Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie is ‘n gewraakte onderwerp.
Die definisies en siening en handhaaf van hierdie erg persoonlike oortuiging, verskil van gesin na gesin soos dag by nag.

Die verloop van tyd het ook reuse verandering van siening en toepassing hiervan meegebring.

Tot so onlangs as in die jare dertig en selfs veertig was dit gebruik dat “pa tot op ma die sambok inlê !”
Dit is waar dat huishoudelike geweld vandag nog erg aangaan.
Glo vir my.

Sedert die eeue was ‘n kind niks werd ! Waar anders kom die populasie van eilande soos Australië vandaan ?
Kinders is van Engeland per skeepsvrag daar afgelaai en alte wreed tot grootmens gedwing!

Die mensdom dra swaar aan losbandige en onbeheerbare jeug vandag. Onderwysers word aangerand.
Jeugbendes soos die ‘skinheads’ en ander is in talle lande in Europa en selfs ter plaatse en wel aan die skone Kaap, aan die orde van die dag.

Hierdie onaangenaamheid laat ek daar.
Ek gaan my bepaal by gebalanseerde normale huishoudings.

Vandag moet albei ouers werk om die koste van lewe te dek en dus gaan kindertjies vanaf drie maande oud al na dagmoeders, kleuterskole en diesulke ‘veilige’ plekke.

Hier heers ook ‘n massiewe verskil afhangende hoeveel geld die ouers beskikbaar het.
Daar is dagmoeders wat teen geringe fooi die taak opneem en dan is daar van die dagmoeders wat die kind se boude skoonhou, die magie vol en die kind veilig . . .
Maar – daar bly dit. Geen, soos in geen verdere opvoedkundige opvoeding nie.

Dan –
Dan is daar Kleuterskole wat die fasiliteite en personeel het en sou die ouers hierdie skole kan bekostig, kry hierdie ouers ‘n kind wat op vier jaar ouderdom kan lees, skryf, optel, aftrek, A B C van agteraf vorentoe in Afrikaans en Engels !

Beter skole na die Kleuterskool fase, het selfs ‘n toelating eksamen. Die kind moet alreeds basies geskoold wees vir toelating ( indien jy die geld het !)

Maar . . .
Die basies van menswees heers oral.
Dit maak nie saak waarheen jy jou kind stuur nie – daar meng die kind met die samelewing en daar hoor en sien die kind dinge wat NOOIT by die huis gedoen word nie.

Op ‘n dag kom Kleinding vanaf die kleuterskool by die huis; mamma gee ‘n gewone gebruiklike vermaning vir Kleinding op grond van iets wat sy gedoen het, en wat doen Kleinding ?

Sy trek gesig en steek tong uit vir mamma !

Pappa is naby en sien dit en hy gryp en oor sy skoot kry Kleinding rooi boudjies met die plat hand vir twee dae !

Reg ?
Verkeerd?

Totaal en heeltemal taboe en verkeerd en ontoelaatbaar !

Hierdie verkeerd is drie jaar gelede al gebore en gevestig in hierdie huis!
Miskien, of net dalk, kom hierdie gebruik al van die ouers se eie kinderdae.

Geen persoon mag fisiek die hand oplê aan enigiemand nie – wie dit ook al mag wees.
Dit is Regs geldige aanranding.
Dit is vernederend – veral vir jou kind.
En diep, baie diep binne daai kind se brein sal iets beslis bly vassteek.

Selfs die hond of huisdier sal bevraagteken :
“Hoe kan die hand wat vir my liefde gee -
Die hand wat vir my kos gee –
Die hand wat my haartjies kam -
Die hand wat my tande borsel - "


Hoe kan daai hand vir my dan ook pyn gee ?”

Wat werk dan ?

So oud soos die berge:
Daai oogkyk !
( Ek het my kinders net een kyk gegee – ‘n kyk wat laat ineen krimp !)
En dan . .
daai . . . .
Daai bykomende verpligte item -
Dit hang daar teen die muur en verkoop soms by vlooimarkte – so ‘n breed plat leer plak.
En dit het ‘n naam:
Swartman ! ( dalk in vandag se terme rassisties maar wel van toepassing!)
Ore -
Stout kind -
Kry maar ‘n naam vir hierdie plak of selfs ‘n mooi groot hout lepel.
(Moet in Vadersnaam nie jou belt afhaal nie – dit is persoonlik en laat ‘n effek! )

Al gebeur die uiterste en moet dit vir net een houtjie werk, sal die skok so groot wees dat “Ore” hierna met respek aangekyk sal word.

Hierdie metode sal so ingroei in die kind se opvoeding dat stof op ‘ore’ later sal oppak tot en met die kind van die kleuterskool afkom en daai ding sê of doen wat in hierdie huis nooit gebeur nie.
“Ore” sal beslis net een keer werk ( wel net lig en merk loos; net vir die skok effek) en daarmee saam ‘n mooi verduideliking waarom .

Sou enigiemand, hoe klein ook al, verstaan waarom, kan daar mos nie verdere misverstand wees nie.

Ek stel dit kategories:
Hierdie hedendaagse sielkundige en selfs “Liewe Here wil nie” benadering, werk nie vir die kind wat nog nie geestelike diepte ingegroei het nie.
Dit kan op volgroeide en volwasse vlak beredeneer word . . .
Dus –

Kry maar ‘ n
Snorre –
Ore –
Varkjan –
Of wat jy hierrie Meester ookal wil noem, en glo vir my; Vloermoer en dikbek en lelik is vir altyd verby!

Kinders is meestal goed en gedissiplineerd groot gemaak –
Ouers neem egter geen verantwoordelik vir wat hulle kinders in later jare met hulle eie lewens aanvang nie.
Invloede van die tyd waarin hulle miskien dan lewe en invloede van buite –
Begeertes en onbereikbare drome –
Selfs onkunde –
Het groot invloed op mense se verloop van lewe.

Daaroor het weinig ouers beheer want selfs hulle eie lewens word in baie gevalle met verloop tyd sterk beïnvloed.

Dit is die lewe:
dit is onse lot
ogies vol trane
en
neusies vol snot . . .


2015/11/30



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tug
Eish Wolfie, sommige ma's se kinders laat my hanne kriewel en jeuk! Ons het 'n Gatbrand-plak gehad en die houtlepel was die Piep.
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Tug
Goed gepen. Buig die boompie terwyl dit nog jonk is... Daar's 'n opinie onder sielkundiges, dat ons basiese persoonlikheid (dit wat ons sien as reg en verkeerd) gevorm word voor die ouderdom van agt. Ons almal voel ook veiliger as daar reëls is - veral kinders, al sal hulle dit nie erken nie.
3 jaar 9 maande 3 weke 13 ure oud


Tug
ek glo maar nog steeds aan die ou raad van baie mamma druppels en dan Handelinge 5 al tien verse... Die Woord leer ons tog om die wat ons liefhet te tugtig (Binne perke!!!) Maar ek glo n kind met goeie maniere het almal lief nie net sy ouers nie

En ja ek dink elke huis behoort n "Swartman" te he wat "toe-ore" sommer gou "oop-ore" maak
3 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


***
Goeie artikel, Willie. Hou van jou opsomming van die lewe [aan die einde].

Die ontwerp van 'Swartman' is ook só dat die geluid harder is as die hou -- agv daardie dubbel band.
3 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Ano
Tug
Ek het net een pak by my pa gekry, en kan nie eens die rede in herinnering roep nie, maar die res onthou ek asof dit gister gebeur het. Geestelike skade agv slae? Nee. Dit het wel gesorg dat ek so bietjie binne die gebaande wee gelewe het, al het ek steeds daarteen geprotesteer!
'n Pak op sy tyd is brood en konfyt. Dit moet vir die regte rede wees en nie 'n doodslaan ene nie.
3 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Pak slae
Ek het ook grootgeword met die plathand op die agterent (ma se hand het net soveel gebrand soos my boude, agterna het ek gesien sy vryf ook maar die hande en loer na die rooi) en so het sy darem nie té hard geslaan nie. Pa kon net kyk, dan hoor ek al lankal.

Ek kan nie een pak onthou nie, al het ek 'n paar gekry. Wat ek wel weet: ek sê steeds "Dankie Ma, dat jy my lief genoeg gehad het om my te laat verbykom as ek nie ore gehad het nie". Ek is 'n oordentlike mens vandag, danksy julle twee se opvoeding.
3 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar