Artikels

Titel: Tafelgebed
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons weet almal kos is die mees primitiewe vorm van gemak, maar nou gaan ons te vêr! Wat het nou geword van die tafelgebed ding? Jy weet hulle sê:- “Open your arms to change but don’t give up your values.” Wanneer het ‘n tafelgebed uit die mode gegaan? Ek het groot geword daarmee, ek het my kinders so geleer. Maar die pap het iewers op die grond geval want, niemand doen dit meer nie! Of ons bid maar die tv blêr so hard dat ek my bose moeite het om die gebed te hoor!
Ja, ja, ja, jy kan my baie stories vertel. Ons lewens is te gejaag, ons huise het nie meer plek vir eetkamerstelle nie, ens. Ja en jou punt is? In die meeste huishoudings eet ons nogsteeds tenminste een maaltyd per dag saam. Waarom dan nie ‘n tafelgebed doen nie? Soos dit hoort! Is satan besig om almal so te verblind, dat niemand eers skuldig voel nie? Elkeen gryp net sy bordkos en gaan sit voor die tv.
Dit was altyd gesindtyd waar elkeen van sy of haar dag vertel het. Nou is die komminikasie met die tv en wat ookal die vir ons wil vertel! Dis die geselskap, nie die gereg wat ‘n goeie maal maak en die tv is nie die regte geselskap nie! Gesinstyd gee die lewe sin en dit is kosbaar. Ons moet ons tyd deel met mense wat lojaal is aan ons. Mense vir wie ons iets kan beteken en wat vir ons iets beteken.
Jesus hetself die kos geseën voordat die dissipels daarvan geneem het. (Markus 14:22) Kom ons kry weer hierdie ding reg!

Shalom

A3
23 Mei 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

donk.. donk.. donk..
Mense gaan dood van die honger en julle stry of mens vir 'n varktjop moet bid of nie.

(geluid van 'n kop wat hande in die hare stadig teen 'n lessenaar gestamp word)



8 jaar 2 weke 5 dae 13 ure oud


misverstand


Robert, A3 se Tafelgebed is nie in die Naam van Messias nie.

Sy glo ook nie in YHVH se verordeninge of gebooie nie.

Kerkgodsdienste glo nie een meer in die Bybel nie, daarom antwoord A3 dat sy wel vir varkvleis bid. Sy glo nog minder in die Nuwe Testament waar die Messias pertinent bevestig dat HY net vir Yisrael gestuur is. . . . en later bid Hy tot Sy vader en bevestig dat Hy nie vir die wêreld bid nie.

Kerkgelowiges bid vir alles en almal, selfs vir honde en varke, en selfs vir diermense. (Homo sapiens) wat hulle as hulle broers en susters ag.

A3 se begrip van rein en onrein is baie naby aan wat Apostolies verkondig oor die ‘issue’ van rein en onrein. Weer is vertaling ietwat van ‘n probleem, as ons na haar teksverwysing kyk:

[Acts 11:9 The Scriptures 1998+] “And the voice answered me again from the heaven, ‘What Elohim has cleansed you do not consider common.’

Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

Baie duidelik word hier nie na varkvleis verwys nie, maar na die mense wat hy nie meer as gemors sien nie, maar as gereinig deur Messias. Almal in Europa het in Messias se tyd die gode aanbid, wat die Yudeër as gemors en veragtelik en onrein beskou het, maar omdat Messias net vir Yisrael gestuur is, het Sy volk altyd nog die ander stamme ingesluit, al was hulle verstrooi oor Europa, en daarom is Shaul na Europa gestuur om die goeie nuus van die reiniging aan hulle te verkondig.

Wat die Apostolies graag doen is om te predik dat die reiniging nie betrekking op die mense het nie , maar op die onrein dier, wat in effek die grootste belediging vir die Messias is, omdat hulle nou verklaar dat Messias gesterf het vir varke om hulle rein te maak en in Sy Koninkryk in sal neem.

Maar dis nie so nie: die Oordeel is nog toekomstig en die profeet is duidelik:

(Jammer, maar ek haal weer die korrekte woorde aan en dit is ongelukkig in Engels.)

“For by fire and by His sword יהוה shall judge all flesh, and the slain of יהוה shall be many – those who set themselves apart and cleanse themselves at the gardens after ‘One’ in the midst, eating flesh of pigs1 and the abomination and the mouse, are snatched away, together,” declares יהוה. Footnote: 1See 65:4. [Jesaja 66:16-17 The Scriptures 1998+]

Dis wat die pastore maak; hulle verklaar hulself rein, terwyl hulle varkvleis eet. Daar is geen verskil tussen ‘n vark en ‘n muis nie. Eet hulle dan ook muise? Of wat is hulle verskoning as hulle nie muise eet nie, want YHVH sal mos nie vark rein verklaar en muise dan uitsluit nie?

“But you are those who forsake יהוה, who forget My set-apart mountain, who prepare a table for Gad, and who fill a drink offering for Meni. [Jesaja 65:11 The Scriptures 1998+]

Hulle aanbid nie YHVH nie maar GD = GaD of GoD.

H1408 גד gad god A variation of H1409; Fortune, a Babylonian deity: - that troop. = troep = moeilkheid of oorlogmaker.

Shalom

raqia
8 jaar 3 weke 22 ure oud


A3
Varkvleis
Na aanleiding van die vraag oor die artikel Tafelgebed skryf ek die volgende werkstuk. Die vraag was moet ek vir varkvleis ook bid?

Met die eerste oogopslag ja, ja en nogmaals ja. Kom ek verduidelik dit so. In die ou Testament het God net een volk gehad naamlik die Isrealiete. Toe Moses die volk uit Egipte gelei het na die beloofde land moes God vir hulle rigleine en reëls neer lê. Die Tien Gebooie:- gaan lees daarvan in Eksodus 20 en Deuteronmuim 5:6. In Deuteronmuim kry God die Isrealiete (sy volk) gereed om die beloofte land binne te gaan. In Deuteronmuim 14:1-21 en Levitikus 11 praat God van die rein en onrein kos baie meer as net varkvleis gaan lees gerus die stuk.

In die nuwe Testament:- God stuur Sy Seun Jesus om te kom sterf aan die kruis vir alle mense se sonde. Nie net vir die Isrealiete nie! Ander sou ek en jy nie in die hemel kon kom nie! Gaan en verkondig My Woord aan al die nasies was Jesus se opdrag aan die dissipels. Met die kruisiging van Jesus Christus was daar vir drie ure lank duisternis en toe Jesus sterf het die voorhangsel in die tempel in twee geskeur. (Matteus 27:45-56). Wat beteken in Moses se tyd mag slegs die hoëpriester in die tabbernakel ingegaan het .(Hierdie is ’n onderwerp op sy eie. Die ou en die nuwe verbond) Enige mens kan vandag die Vader aanneem as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker nie net die Isrealiete van ouds nie! “Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die word geluister het.” (Handelinge 10:44-48) Ook is alle kos rein verklaar Handelinge 11:6-10 Een versie wat my by bly “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.” Lees ook Kolossense 2:16 en Romeine 14:1-12.

Die kruisiging van Jesus was natuurlik ’n spyker in satan se doodkis! Satan kan ons nie meer by God gaan aankla nie want, Jesus het met sy bloed vir ons sondes betaal. Lees Kolossense 2:13-15! “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” Lukas 10:19. Halleluja Prys die Here!!!!

Sharlom
A3
11 November 2011
8 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Tafel-gebed
Vra jy die seen oor varkvleis in jou bord ?

As jy bid, bid jy tot YHVH in die Naam van die Messias ?

Is varkvleis nie verbied deur YHVH nie ?
8 jaar 2 maande 3 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar