Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


'n Beginsel is dat die straf aan die „misdaad” aangepas moet word. Let wel, daarby „bestraf” die bestrawwer dikwels hom self sáám (!). As die oortreder / delinkwent naamlik merk dat dit vir die verantwoordelike („grootmens”) belangrik is, word dit vir hom / haar ook belangrik en hy / sy word verantwoordelik(er):

.

'n Kind wat iets stukkendgemaak het, sê maar 'n venster ingegooi, moet dit as „bestrawwing”   straf- of strammaak van die slap „snare” van sy siel  sélf heelmaak, repareer. Die kind beleef dat iets wat kapot is, nie sommerso weer regkom nie, maar dat iemand (Ek? Ek!) dit moet onstukkendmaak, dat hierdie heel- of regmaak tyd en energie, ook vaardigheid kos, dat „ek” daardie iemand is. (Veroorsakerprinsiep is die begrip, dit kan ons eers vir 'n vyftienjarige sê.) Om te bewys dat ons dit erns meen, is die opvoeder vanself­sprekend daarby: As die kind klein is, kyk hy eers interesseerd toe, later „mag” hy lineaal aanlê, die vuil glas blinkpoets,... Nog groter en hy trek versigtig die glasskerwe uit die ou stop­verf, sny die glas, pas dit in die raam in, druk die stopverf in,... dít wat hy in sy ouderdom sal kán doen.

        Stap-vir-stap. (Hoe meer vensters hy breek, hoe meer leer hy vaardighede, sou mens kon sê!) En die opvoeder (pa, juffrou, Voortrekkerneef, leerling se ambagsman...) is daarby om te help, te korrigeer en aan die einde van die operasie loof uit te spreek, ook aanmanende woorde waar nodig. Kan van voorskoolse kind tot weet-nie-wanneer-nie aangewend word.

    Dit kan in aangepaste vorm by verskillende „beserings” of „letsels” ingeset word: Krapmerke op meubels / op die motor, lendelaam hek, voetspore in die gang / in die slaai- of ertjiebeet, geskeurde kledingstukke / skoolboeke, speke in die fietswiel... (In Europa word Eerste (verkeers-)Oortreders in die hospitale gestuur om in die noodopname te werk: Hulle moet besef wat gebeur as mens onverskillig iemand anders leed aandoen.)

.

[  „Ag kyk, die arme keiserskroon / malve / ander langstielblom se kop hang in die sand! Iemand het dit waarskynlik met 'n stok geslaan. Hoe kan ons hom help? Sien jy 'n stok van so-en-so lang? Dan kan ons hom in die aarde steek en die blomsteel aanbind. Het jy 'n stuk lyn? (Of 'n strokie papier en spoek?) Miskien kan hy weer regopstaan, dan is ouma nie meer so treurig nie. Kom ons gaan soek soiets. Vir Ouma.”  ]

.

In elke ouderdom, meen ek, ook in myne(!) is die sleutelwoorde: „Kom ons (kyk / doen)...”
ALTERNATIEF: „Kan ons nie...?” OF: „Hoe kan ons...?” OF: „Sien ons kans om te...?”
DAN: „Wat meen jy? (Is dit moontlik om...)” 
EN DAN kom die voorslag wat gedoen moet word: „Probeer ons maar...”

      Ek kan nie beweer dat dit uitsluitlik die enigste, dit wil sê beste, antwoord vir die misdaadbevegting is nie. Maar ek wil beweer dat sommige elemente van my gedagtegang alreeds in gebruik is. (Sonder verlof, sonder om my te vra!) (OF: Iemand kon beweer dat ek iets oor die voltrek van straf êrens gaan afkyk het.)

.

Wense van die volwassenes

„Ja, ons kinders is in 'n tehuis,” sê die peettante, „nie 'n skoolkoshuis nie. 'n Tehuis vir kinders wie se ouers,... Nouja. Êmm, ja,” sê sy. „Hulle kom ons besoek en kán niks nie. Nie bedopmaak nie. Nie tafeldek nie. Nie skoene en klere opruim nie. Niks kan hulle, niks nie. Niemand het hulle dit bygebring nie. Niemand het hulle gesê, hulle moet die lepel van die bord na die mond bring en nie die bek in die skottel laat hang nie.” Sy begin snik. „Niemand in die hele hoogs-opgeleide personeel is bekwaam om hulle die eenvoudigste daaglikse handgrepe by te bring nie. En ons,” met 'n suur gesig, „ons, sê hulle, is nie bekwaam om hulle by ons op te neem nie. Ons wat eie kinders grootgemaak het en self onderwysers was.”

.

Wat wil ons hê dat die kinders moet kan?

    ° Hulle moet kan sien. Daarom moet hulle leer om (doelgerig) te kyk.

Ons speel „Ek sien iets wat jy nie sien nie. Dis rond en blou...” „...Dit begin met  ,P'...” „Wat is rond en swart en het agt bene,... drie pote,... 'n steel om vas te hou...?” „Hoeveel blaartjies op 'n klawerstengeltjie?” „Ja? Kyk hierso, ek het enetjie met vier.”

    ° Hulle moet kan hoor. Daarom moet hulle leer om (opmerksaam) te luister.

„Luister! Is dit 'n kriekie of 'n roeserige driewiel wat draai?” „.. 'n muisie of 'n voëltjie wat piep?” „Kan jy hoor hoe die watertjies oor die klippe plas?” „...die wind in die bome sing...” „Gaan luister  of Oom Willie se klapperkarretjie al in die oprit aangekom het.”

    ° Hulle moet kan onderskei. Daarom moet hulle leer om te begryp.

„... en by groen mag ons oorstap...” „Hierdie lang spits rooies kan ons rou eet, en dáárdies nie; sien jy dis so donkerrooi en die skil lyk anders...” „Sit maar vóór op die kruiwa, dan kan Oupa jou makliker stoot...”;  „sny altyd weg van jou af / hou jou duim uit die pad as jy hout aan die sirkelsaag verby stoot / bring liewer 'n reënjas saam / ...”

° Hulle moet kan kies. Darom moet hulle leer om te onderskei.

„... die breë, vlak pad lei in die verderf, die smal, steile in die hemel...” sê die leraar; „...hierdie meisie erf twintig-duisend pond en daardie ene het jy lief...” skryf Jane Austin; hierdie goedkoop skone is in 'n jaar deurgeloop, daardie dures hou minstens vyf jare: (Wat is die prysverskil? Hoeveel geld het jy in die broeksak?) „Meen jy dat jy dit in twaalf minute kan regkry?”

° Hulle moet kan reageer. Daarom moet hulle leer om te begryp.

„...as jy hardloop, kry jy nog die bus, anders...” (kom jy te laat / sien jy jou boetie nie weer nie...); die knoppie om die diefalarm aan en uit te skakel is onder die drywer se sitplek; „...koue laat die swelling gouer teruggaan, lê hierdie yssak op jou blou-oog...”

° Hulle moet kan doen / ageer. Daarom moet hulle oefen.

„...die naald dáár in, die wol om, terugtrek. En nou die volgende presies so, en nog een, en nog een. Nou brei jy drie rye altyd presies so. En môre kom sê jy my, wat sê jou ma en pa oor jou breiwerk...”;  „...hamer áltyd langstiel hou, ook klein hamers en klein werkies. Altyd. Slaan nou hierdie spykertjies in hierdie ry kissies in...”
   

    ° Hulle moet 'n werk kan voleindig. Daarom moet hulle oefen.

...


    ° Hulle moet iets reëlmatig kan uitvoer. Daarom moet hulle leer herhaal.
...

.

Die kernbegrippe wat hier aangespreek word, is:
    ° Konsentreer
    ° Begryp / besef
    ° Onderskei / kies
    ° Oefen / herhaal / doen

    Dis nie 'n stoer leerplan wat in hierdie volgorde moet afloop nie, maar die opvoeder (ouer, Sondagskooljuffrou, sportbreier, dosent...) moet, afhanklik van die omstandighede, die een of die ander begrip hierbo bewus uitvoer. In die normale verloop sou ons sê dat by 'n kleinere kind Doen die belangrikste is: „Hierso, meisiekind! Vang die bal!” Dis ook klaar dat Oefen mos herhaalde Doen is! By 'n tiener of volwassene mag die Begrip of Besef aan eerste plek staan. Óók die besef van Wat gaan gebeur as ek dit nie kan doen nie, en Kyk wat gebeur het omdat ek dit nie kon doen nie.

.

Kort saamgevat: Die mens (wat eenmaal 'n kind was) moet, ná konsentreerde opmerksaamheid, erken of besef wat die betrokke samehange is, moet onderskei en kies wat reg en goed is en dít regtig uitvoer en goed doen. Miskien oor 'n lang tyd, dalk sy lewe lank. Hy of sy moet die optrede of handeling oefen so lang tot hy dit ewe goed kan soos wat hy kan.

    So red ons nie die wêreld voor die ondergang nie, maar so berei ons ons kinders voor op daardie absoluut onbekende toekoms wat op hulle wag. Ewe so goed soos wat ons kan.


©.2014_____________________________...ooOoo..._________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

truuks en tips
ek sekondeer vir Wv.. ek glo werklik mens kry nie probleem kinders nie, maar wel probleem ouers wat die kinders sterk in hulle kwaad ipv opvoed soos dit hoort want dit is mos lekkerder om my kind se maatjie te wees ipv die ouer, voorbeeld en opvoeder wat in liefde my kind moet vorm en lei...

Lekker gelees, dankie Toom
5 jaar 4 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


!!!
Toom, jy spreek waarlik wyse woorde.
As kinders sien en self doen sal hulle leer en voorbereid wees. Ek dink hoeka deel van die probleem in die opvoedingstelsel is dat die skoolgaandes nie meer "leerlinge" is nie maar sogenaamde "leerders".
As jy niks weet en niks kan doen nie, moet jy tog gewys word hoe om iets te doen en nie net 'n boek gegee word en gesê word :" Gaan leer" nie.
Die breek kultuur kom ook daaruit dat niemand wat iets afbrand of breek of steel of plunder ooit dit moet regmaak nie. Geen bandiet hoef meer te werk nie. Niemand wat iets steel hoef dit terug te werk aan die benadeelde nie. Almal kyk na die "regering" om alles te voorsien.

In die hedendaagse werk/beroepe kry die kinders nie kans om saam met pa/ma te werk van kleins af nie. Plaaskinders ry nog saam met Pa in die bakkie en vakansies op die trekker en doseer skape of plant en oes groente. In die stede weet hulle nie eens wat hul ouers doen nie. Die ouers gaan werk voor lig en kom na donker tuis. Deesdae is dit 'n oortreding van die wet om 'n jong kind selfs in vakansies te laat werk. Die kinders leer nie skottelgoed was of kook of tafeldek of huis skoonmaak nie. Net soos jy sê.

Ek dink jy het 'n baie goeie stuk hier geskryf!
5 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


tips
Baie goeie bydrae, Toom. Dit klink vir my na goeie raad. Ouers moet teenwoordig wees in hul kinders se lewens en hulle opvoed....die metode wat jy verduidelik klink vir my perfek
5 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


opvoeding
toom ek is met sielkunde groot gemaak en die produk daarvan. mu pa het ook sielkunfe gebruik om sy broek mee vas te hou. ek glo nog dat die gebrek aan militêre opleiding n groot negatiewe rol op die jong manne van vandag het. Al hierdie slimpraatjies van vandag oor misdaad soos menseregte stuit my dwars reen die krop. wat se mense regte is die misdadiger op geregtig as hy n ander een dit ontneem.
5 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Treë na Innerlike Genesing

    deur Leonard John Holmes

    Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar