Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Miskien het ons by die plek gekom, waar Afrikaans so bedreig en beleër word deur die aanslag van die regering en elkeen wat dit wil verwoes, wat plekname vervang (wat ‘n direkte invloed op die taal en assosiasie van plekke het) dat ons maar te bly is as ander mense dit praat of selfs skryf, hoe krom dit ook al is.

Op ‘n tyd was taal suiwerheid ‘n groot ding en nou word die taal op verskeie manier verwring en selfs verkrag. Afrikaanse musiek sterre struikel met Engelse woord tussen in, so asof daar iets aan hulle woordeskat ontbreek en besef nie dat hulle so alle Afrikaners in die skande steek nie.

Dit is vir my heel duidelik dat die regering poog om Afrikaans te laat verbrokkel en te skend. In een SABC Afrikaanse Sondagaand ses uur nuus program, het daar veertien woorde in sintaksis, woord gebruik (van woorde wat nie in Afrikaans bestaan nie) en uitspraak my geïrriteer en gekwel. Riaan Cruywagen was beslis nie die nuus leser nie, want sy taal is immers suiwer, sy woordgebruik en uitspraak daal nie tot dieselfde vlak van patetiesheid nie. Selfs in “Haas das se nuuskas” van destyds was sy taal suiwer. Duisende mense insluitende kinders kyk en luister na televisie nuus. Die kundigheid van nuus lesers ten opsigte van taalsuiwerheid het ‘n inslag op almal wat die nuus kyk en hoor, insluitend ekself. Waar gaan ons taal eindig, as dinge so moet voortgaan? Moenie hier eens poog om daardie nuus lesers en aanbieders te probeer beskerm met streektaal nie. Hierdie tipe foute in ‘n nuus program wat landwyd uitgesaai word verkrag Afrikaans!

Laat mense maar gedigte skryf soos wat hulle wil. Engelse woorde gebruik, anglisismes gebruik en woorde uit watter taal ook al gebruik in hulle Afrikaanse gedigte, omdat hulle voel dat dit die tekstuur, die kleur, die klank variasie beter pas.

Nogtans verkies ek self om eerder so suiwer as moontlik my taal te skryf en te praat, selfs as ek argaïese woorde moet gebruik. U sal egter merk dat ek egter nie eie vertalings vir Engelse woorde maak in hierdie artikel reeks, waar daar nie woorde bestaan nie.

Ek skryf elke gedig reeds vir ‘n geruime tyd in beide Afrikaans en in Engels en alhoewel daar tussen invloede is, probeer ek om dit sintakties en wat suiwerheid van woorde betref so korrek moontlik te skryf en te praat.

Mense meng Engelse woorde, skryf selfs Engelse sinne in hulle gedigte. Ek skryf heelwat gedigte in Engels, lees gereeld Engelse gedigte van die grootse digters op aarde (is met sommiges van hulle bevriend) en nêrens is so ‘n taal verbrokkeling in Engels te bespeur nie. Hulle skryf hulle taal deurgaans suiwer.

Die enigste Engelse gedigte wat ek tot nog kon kry waarin Afrikaanse woorde gebruik was is A. Broderick se gedig “Young Koekemoer,” (1) wat hy uit ‘n Boere / Afrikaner perspektief in die vergange se dae geskryf het en Andrew Geddes Bain (2) (1797-1864) se satiriese gedig “Kaatje Kekkelbek.” Die meeste Engelse letterkundiges en digters (veral uit Britse en Amerikaanse perspektiewe) ken nie eens hierdie digters nie. Trouens hulle word nie eens as groot digters gereken nie.

Hier is ‘n voorbeeld van Afrikaanse en Nederlandse woorde in ‘n Engelse gedig in “Kaatje Kekkelbek:”

“Myn naam is Kaatje Kekkelbek
I come from Katrivier
Daar is van water geen gebrek,
But scarce of wine and beer.
Myn ABC at Ph’lipes school
I learnt a kleine beetje,
But left it just as great a fool
As gekke Tante Mietje”

Laat ek ‘n voorbeeld uit ‘n gedig van Fanie Olivier gee waarin Engelse sinsnedes en woorde voorkom:

““last grave at dimbaza””

“beauty douglas was born
op ‘n winternag so all forlorn
omring deur die sterre se liggies
en koerante kaal klip...”

Nog ‘n probleem is waar die sinsnedes in ‘n gedig sintakties lomp is. Hier is ‘n voorbeeld uit die eerste vers van S. J. Pretorius se gedig “Aan bynner” wat amper klink asof dit geskryf is deur iemand van ‘n Engelse agtergrond, wat nie behoorlik oor Afrikaans vaardig is nie:

“Dankie, dat my hande, Witter,
hier mag verwarm by die skitter
van jou kleurvlamme aangeslaan
met wrakhout van ‘n boom of boot
uit die kreunende oseaan,
teen kilste winde van die dood.”

Daniel Hugo skryf: “Jy moet ‘n digbundel anders lees as ‘n roman. Nie van voor na agter en dan dink jy ken dit nie. Jy moet ‘n gedig oor en oor lees. Met ‘n woordeboek. Want dis ‘n ontdekking.” (3)

In hierdie hele redenasie is dit die woordeboek wat my dwars in die krop steek. As ‘n leser ‘n woordeboek moet nader sleep, om te verstaan wat jy skryf is daar woorde wat ‘n digter gebruik wat nie spreek taal is nie. Dan is die woorde of argaïes (verouderd) of eie nuwe skeppings. As mens eens moet stop in die middel van ‘n gedig om die woordeboek te kry, verloor die leser die prentjie (die tower wêreld) wat mens vir die leser geskep het en die Pulitzer prys wenner Ted Kooser is op hierdie punt met my eens. (4)

Sekere gebruike soos digterlike vryheid, die weglaat van die tweede nie in Afrikaans is ook ‘n opvallende kunsmatigheid, soos foute in rym en metrum dwang.

Hier is ‘n voorbeeld uit Boerneef van eie skeppings (5):

“My blokfluit is van palissanderhout
daarom speel hy so palissander
en laat my fluitspel julle koud
die een bly tog maar anders as die ander...”

“Die berggans het ‘n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal.”

Volgens Versreise (2001, Tafelberg: P5) is palissander “om gevoelvol in eenvoudige taal met ‘n ondergrond van weemoed te dig,” wat heel waarskynlik die opvatting van die digter self is. (6)

Waarskynlik het Boerneef die naam van die sendingstasie Wuppertal na Woeperdal toe verander. (Volgens Versreise 2001, Tafelberg: P32.)

Vir my is ‘n nog erger misbruik waar mens van anglisismes gebruik maak. So is een van die titels ‘n gedig van Heilna du Plooy “impressies,” in plaas van indrukke. Weereens is bied Boerneef ‘n uitstekende voorbeeld van die gebruik van anglisismes en eie woord skeppings:

“Jou woord jou woord jou dessit woord
wie werk met jou sosit bewoort
ek gooi hom hier ek gooi hom daar
ek gooi my woorde deurmekaar
olsaitsymsait onnerstebo.”

So is dessit “(van dash it all) vervlakste, ellendig.” Sosit is waarskynlik soos dit. Bewoort waarskynlik bewoord en behoort. Olsaitsymsait “(all sides same sides): van alle kante dieselfde, dis om ‘t ewe.” (Volgens Versreise 2001, Tafelberg: P6.)

Boerneef maak heelwat van streektaal eerder as spreek taal gebruik. Vir hom werk dit, maar vir die meeste digters is dit ‘n gevaarlike ding. In die volgende reëls word Sedoos in plaas van Suid-oos gebruik, oppie in plaas van op die, vannie in plaas van, van die:

“Al trap jy hoe al loop jy ver
Sedoos die waai jou spore dood...”

“Kaapse kanarie wat so geelkeel sing
oppie draad oppie draad vannie telefoon...”


In een van S. J. Pretorius se kwatryne “Twee reiskwatryne” kom daar ook Engelse woorde voor, wat iets is wat ek in my Afrikaanse gedigte probeer vermy:

“Vlieg! Vlieg maar land in die limbiek – Wim-
penny – met
bird dog of na die beer geset,
mackbusting, of dead stick, berook,
creamed, hot, augur in... of hoe ook ...”


In een van sy gedigte sê Boerneef:

“...mens mag kyk na ‘n roos en ryk aan ‘n roos
maar skrywe tog nooit jou nôi is ‘n roos
word dronk as jy wil van die geur en die kleur
maar laat jou dronkenskap woordeloos bly
laat die sotheid tog uit jou woorde uitbly.”

Ek weet dat sekere onderwerpe uitgedien raak, aangesien hope digters reeds daaroor geskryf het. Nogtans is daar assosiasies wat met dinge saam gaan. Stuur vir jou meisie ‘n bos rooi rose en sy weet dadelik wat jy daarmee bedoel, ‘n groete kaartjie saam is eintlik nie eens nodig nie, maar stuur haar ‘n berggansveer en sy het nie ‘n idee van die assosiasie wat daarmee saam gaan nie.

Die ding wat my ernstig kwel is dat Afrikaans so verkrag word dat die taal sy eie karakter verloor, dat dit baie vinnig op pad is om te verander na ‘n brousel tipe taal, na Fanagalo of Tsotsi-taal of Flaaitaal wat ‘n mengelmoes van Afrikaans, Engels en Afrika tale is.

Hierdie aanhaling van die gedig “die skollie” van Thembile ka Pepeteka is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan (7):

“al dra ‘n stroller
‘n goue ring ...
jy become ‘n mitja, Joe,
net die majieta
who dra daardie stuff;
ek ry ‘n BMW
a black man’s wish,
wat verstaan die pad
soos haar eienaar,
Pierri Cardin Suit
tailor made,
my tallala perching cutely
on the leather seat next to me
in absolute beauty of Jezebel,
i fling open
my lizard skin wallet
toss tips to bergies
and move on,
as if touched not
by naked despair
on his sad face ... angry face ...
face van die urchin,
die bergie who litter die streets
van die kaap
Van Riebeek se kaap.”




Voetnotas:

(1) Butler, Guy & Mann, Chris. 1979. A New Book of South African Verse in English. Oxford University Press, Cape Town P30.

(2) Bain, Andrew Geddes. 1949. Journals of Andrew Geddes Bain. Trader, Explorer, Soldier, Road Engineer and Geologist. (Ed. Margaret Lister) Cape Town: Van Riebeeck Society. P848.
Butler, Guy & Mann, Chris. 1979. A New Book of South African Verse in English. Oxford University Press, Cape Town. P24.

(3) Vermaak, Adinda; de Wet, Keith; Olivier, Lorenda; Prof. Snyman, Henning. (2001) Versreise. Tafelberg uitgewers P2.

(4) In ‘n onderhoud met Charlie Rossiter van poetrypoetry.com sê Ted Koorser dat mens die tower krag van ‘n gedig verloor, as jy die lees daarvan moet ontbreek om eers in ‘n woordeboek rond te blaai.

(5) Die HAT gee palissander (hout) aan as “fyn, harde tropiese purper houtsoort vir meubels; Brasiliaanse jakaranda.”

(6) Die woord palissander ten opsigte van hierdie verklaring ontbreek egter uit die HAT.

(7) Vermaak, Adinda; de Wet, Keith; Olivier, Lorenda; Prof. Snyman, Henning. (2001) Versreise. Tafelberg uitgewers P52.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Sy nou mor
jitte ma jy like hom mos suiwer gooi
so melodramaties asof met 'n toga getooi

is Afrikaans gebore in die ou Transvaal
of onner innie Kaap as kleurvolste taal?
2 jaar 11 maande 1 week 5 dae 12 ure oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar