Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lente die begin van alle lewe, en die Natuur.
Ek begin by die begin. Dit is ’n gegewe: Materie is onvernietigbaar.
Die Aarde is ’n lewende organisme wat saamgestel is uit materie.Die Aarde word beheer deur die Natuur. Die Natuur besluit wat en wanneer.
Lente is die begin. Lente se ander naam is ; die begin.
Dit word wyd en syd besing – die ding van Lente en die Natuur.
Brandewyntert se bydrae (Lente en fiemies) kan ek uitwys en dan wil ek ook verwys na Vic Viviers se lewenslente en die diepte wat hy bedoel.

Die woord dood, is slegs ’n verwysing na; ‘ ek kan dit nie meer sien nie’.
Die aksie van dood was slegs ’n proses van verandering. Die plant het gedood, met ander woorde, die materie waaruit hy bestaan, gaan verander terug na die oorspronklike vorme van elemente, gasse en stowwe, om net weer her saamgestel te word in ’n ander vorm – miskien selfs deel van ’n mens of dier.

Neem ’n normale mens. Op skool is dit al geleer dat ’n 100 kilogram liggaam bestaan uit ongeveer 99 kilogram waterstof en suurstof - saamgebind in spesifieke formule, wat ons as water ken.
Die meer of minder een kilogram wat oorbly is maar yster, kalsium,magnesium ander elemente en stowwe.
Wanneer die liggaam dan oorgaan in die aksie van verandering (dood – in mense taal), kan daardie materie hergroepeer word in enige iets anders waar moeder Natuur dit wil gebruik. Bietjie na ’n boom toe wat besig is om te groei, bietjie na ’n lam toe wat op die plaas gebore is, bietjie na ‘n baba toe wat gebore is, miskien in die gelaatstrekke (“Ek het daardie persoon al iewers gesien?”)

Dit is moeder Natuur se speletjie om te besluit hoe en waar sy die beskikbare materie gaan gebruik en wat sy daarmee wil maak.
(Vreemd dat almal gelukkig is met die gedagte om die Natuur vroulik te maak. Dit is nie omdat net die vroulike vorm kan geboorte skenk nie, dit is omdat die man nie juis in staat is om iets te skep nie.)
Hy kan vervorm en verander en herstruktuur, maar skep ? No ways.

Verstand;
Alles in die Natuur het verstand en kommunikeer – praat en het wils besluite.
Bome, plante en diere, kommunikeer op hulle manier maar het geen besluitneming oor eie lewe nie. Die Natuur alleen het daardie besluit
Ek sluit doelbewus laakbare aksies van die mense ras uit. Aksies soos vernietiging, skade en afbreek daarvan wat die Natuur voortbring

Indien dinge in die mens se lewe, strewe, doeleinde inbraak maak, wil hy graag grootskaalse verandering aanbring. Heel dikwels is dit oorlog tussen groepe, onderdrukking of wat ook al. In verhouding met die grootsheid van die Natuur, is sulke veranderinge gering.
Die Natuur doen dinge groot.
Toe die Dinosourusse al wat plant is begin opvreet en op groot skaal vernietig, besluit die Natuur, basta met julle en sy roei hulle uit!
Daar is geen besliste sekerheid hoe en wat sy gedoen het nie, wel baie bespiegelings, maar die lotte het verander en hulle bestandele is weer terug en die woude het weer gestabiliseer
Die Aarde as lewende organisme wil soms sy ribbetjies bietjie reg skud, aan die struktuur verander – vervorm vergroot,verklein, wat ook al, dan skuif sy net haar tektoniese plate ’n bietjie rond. Op die oppervlakte vind dan dramatiese verandering plaas.
Tans gebeur iets waarmee moeder Natuur ’n probleem het.
Die mens.
Die mens ontplof in getalle en die mens besoedel en vernietig. Die mense is te veel en dit wat hulle poog is nie voldoende om volhoubare toekoms te verseker nie.

Die mens is besig om paniekerig te raak want die tekens begin verskyn.
Hulle ekonomiese weerbaarheid is vol gate. Die ekonomie is die fondasie van enige bevolking. Daar is talle redes waarom dit verkrummel.
Ware ekonomie is: Steek die graaf in die grond, spit, plant, oes en verkoop. Werk.
Ministers en voorspellers waarsku alreeds in tydskrifte van grootskaalse voedsel tekorte wat op pad is.
Niemand werk meer nie. Peuter en skommel syfers en rekenaar - rekenaar dinge. Dit is al moontlik vir die boer om vanuit sy sitkamer, met net sy skootrekenaar voor hom, die hele plaas te ploeg en plant en oes sonder die hulp van drywers en arbeiders.
Blote werkloosheid laat die ekonimie verkrummel en die wêreld leiers en geldmag sien dit kom en deur fenominale self verryking poog hulle om ’n ‘versekerings gordel ‘ om hulle te bou.

Ek vervlieg my denke en gis oor wat moeder Natuur se handeling gaan wees om die ou sakie te hanteer. Geen twee wetenskaplikes stem saam nie. Ek dink fiksie skrywers tas ook maar die bal mis.
Ek het selftroos; pas myself op en wag. Binne die voorspelde twee dekades wat ek nog oor het, mag iets al gebeur en ek mag dalk net die volgende Lente sien.


Willie F van Tonder
2012/09/06





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Filosoof en wetenskaplike. Baie mooi geskryf, hou ook van die beskrywing van die steflikheid van die mens.
6 jaar 10 maande 23 ure oud


Lente
Sjoe jy praat 'n hele spul goed om oor te dink. Werkloosheid laat ekonomie verkrummel, verkrummelde ekonomie veroorsaak werkloosheid en die bal rol en rol en rol! Dem daai kos oppi fotos lyk lekker!!!
7 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar