Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gifpen: North West Independent – 7 Maart 2012; Het betrekking.

Die skrywer spreek felle kritiek uit teenoor verslaggewers se beriggewing aangaande die suur mynwater probleem.
Dit lyk vir my dat die skrywer se bedoeling is om enige berigte aangaande hierdie, alreeds globale probleem, af te kraak en as nietig en ongeldig te verklaar.
Die skrywer se sterk waarskuwing oor ander verslaggewers en berig skrywers se bydraes, as valslik of nie gefundeer nie, is myns insiens onverantwoordelik.

Ek stel dit kategories dat daar alreeds onrusbarende mediese nagevolge as gevolg van die besmette drink water, heers.
Om een of ander rede word die feite net nie bekend gemaak nie.
Die diere in die Krugersdorpse Leeupark/Natuurreservaat wat met sere aan die gesigte loop. Die park wat se water besmet is.
Die Vaalrivier waarvan ʼn spesifieke groot deel besmet is.
Talle ander gevalle
Is dit alles fiksie en onwaar?
Ek het in Desember 2010 insiggewend geskryf oor hierdie onderwerp.
Ek het nie datums genoem nie, ek het wel ʼn periode genoem.
Vyf jaar.
Dit vat my na 2015 toe.
Ek volstaan by my voorspelling.
Die skrywer se besoek aan die middestad van Johannesburg verwys:
“Ek het niks gesien nie.”
Gaan terug. Gaan terug na die ondergrond parkeer garage van ’n groot bank.

Ek stel dit kategories:
Die verspreiding van “skoon drink water” in botteltjies en houers, word power gereguleer.
In teen deel, dit word glad nie gereguleer nie.
Daar is wel ʼn instansie waar “’n verskaffer” ʼn “sertifikaat” kan kry dat sy water “skoon” is.
Dit is alles twak en net ʼn geldmakery.

Die heersende “toets’ metode is twak.
Elke Jan Rap en sy maat het ʼn hosepipe en ʼn kamtige masjientjie wat water “Skoonmaak”.
Selfs groot koeldrank verskaffers kan dit nie bekostig om miljoene liter water REG skoon te maak nie. Chloor en soortgelyk word aangewend.
Om riool uit te haal, om giftige sure te neutraliseer, op groot skaal, is nie goedkoop nie.

Die suur water gevaar is ʼn wesenlike tydbom wat wag om te ontplof.
Nie met ʼn groot Boem nie.
Nee saggies, met die geskree van ʼn vrou.
ʼn Paniekbevange vrou wat in die oggend opstaan en in die spieël kyk en sien.
Sien haar gesig is die ene sere!

Willie F van Tonder.
2012/03/08





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Suurwater
Wanner gaan iemand dan luister?!
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar