Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gewoonlik word ‘n volk deur die taal wat hy praat, defineer.
     Momenteel loop ‘n gesprek op woes oor (ongeveer) die volgende temas: Wie is ons? Hoe defineer ons die boerevolk? ‘n Afrikaner of ‘n Boer? Of geeneen van beide nie? Daartoe: Wat gaan uit ons word?


‘n Duitse politikus het eenmaal die kind van immigrante (met ‘n ander aksent, uit ‘n ander deel van Duitsland ! ) gesê dat ‘n Báyer (Sê: Baiër) hy is, wat graag In Bayern woon, trots is op die Bayerse eienskappe en homself as Bayer voel; dis bekend dat die Bayere na dekades in die buiteland hulle self nog altyd as Bayer aansien en beskryf. Dis bekend dat die Hebreërs na duisende van jare in die buiteland hulle sélf as sulks aansien en beskryf, en hulle verlang na die Israelse „Heimat“, wat niemand uit hulle familie sedert eeue betreë het nie. (Dis ook bekend dat ons mense, wit of bruin, naas die Russe die kwaaiste heimweesimptome in Europa toon.)
      Hier op die werf beken skrywers hulle tot Afrikanerdom: „Afrikaans vloei deur my are,” „Ek het ‘n diep en innige liefde vir my taal,” ... en ander, geloofwaardige, betuigings. Baie mense vrees dat die taal uitgeroei kan word, omdat die mense wat nou regeer hulle uit die land wil hê – hoofsaaklik omdat hulle die land en besittings van die amaBuru begeer. Baie mense meen dat die agtergelate besittings gesteur en verniel gaan word, sou hulle wegtrek, en is treurig of woedend dat eeue van opbou in kortste tyd soos in Midde-Afrika gaan verdwyn. Dalk, dalk nie. Hoe dit ook al sy: Die volk sal hom self hou en voortplant na die aard en krag van die enkelinge se Wil. Ek wou „Geloof” skryf, dit behoort daartoe, maar dis die WÍL om die geloof deur te druk wat gaan tel.

Nou die dag kry ek ‘n bundel opstelle van Breyten Breytenbach in die hande.*¹) Hy het nie getreur of geween nie, maar hy het onthou. Aldus het hy ‘n lewensvonk voortdurend aangeblaas. So seer hy ook Frankryk leer liefkry het, sy liefde vir Suid-Afrika en Afrikaans bly onaangetas.
     So, meen ek, gaan dit gemaak word. En as daar groepies mense saam is, gaan die moontlikheid van die voortplanting van die organisme, van die lewende volk, ook gegewe wees. Anders as die kinders van enkelinge (soos by Breytenbach) gaan die kinders uit groepe, ook verstrooides, hulle vermeng en vermeer. Of die volk dan merere eeue gaan sweef, of hom in klein groepies op klein vlekkies êrens (weer) neerlaat, of iets anders gaan gebeur, weet niemand nie. Maar die wil van die enkelinge  is die lewensdraende impuls wat iets gaan bewerkstellig –  oftenot! Die gesamentlike wil van die groep bestaan uit díé van die enkelinge. Maar die geamentlike volkswil is meer as die som van die wil van alle enkelinge saam.
     Hoe die sprekers van die taal hul besit pleeg, is wat gaan tel: Of hoogere woorde vir hoëre gedagtegange toegelaat gaan word? Of gaan daar geen hoëre gedagtes wees nie? As ons  Afrikaans net gaan verwend om te klets en te sanik, dan verminder ons sy waarde tot dialek, of erger nog, tot „kitchen dutch” soos in die ou beledigingslied uit die goudgrawerstyd:  „Ow, we got saach a wannaful pleesfawce,/ wiv pumpoons an bobbieyans an saach,// they cawnt even spayks the keeng singlish,/ so they sticks to their owld kitchendaach,...” .*²) Gaan ondervindinge wat ietwat oor die normale waterspieël opduik met beautiful, great, wow, awesome, of yuckie, en so voort aan die dudes en chicks  toegeroep word? Moet ons deities, YHVH, moenie worry nie, revenge, monitor, issues, buite jou comfort zone, en research byvoorbeeld as volwaardige taalrepresentante (woorde, vokabels) vir ons hoogwaardige gedagtes insit? Is ons besig om die taalreëls (grammatiek) om te vorm en na Engelse mode aan te pas, soos ek byvoorbeeld in my „taalstories” *³) op woes al kritiseer het? (Daartoe ook nog: Kry jy die idee, iets eindig op in die straat, die Boere-oorlog (!), ek lief jou, dis mos so sad,...) Of te angliseer soos in planeet aarde, persepsie, evalueer, identifiseer, adviseur  en...? Dan deklassifiseer ons ons tot ‘n (mindere) engelse dialek, of tot op die vlak van ‘n „primitiewe” taal, soos ‘n bantoetaal (wat na bewering nie die moontlikheid sou hê om sulke hoëre gedagtegange aan te gaan nie).
     Daarby gaan ons in die stadium van beeldspraak moet bly staan  omdat die intellektuele waarneming derhalwe „ontuitspreeklik” bly. Ofskoon ons dit kán ondervind of dink, wil dit sê dat ons nie meer die taalvaardigheid gaan besit om dit uit te spreek nie. En dít  wil weer sê dat ons die vaardigheid verloor het. Want  toe die eerste taalstryders jare gelede uitgery het, het ons, of ons voorouers, dit reeds gehad of was daarby om dit te verower.

Aldus kom die vraag by my op, of die taal tot ‘n dialek van Engels ontwikkel, of in ‘n „primitiewe” brabbeltaal gaan degenereer  (want dit hét  al ‘n „voorlopige(?)” hoëpunt bereik), of dit heeltemaal ten gronde sal gaan en verdwyn, en of dit gaan floreer en dog nog iets tot die wêreldgeskiedenis bydra. Dit, meen ek, is afhanklik van ons ernstige wil om so mooi, skoon, klaar en duidelik te praat (bedoel ook skryf) soos ons kan, so lank ons asemhaal; dit beteken ons almal, elkeen op sy of haar manier. (My eie verwagting, my wens egter, is dat juis hierdie taal in ‘n toekomstige epoche in die wêreldgeskiedenis gaan ingryp, maar miskien is dit, soos die Engelse matroos meen, ‘n droom uit ‘n opiumpyp gesuig!)
     Die belangrikste is om Afrikaans te dink, en nie Engels te dink en dan te vra, „Hoe sê mens dit in Afrikaans?” nie.

Ek sê my duitse vriende: Ihr habt so eine schöne Sprache, sprecht sie órdentlich!
    Ek sê my afrikaanse vriende. Julle het so ‘n mooi taal, praat dit ordèntlik!  Koester dit en behou dit en gee dit ongeskonde met al sy beeldspraak en musikaliteit en uitdruksmoontlikheid en ander voordele aan die navolgende geslagte af!
     Dít is wat die volk bymekaar gaan hou; dít  is wat die taal aan’t lewe gaan hou; dít  is waarvoor die kinders en kinders se kinders dankbaar gaan wees, óf  in Südafrika óf  in die diaspora verstrooid.
     Ek is nie bang nie, ek het vertroue in die toekoms.
____________

*¹) B. Breytenbach: Woordwerk; Human en Rousseau, Kaapstad, 1999
*²) een of ander Noord-Engelse nasale neul-dialek om die voor-vorige eeuwende
*³) Toom: Sosiaal/Kommersieel, op woes.co.za, 22e. Sept. 2010 en
                Taalstories, Taalstories.2., en .3.; op woes.co.za, verskeie datums

[Die eerste ‘n onreëlmatige reeks essays; kommenteer asseblief]

©.2012_______________________________...ooOoo..._________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Taal en Volk I, ons hier en nou
Dagsê Toom. Dis ‘n puik opstel! Jy vra hoe ons die Boerevolk defineer. Die tragedie van die verraad van 29 April 1994 het alles in ons geskiedenis geheel en al verander. As ons nou wil oorleef moet ons myns insiens tot ‘n internasionale Afrikaanse Kultuurvolk metamorfoseer, want ons is in ons eie land nie meer welkom nie en ons is reeds wel oor die hele wêreld versprei. Die Boere-Afrikaner moet diep ingrypend intellektualliseer en daardeur ‘n volk van die geskrewe woord word. As ons Afrikaans koester sal ons – soos jy skryf – ook ons hoogste gedagtes na behore kan onder woorde bring. Vandag, daar alles van ons weggeneem word, moet ons taal ons vesting word want net daar is ons onder ons eie mense en net daar kan ons openlik praat.
7 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


Essay:
Bertelsmann, Wörterbuch der Deutschen Sprache (ontspreek ongeveer ons HAT):
literêre afhandeling in algemeen verstaanbare geesryke vorm,
[uit Frs. essai: literêre versoek, kort afhandeling eintlik probeer of versoek; uit Lat.exagium, om (iets) te waag; of exigere, presies oorlê, proef, ondersoek]
Ek het dieselfde probleem: of 'n nuwe woord slegs 'n anglisisme is, of 'n internasionale aksepteerde begrip en vokabel is.
Dankie vir die (hup?)(aan?)-stoot.
7 jaar 9 maande 3 weke 22 ure oud


Die rol van stomkennis.
Beste Toom

Ek gee graag my kommentaar soos jy versoek het.

Ek dink dat 'n taal nie 'n volk maak nie. Ek dink wel dat 'n volk (nie nasie nie) 'n taal nodig het om as volk te ontluik en verder te ontwikkel. Vandaar my skrywersnaam (nie skuilnaam nie) "ontluiker".

Ek het al dikwels geskryf oor Michael Polanyi se begrip van stomkennis. Lees byvoorbeeld
http://www.infed.org/thinkers/polanyi.htm
Jy kan daarna self Google met die frase "tacit knowledge". Mense met 'n dwerg stomkennis, vind dit baie moeilikom op skool en universiteit te vorder.

Jy skryf "Ek wou „Geloof” skryf, dit behoort daartoe, maar dis die WÍL om die geloof deur te druk wat gaan tel". Jy skryf dit na aanleiding van "Ek het ‘n diep en innige liefde vir my taal.” Hoe reg is jy nie! Maar sonder stomkennis van die taal sal daar geen wil wees nie.

Mooi loop
At de Lange
7 jaar 9 maande 3 weke 1 dag oud


Kommentaar, soos versoek
Ek like hoe jy die redevoering ten gunste van die suiwerheid van Afrikaans met die angel-isme "essay" afsluit.
7 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud



Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar