Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is moeg vir wegkruipertjie speel
om na jou liefde te soek
by my stil telefoon
en in my leë posbus

ek is moeg om na jou liefde te soek
in die classifieds
op valentynsdag
en in die dedications
op radio 5

ek is moeg om na jou liefde te soek
in die koue van jou lyf
en die mooi woorde
van jou leë beloftes

ek is moeg om na jou liefde te soek
in my leë bed
nag na nag
terwyl ek vir jou wag

ek is moeg
vir die seer in my hart
en die pyn in my oë

ek is moeg
om jou te soek
in elke skare
van elke winkelgang

ek is moeg om jou te soek
in elke doodsberig
van elke koerant

ek is moeg
te moeg om verder te skryf
aan hierdie
uitgerafelde gedig

(12/04/2002 03h58)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar