Titel: Twana's hou van Mugabe
Weergawe:
Aantal woorde: 273
Kere gelees: 1352
Datum gepubliseer: 27 Apr 2006
As onderwyser besef ek nou die dag dat die reel dat mens nie politiek met leerders mag bedryf nie blykbaar net geld vir blanke wit mans soos ek wat bang is om hul werk te verloor as hulle so iets sou waag.
Die rede vir die afleiding is omdat my swart en gekleurde kollegas sonder skaamte sê hoe hulle voel oor sake selfs in die teenwoordigheid van blankes waaroor hulle praat. Net so geld die reel nie vir kinders nie want hulle kan ook aanmerkings maak wat die onderwyser verneder sonder om enigiets oor te kom .
Nou die dag luister ek na sulke gesprekke en die volgende kom aan die lig: Robbert Mugabe is plaaslik ‘n held onder die Twana gemeenskap en leerders en leerkragte sê reguit hulle het ‘n leier soos hy hier in Suid Afrika nodig om blankes uit poste en plase te verjaag sodat hulle dit kan kry. Een van die Twana leerders gaan so ver as om te sê dat die gekleurde skoolhoof vir hom ‘n Mercedes gekoop het met sy boekegeld en dat indien hulle Mugabe hier gehad het, die hoof in die tronk sou gesit het.
Wat is nou eintlik die punt? Wel ek voel die reel van die onderwys department is belaglik want ek kom nie my opvoedingstaak na nie as ek leerders nie wys op die 900% inflasiekoers in Zimbabwe nie, asook die oorsake daarvan. Die reël benadeel leerders en bevoordeel slegs die heersende party in die kort termyn. In die lang termyn gaan ons egter sit met mense wat nie hul eie afleidings kan maak nie en ‘n las vir die staat gaan word.
Lees ander artikels deur Coenraad
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Christo Nel
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.