Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Laermentaliteit en Indiwidualisme

Die mens wil alleen wees; hy is selfsugtig en wil weg uit die lawaai. Die mens het ander mense om hom nodig; hy is gesellig en wil met ander mense verkeer. Hierdie polariteit vind ons in elke mens; dis so nodig soos slaap/wagwees, lag/huil, werk/speel, toeneig/afneig en nog ‘n aantal ander kwaliteite. En dis nodig dat hy daartussen pendel soos wanneer hy asemhaal: In, uit, in, uit ... By die asem kan hy net sê: Isso, niks om aan te karring nie. Maar pendel hy wérklik tussen af- en toeneiging, tussen prososiaal en antisosiaal?
.
Aanskynend ja. [In die sielkunde leer ons: Analiseer nooit jousélf nie, jy sal daarvan mal word! Desnieteenstaande raai ek iets aan:] Vra jouself af, krap in jou herinnering.
°  Na die storm kom die heerlikste sonskyn – is dit nie waar dat die wêreld, die lewe heeltemal anders voorkom na ‘n lekker huil nie? Of na die lees van ‘n diepberoerende verhaal, soos byvoorbeeld van kankerpasiënte wat in hulle doodsangs kan skerts en lag.? (Vra maar die vrouens. En die mans? Ook.)
°  Waar hy studeeer het, het hulle hom Sonskyn genoem, omdat hy (buitegewoonlik baie) gelag het; vandag nog kry hy verligting deur ‘n skynbaar onophoudelike lagbui wat weer en weer uit sy buik opwaartskielie en bo uitbars en die mense op straat of in ‘n geselskap laat omkyk. Daarná is dit nie meer nodig om van die spoorwegbrug af te spring nie. En jy? Wat laat jou lag? Vind jy dat lag ,bevryend’ is?
° Waar verkies jy jou vakansie? As stedeling/plaasmens? Stad/strand met ‘n woelige mensemenge; eensame berge/geheime plekke aan riviere en baaie, disko of kroeg tot môrevroeg? Kan jy die teenwoordigheid van ‘n djoef-djoef-stampende ghettoblaster verdra of selfs geniet, of die absolute stilte uithou wanneer die enigste geluid is, wanneer jy jou kop draai en jou nek skaaf teen die kraag van jou hemp?
°   Vra jouself hoe nodig die week is om die naweek te geniet? Is dit nie nodig dat ek gewerk het, om te kan speel nie? Andersom het ek nie die speel- en rustyd nodig om Maandag vris aan die werk terug te keer nie?
   [Nou is ons dog nie almal tot mal selfanaliserende psigologieprofessore verklaar word nie, of hoe?] Elkeen kan sulke eie vrae aan hom sélf rig, om uit te vind hoe dit met die polariteite is.
   Die moderne mens bestaan op sy indiwiduele privaatreg; hy loop luidkeels, stampvoet uit die restourant uit, hy maak beswaar by die simpelste aangeleentheid. Maar hy benodig (miskien net af en toe) geselskap, en as hy dit nie onder mense vind nie, gesels hy met sy hond, sy guppies, of sy rose, ja, sy kakiebos. Of hy smelt saam in ‘n massabeweging om ‘n sportveld/‘n webplatform/‘n internasionale internetoproep wat die vergadering van die ministers van finansies wil omstem. Dis ‘n vorm van uitbalanseer wat vir liggaam, siel en gees noodwendig is. (Hoe gesond die een of ander alternatief is, moet ondersoek word.)
.  
In die ou dae was die mense meer uitgebalanseer, en die pendelbeweging was mild, soos asem wanneer jy slaap. Maar nou hyg en hoes en proes dit as ons, soos Buster Keaton op ‘n slapdraad oor die stadverkeer, van die een ekstreem na die ander heen en weer swaai, haas, vlug, klouter. In die International Codex of Diseases resorteer dit waarskynlik onder Manies-depressief, „hemelhoog verheug en ten diepste terneergedruk”, soseer dat ons inderdaad heen en weer van kluisenaar tot ekstrovert, van outis tot lid van ‘n mob spring, of moet spring. Die klein, fyn onderskeide is platgetrap, en daar is niks meer om oor te lag nie, want die komediante kom nie ná werk huistoe, om môre nog ‘n toneel te gaan speel nie. Óns bly daarbo in ondraagbare spanning. Dit ontspreek waarskynlik die begrip: „In die nuwe dae”...
   Die mens het ‘n „Midde”, en die pendelbeweging tussen twee uiterstes maak die midde sigbaar.
   Ons kom op die verskuiwings in paradigmas af, wat besig is om plaas te vind en nog gaan plaasvind. Dit is dan die veranderings in die waardes en norme van ‘n geselskap, of nou ‘n grote soos ‘n staat of stategemeenskap, of ‘n kleine soos ‘n sport- of musiekvereniging, of ‘n private vennootskap soos ‘n huwelik. Maar óók gesinswandel by ‘n enkeling, polities of religieus, byvoorbeeld. Dit is en word ons uit verskeie hoeke aangekondig, „aangedreig”, maar hoe weet ons of dit plaasvind? Kom ons kyk wat in die laaste dekades reeds gebeur het:
°   In Brasil het die Roomse Kerk sy plek as grootste geloofsgemeenskap afgegee – aan die Hêppie-Klêppies, hulle met die meeste logos op Kaapstad se telefoonboekstadplan; die bestaande (religieuse) orde vang aan om te waggel.
°   Oor so te sê die hele wêreld word die Sentraalbank, die Hoofposkantoor, die Staatsspoorweë, Telekommunikasiediens, Hawens en Lughawens, Gesondheidsdiens (en hospitale) en Verbeteringsdiens (en tronke) aan private maatskappye verkoop. Die staat los hom self op soos ‘n suikerklontjie in ‘n glas water; die bestaande (statekundige) orde vang aan om te waggel.
°   Die VSAmerikaanse Dollar word (langsaam, baie langsaam) al hoe minder interessant vir die internasionale handel, ofskoon die Amerikaners byna alle bestaande en moontlike oliebronne besit en daardeur ‘n wurggreep op die handel behou (sonder energie kan jy niks bedryf nie). Die Europeërs is magloos, gekneg deur die Groot Broeder agter die water. Die Sjinese voel nie dat hulle ge- of ver-kneg is nie, en bied hul geldeenheid as internasionale ruilmiddel aan. Die bestaande (finansiële) orde vang aan om te waggel.
°   Dit word bereken dat Tsjernóbül (in Maart 2011 al!) oor ‘n miljoen slagoffers geëis het, en (Dr Helen Caldicott beweer) dat Foekoesjima heelwat erger is en nog woester uitwerkinge gaan hê. Die bestaande lewensgrondlae vang aan te waggel.
°   Op kleiner skaal, waar dit persoonlik en menslik is, merk ons ‘n duidelike wandel weg van die sedelikheid van ons oupas en oupagrootjies, en soos gesê, ‘n voortstrewende indiwidualisering onder die lede van die bevolking, gepaard met kinderopstand en ongehoorsaamheid. Die bestaande (morele) orde vang aan om te waggel.
-- Of, kan iemand anders sê, dit sidder en beef al lankal.
  Of dit positiewe of negatiewe uitwerkings gaan hê, sal ons die tyd nog sê.
.
[[Luidens oorlewering het die diener van die gode, Manu, die kinders, wat ons deesdae as outiste en ADS-kinders sou beskryf, in die berge gevoer en hulle daar, waarskynlik in kloosters, opgelei en voorberei op hulle volgende vleeswording, want die tyd was nog nie vir hulle ryp nie. Nou is hulle aan die beurt, en ons kan kyk wat hulle aanrig, wat hulle reeds aangerig het. Hoe lyk die wêreld wat hulle besig is om te bou? Die Stalins, die Charley Chaplins, die Idi Amins, die George Bushs, die John Lennons, die Pieter-Dirk Uyse, Monika Lewinskis en Julius Malemas van hierdie wêreld? Is dit net sleg, of kan iemand iets positiefs speur? (Ek meen ja, deels-deels.)
   Dis natuurlik
één siening van oorsaaklikheid in die loop van die geskiedenis, en niemand word gedwing om daaraan te glo nie. Die feit is egter, dat die wêreld deurspik is met sulke persoonlikhede soos die rosyntjies in ouma se saambringkoek verlede Sondag.]]
.
Massahisterie en kluisenaarslewe is waarskynlik die twee ekstreme in die pro- en anti- skala van die geselskap. Die mens het ‘n Midde, en die Uiterstes, weerskante daarvan, veroorsaak dat die Midde geldig is, tussen outisme en massapsigose, kluisenaar en ekstrovert, haat en toeneiging. En hoe meer ons die Midde pleeg, hoe meer bedwing ons die wilde swanking op die slapdraad; dit wil sê, hoe meer ons ons uitbalanseer. Dít beteken: In beweging bly, die oë oop en die sinne wag. Dis die houding van die mense sonder stomwete, van die mense wat onaangepas is, die mense wat ‘n gevaar daarstel vir die establishment. Dis die houding van die handvol Boere wat honderd en meer jaar gelede die magtigste leer op aarde twee jare lank in spanning en vrees gehou het – én ‘n miljoen pond per dag gekos het.
   Ongeveer honderd jare gelede het ‘n Engelse soldaat namens B.F. (=„bloody fool”,) ‘n boek uit die sig van ‘n luitenantjie geskryf oor hoe die Engelse militêrmasjien hom moet aanpas aan die ongewone oorlogsomstandighede:
Ophou met –  in strenge formasie marsjeer, met vlieënde vlae, met blêrende trompeetsignale, met helderrooi uniformbaadjies en stralendwit tropiese helms, ...
Aanvang met – verstrooid in klein groepies, gekamoefleerd in die veld se kleure, sonder geraas vorentoebeur, ...
   Om die twintig sulke „gebooie” het hy opgestel en verduidelik met voorbeelde uit die Engelse Oorloë. Nou weet ek nie hoe belangrik hierdie Mister B.F. in werklikheid was nie, maar 1914 het minstens die Suid-Afrikaners in ‘n volkome nuwe krygsformasie opgetree. Of hy en sy skryfsel in die Britse Oorlogsministerie en die Kabinet iets beteken het, weet ek nie. Maar hóm wil ons hê! Hierdie Mister Bloody Fool! Hy wat die stomwete nie wou aanvaar nie, hy wat stowwerige ou tradisies verwerp het. Wat sy teenstaanders origens van hulle kant nie kon begryp nie: Hoe iemand kon optree, as hy in die veld trek. Dit was ‘n paradigmaverandering of -verskuiwing wat die Britse militêrs voltrek het, maar ander Europese leers nie, en dit het die Britte ‘n voorsprong gegee – ‘n les geleer van die verdamde, onbeleerbare, stoere Boere.
.
Laermentaliteit en indiwiualisme staan miskien as ekstreme gevalle van die mens se noodwendige deelname aan groeplewe en om alleen te wees, en dit is wat mense die Afrikaners verwyt. Daarby is presies dit wat die mense, gedurende en ná die chaos wat op ons afstuur, heelwaarskynlik gaan red. Ek wil nie soos ‘n doemprofeet hier preek nie. Maar dit kom, meen ek, onvermydelik, wêreldwyd, en die vraag is slegs: Wanneer? En as dit eindelik kom, wie gaan dit oorleef?
   Hy (of sy) wat „sy mense” ken, sy klein intieme vriendesirkel met wie hy kan saamwerk, wat mekaar se gedagtes ken, „wie se taal hy praat”, hý gaan oor die beste voorwaardes beskik om te oorleef. Hy of sy wat die geleënthede en moontlikhede kan gryp en waarneem, gaan miskien anderkant uitkom. Daarby moet hy/sy die vaardigheid besit om met die verskillendste mense uit die verskillendste kulture te kan saamwerk – die oorlewende reste van gesprengde bevolkings oral op die aarde.
.
Hierdie hele relaas het gehandel oor TAAL en VOLK, oor Afrikaans en die Boere, en ek het gestreef om ‘n toekomsblik te ontwerf. Ek het ingegaan sowel op toeskrifte en terugvoer asook op selfstandige artikels, en het derhalwe miskien ‘n bietjie wyere draaie gemaak as wat ek voorgehad het. Maar in die loop van die proses het ek op die absolute onvoorspelbaarheid van ons toekoms afgekom. Van die hier-en-nou tyd, aan die begin van die nuwe millenium wat radikaal gaan verskil van alles andere wat gewees is. Aldus my skynbare doemprofesie teen die einde toe. Skynbaar, sê ek, want ek is daarvan oortuig dat mense „aan die anderkant” gaan uitkom – of dit nou Irokese, Mongoolse Jurte-nomade, bewoners van ‘n Suidsee-eiland of ‘n Switerse bergdal, Boere in die Karoo of Suid-Amerikaanse Indios, Laplanders of Maori’s gaan wees, weet ek nie.
   En sulke mense moet die bekwaamheid hê om die nuwe aanvang voor te berei.
   Meen ek.

©.                                                                         .2012.                                                                       .tje
[Kommenteer gerus; dis die vrywing van die stokkies wat die vlammetjie laat ontstaan.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie goed
Uiteengesit. Die lewe (en alles wat daarom draai) gaan oor balans en evolusie. Om by n gewenste eind punt uit te kom. Volg die kaart maar wanneer jy sien daar is rotse op die pad, hoef jy nie daar te sit en wag vir n stoot skraper nie, vat n nuwe onbekende pad wat in dieselfde rigting lei, al voel dit soos n ompad.
7 jaar 3 maande 1 week 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar