Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende





Sommer vir oorbodigheid en om te gorrel die volgende simpelheid:

Ek wil regtig nie negatief tafel dek oor die hedendaagse jongeliede nie, maar wil eerder ter tafel bring dat gelet behoort te word op die verontagsaming van ouerlike gesag en slordige afwykings van goeie ou gewoontes en tradisie. As kind, byvoorbeeld, sou ons nooit durf waag het om aan tafel te kom met ongewasde hande en -gesig nie want ma was alom bekend vir haar ooptafel en mens, kon sy vir jou 'n goeie tafel hou! (En so met die terugdink glo ek dit was juis hierdie deugde van Moeder wat kousatief vir Vader se buierigheid was as jy onverskullig tafel-vir-die-honde-dek vir ete opgedaag het...)

Die voorafgaande klink dalk verspot, maar dit is maar net 'n kleine illustrasie van wat so 'n onbeduidende woordjie soos 'tafel' -wanneer dit deur die oog na die bruin klankloos verbaal gemaak word- alles kan beteken. Dan kan nog bygesleep word die Twee Tafels wat aan Moses gegee was, die aansit by die tafel van die Here, die tafelvlak bo-op die berg, 'Die tafels van vemenigvuldiging' van Abraham Fouché en ook N.P. van Wyk Louw se versie “...maar die wat lag, die sal nooit weet – ek sit maar in die hoekie hier en op my tafel teken ek die pentagram met bitter bier...' (Uit Ballade van die drinker in sy kroeg)

En so van bitter bier gepraat: Het julle al “Tafel bier' uit Namibia probeer? Dit is heerlik verfrissend in deesdae se natsweethete dae. Probeer dit gerus!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tafel
. . . kry julle nou al Tafel in Suid-Afrika? Dis wonderlik – ek weet op 'n stadium was daar vreeslike stoeierye tussen die brouerye om mekaar te keer in die twee buurlande.

En het jy geweet mens kry "Tafelmusik" hier in Toronto Kanada? Jy kan dit google.

Baie goed geskryf!
3 jaar 10 maande 4 weke 23 ure oud


Tafel
DITSEM! Jy sien dit raak! Al die tafels van die lewe!
Baie dankie dat jy saam om die tafel vergader het!!
4 jaar 9 maande 1 week 5 ure oud


Dankie
Ek verwys hierna in my artikel ADDENDA oor kinderopvoeding, as jy nie omgee nie?
GvT
4 jaar 9 maande 1 week 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar