Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Volk word nie slegs aan sy taal defineer nie, maar dis die eerste, duidelikste, waarneembare merkmaal, dit wat onmiddelik in die oog (of oor!) steek, en die rede daarvoor is dat die taal die belangrikste verbinding tussen enige twee mense daarstel. En in hierdie reeks artikels is die taal my hoofsaaklikste tema en uitgangspunt.

Deur middel van die taal is die mens in staat, by voorbeeld, om te dink, te herinner, te oorlê, te beplan en sy planne uit te voer. Nie net dit nie, maar ook te dig en te sing, te lieg en te soebat, te spog en te jammer en te vloek en baie meer. Deur middel van die taal neem die mens sy omliggende kultuur op en versprei dit dan ook; hy word gesosialiseer en later kan hy andere sosialiseer. Die taal het dus in ‘n volk die opgawe of taak om die kultuur te skep, instand te hou en uit te brei.
      Daardeur of daarby kom die lede van ‘n volk tot ‘n onderlinge ooreenkoms, wat op die ou end beteken dat menige dinge hulle vanself verstaan: Dit wat ons „implisiete wete” of „stomme kennis” kan noem. (Duits implizites (stommes) Wissen, Engels tacit (implicit) knowledge.) Stilswyende aanname.  Mens sou kon praat van volkswysheid. Ongelukkig – of gelukkig? – word baie van hierdie wete verdraai en in grappies omgemunt, soos die sogenoemde „boerewyshede”:
     „As die haan kraai op die mis / Kom die weer anders / Of dit bly soos dit is.”
Vroeër, as alles nog nie so eksie-perfeksie uitgewerk en gereël was nie, het ons met handseine gedui of ons links of regs uit die pad uitdraai. Destyds het ons gesê:
     „As ‘n vrou haar hand by die venster uitstrek, kan jy op slegs een ding staatmaak – die venster is oop.”
Ongelukkig, want die dowwe boere en die domme vrouens (nie net blond nie) aan die kortste ent trek.
      Gelukkig, want dit wys vir ‘n buitestaander dat daar ‘n aardgebonde groep in die volk is wat die natuurwette ken en beleef, daarmee saamleef; iets wat ‘n stedeling nie so reg kan verstaan nie. Hoe hierdie mense dit alles wéét is onbekend, onbegryplik: Die reuk van die wind? die stand van die son, die maan en sterre? die aankoms of wegbly van die trekvoëls? paddagesang, ... ? Maar daar ís sulke egte reëls waarop die grappe gebou kan word. Verder: Die betrokke volk se tegniek staan op ‘n taamlik hoë vlak (motors), die vrou het ‘n sekere onafhanklikheidsgraad bereik insover sy motor bestuur; dat daar ‘n antifeminisme is, beteken dat daar ook ‘n pro-feministiese houding moet wees. Die buitestaander kan aflees dat die ongeletterde boer op die een of ander manier die slim stedeling vooruit is, dat die vrou haar man kan staan!.
     Die inheemse lid van die volk hoef op al hierdie dinge nie te let of dit te leer nie: Dis implisiet, dis binnewonend in sy volksiel, dis vanselfsprekend.
      Waar dit nie so is nie, het ons ‘n probleem. In enkele gevalle besit ‘n mens aanskynend nie hierdie wete of kennis of vaardigheid nie, aldus aanvaar hy dit nie of hy weier om hom in die skema of stelsel aan te pas. Dan het die probleem. Hy beskik nie oor die stomwete, wat die ander lede van sy groep besit nie. Ons kòn sê dat hy antisosiaal is, dat hy nie saam met die geselskap wil loop nie, maar dat hy daarteen streef. Dan kan waarmoontlik die sanksies kom. Dan hèt hy die probleem.

Nasie en staat is die groep mense wat wettiglik op ‘n gegewe grondgebied leef en woon. Die grondstuk (staat) het grense wat met rooi ink op die landkaarte geteken word, dit het verskillende bakens en ander markeringe wat in die vrye landskap te sien en erken is. Die nasie wat hierdie grond bewoon, stel gewoonlik mense aan om die grense te bewaak: Doeane-beamptes en grens-polisie om te keer dat iets „ongewenstes” na hulle indring, maar ook om toe te sien dat niks waardevolles, geen  „skatte” uit hulle gebied geneem (gesmokkel) word nie.
      Die nasie sorg daarvoor dat ‘n „regering” daar is wat die „wette toepas”, (die reëls vir die gladde verloop van die samelewing) binne die grense van die staat. Dit word binnelandse politiek genoem. Die verhoudings met die buurnasies in die buurstate word buitelandse politiek genoem, of oorlog, soos die omstandighede verlang.
       In een nasie en op een staatsgebied kan meer as een volk plek neem, soos in Suid-Afrika en op die Balkán: Een volk kan oor verskeie nasies/state versprei word, soos die Kurden en op die Balkan. Dit kan in vrede afloop of bloed kan spat. Baie dikwels wil ‘n volk, wat ‘n leefwese is, ‘n eie stuk uit die aardrykskunde hê: Om te bewoon soos ‘n nes, om te bewerk en bespeel soos ‘n plaas of ‘n swemgat, om te vertroetel soos ‘n oupakind, om te koester soos ‘n sieraad. Dan is die bestrewing in die rigting dat volk en nasie een word, dat staat en tuisland of heimat een word.  Dis waarskynlik dat in oertye die mense niks van nasie en staat geweet het nie; die stamme (patriargaal) of die clans (matriargaal) was onderdele van die volk en het hulle self as sulks gevoel, as organe van ‘n organisme.
      Nadat die mense alhoemeer ondermekaar verkeer het, en  gesien het wat in die buurvolke aangaan, en handel gedryf en miskien ‘n bruid huistoe gebring of het daar anderkant by die bruid gebly, het die „stammesbande” al hoe losser geword, en die kinders het langsamerhand al hoe meer weggestreef van die huis af. Die nasiebou was dan nie meer „iets eies”, iets organies nie, maar moes uitgedink en beplan en koördineer word. Lede van verskillende volkere, stamme, clans moes „saamgesmee” word, moes ou gebruike en gewoontes aflê en nuwes aanneem, moes komprommisse sluit. Maar organismes kan jy nie smee nie! Die nasie en die staat is konstruksies uit koue gedagtes. Koudgesmee. Die polsende rooi warm bloed van volk en familie het padgegee vir die starre, gedroogde ink van die kontrak. Ook rooi ink. Ysig en meedoënloos.

Die begrip ras kom uit die biologie en is op diere van toepassing. Mense, wie se taal „verfynerd” is en verkom het tot ‘n bloot meganistiese oordra van inligting, het die begrip en dus die woord „volk” verloor. Hulle is daarom nie in staat om die begrip te begryp nie. (‘n Soortgelyke verskynsel is die verlies van die begrip „mens”.) Dan word die sprekers van so ‘n taal genoodsaak om uit te wyk op die begrip „ras” of „nasie” om dít uit te druk, wat ons onder „volk” verstaan; geleëntlik word ‘n woord van baie ver geleen soos „etnië” („etnisiteit”) of sogar „ubuntu” om ‘n stokkende gedagte uit te druk. Of soos in Engels word ‘n woord omgemunt: „Peupel”, die mob, word gebruik:
      Nou is daar mense wat van die reinheid of die vermenging van die rasse praat en daarop groot gedagte-geboue oprig. Ek kan daar nie saampraat nie: Dalk kom ek in ‘n uitweglose gesprek oor die reuse van ander planete wat die mensdom hier kom „aanplant” het... Óf iemand vertel dat die eerste settlaars van ‘n ander planeet akkedisse sou gewees het. (Dis alles by Von Däniken en Ickes, en hulle volgelinge, na te lees: Die naam van die Engelse koningin sou derhalwe „E-lizard-birth” beteken.)

(Dis moontlik, met meer of minder ongerief, van nasie te verander, om in ‘n ander staat te gaan woon. Dis taamlik eenvoudige burokratiese, administratiewe handelinge met fooi, onderskrif en stempel. Maar kan ‘n mens uit sy volk geskors word? Ek meen nie: Breyten Breytenbach het hom nie laat skors nie; hy staan vandag vasgeanker midde-in sy volk, óók toe hy tienduisende kilometers ver gewoon het, was hy lid daarvan. Ook nie Jannie Smuts en Beyers Naudé nie; ‘n bietjie af van die middel af, maar dáár. Is daar soiets soos ‘n vrywillige uittrede uit die volk? Waarskynlik dog; kyk na die Amerikaners; en André P. Brink het gesweer om nooit weer Afrikaans te skryf nie.)

Iets vergeet? Taal en volk organies met mekaar verbind; binnewonende wéte van wat aangaan; konstrueerde staat en nasie; ras. En hoe is dit met die ander tale wat ons ook praat, die newetale wat bv in lyftaal uitgedruk word? Dis bestanddele van die resep wat ons benodig vir die koek met die Afrikaners binne.

[Asseblief nie vergeet om saam te praat nie – deur kommentaar te lewer]


©.2012.______________________________...ooOoo...__________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

?
Die inividu is die enigste siel wat hom- of haarself uit 'n volk kan skors. Of dit deur andere so aanvaar of erken sal word, is natuurlik weer 'n ander ketel vol babers.
Jy kan wel deur 'n groep of faksie wat binne jou volk mag bestaan, uit hulle geledere geskors word. Maar dan is dit ook 'n groot moontlikheid dat daar steeds 'n paar ander lede van jou volk mag wees, wat ook jou oortuiginge deel.
Dieselfde oortuiginge/verskille wat die ander ouens so die moer in gemaak het, dat hulle besluit het om jou van hulle weergawe van die VOLK te skors.
So was Breyten ook nooit geskors nie. Hy het weliswaar talle vyande onder die leierskader van veral die sestiger jare gehad, maar niemand het hom in die buitenste duisternis in gebliksem nie.
Hy het verkies om by tye homself te skors. Ek weet nie of hy die skorsing intussen weer opgehef het nie. Miskien moet ons hom daarna vra wanneer hy weer Montagu toe kom.

So van volkere gepraat...
Wie dink jy was die regte egte Duitser wat die Duitse volk se belange die beste verteenwoordig het, Erich Honecker of Willy Brandt?

Laastens. Ek dink nie dat die Afrikanervolk en sy verskillende faksies (by gebrek aan 'n beter woord), se koddighede enigsins verskil van die van meeste ander volkere nie.
7 jaar 8 maande 5 dae 4 ure oud


Interresant
Wel deur dink en logies uitmekaar gehaal en weer terug gesit sonder om een moertjie oor te hou. Ek het al vergeet van ou Erich Daniken.. gelees toe ek nog jonk en slim was.
7 jaar 8 maande 5 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar