te lekker.” “Sous ouma wat is dit?” wil sussie weet. Ouma verduidelik mooi dat dit is wanneer dit lekker hard reën.

Maar daardie jaar is dit droog. Die hemel se krane is leeg en die gras en plante is geel soos wanneer dit herfs is. Soos gewoonlik speel die kinders buite. Daar is baie plek om wegkruipertjie te speel met die kas kar rond te ry. Kyk genoeg om jou mee besig te hou,j ou uit die kwaad te hou, of jou in groot moeilikheid te bring.

Dis naby middag ete en die groot mense sit in die kombuis en koeldrank drink terwyl daar gekook word. Die kinders hardloop verby hulle in die huis in, op die sink dak klink dit of ‘n pyp gebars het. Wragtig! Kan dit wees! Dit reën! Doer ver kom sussie aan gehardloop sy lyk baie opgewonde en skree woordjies wat nog nie mooi gehoor kan word nie.
Soos sy nader kom breek die woordjies deur die rasende dak, en met die dat sy in die huis in hardloop hoor almal dit: “dit smous dit smous dit smous!”

Sy stop by ouma gryp haar rok gee dit ‘n pluk en sê: ”ouma kyk, kyk dit smous, dit smous.” Almal bars uit van die lag. Sussie neem aan hulle lag want hulle is bly dit sous en hardloop na die ander kinders toe om te gaan speel.

Kyk ouma en oupa moes ander klere gaan aantrek van die lag. Tot die sterfbed, elke keer as dit sou reën, sal oupa vir ouma kyk en sê: ”kyk dit smous skat!” laggend sou hulle by die venster uit staar met die mental prentjie van ouma se vallende groente en vrugte van uit haar groente winkel stalletjie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mensig ek het nou so lekker gelag. jou blonde kop klink of sy jou dag in kleur.
groete
Erasmus
12 jaar 6 maande 1 week 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar