Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘De la Rey De la Rey, sal jy die boere kom lei De la Rey De la Rey. Generaal generaal, soos een man sal ons langs jou val generaal generaal…’ maal onophoudelik deur my kop. En net sodra ek dit vir die oomblik vergeet, dan herinner my kinders my deur dit kliphard te sing.

‘n Mooi song, dié een van Sean Els en Johan Vorster waarmee hulle gesorg het dat Bok van Blerk op die map kom. Dit voer ‘n mens met heimwee terug na vervloë dae waarvan ons generasies nie deel was nie, en wys ons weer op die gatkant van oorlog en hoe dun die mens se ‘beskawingsnerf’ eintlik is. Mooi, baie mooi…

Tog jammer ‘n klomp breinlose, met brandewyn en coke beslaande boere het hierdie ding hulle volkslied gaan maak. Want in elke wit pub (ja, dit bestaan nog) dreun die lied drie tot vier keer op ‘n aand met ‘n groep entoesiastiese meestal jong mans wat op aandag staan en met traanbevlekte oë uit volle bors saamsing. (Ek vermoed egter die trane is die brandewyn wat ‘n plek soek om te ontsnap).

Ek kan goed verstaan dat De la Rey se makkers van destyds ‘n verlosser gesoek het. Daar is seker niks wreder as om weerlose mense in kampe aan te hou totdat die dood vir baie intree nie. Enigeen kan ‘n oorlog op die manier wen. (En so is daar nog nooit van Britse kant af verskoning daarvoor gemaak nie). Maar waarvan soek jong, wit mans en vrouens vandag bevryding, en wie verwag hulle om as leier op te pop? Daar is nie eintlik ‘n lang lys van leiers nie. Sekeres illimineer hulleself. Tony is te onlangs uit die tronk uit, maar hy is te swart en ongehoorsaam vir so ‘n titel. Helen Zille is te engels, en Helen Suzman te oud. PW is in die perfekte wêreld, en Kortbroek by die verkeerde party.

Daar is wel enkeles in die vermaaklikheidsbedryf wat hoog hande opsteek vir hierdie bevrydingstitel en hoop om gekies te word. Steve raak al meer sigbaar by monumente en saamtrekke, Patricia het die vermoë om die opposisie se knieë lam te maak, en Bok self sou verder kon bou aan ‘n nasionalisme gegrond op ras en taal. Deon is ‘n buiteperd, maar hy sal net sy eie kop volg en nooit na ander luister nie.

Maar steeds wonder ek waaruit die boere gelei moet word...

Ek pleit dat so ‘n leier sal ontdek dat die boere deel is van ‘n groter opset, en dat daar nie plek is vir almal in Orania of op Robbeneiland nie. En miskien, as hy of sy ‘n ware leeumannetjie of leeuwyfie is, dat hulle die boodskap aan die res van die land ook kan kommunikeer.

Gelukkig was Koos de la Rey dwarsdeur sy lewe ‘n man van vrede en verdraagsaamheid. Baie soos Jesus, dink ek. En dadelik sien ek ‘n klomp potensiële leiers se hande sak...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ACV
de la rey
Ek stem saam dat die liedjie uit verband geruk is en dat sommige mense dit wil politiseer.Die skrywer het self bevestig dat dit geen politieke kleur het nie, maar oor die geskiedenis gaan.Wat ek wel verder weet is dat jong Afrikaners na n ware leier soek. Die blanke Afrikaner het nie iemand om na op te kyk nie; dit ontbreek ons aan n Leier wat ons as integrale deel van hierdie mooi land kan lei en motiveer.
13 jaar 7 maande 3 weke 23 ure oud


Volksleiers en so aan
Haai André

Bitter goed geskryf, veral die laaste paragraaf. Ietsie oor volksheld Steve. Wat baie interessant is, is om te sien hoe baie Afrikaanse mense hom amper aanbid as die nuwe volksleier en hom aanmoedig parlement toe om Afrikaanse (en Afrikaner) belange te bevorder. Tog is die man te slapgat om op te staan teen sy vrou (toegegee, sy is pragtig verby) en maak hy (ons Afrikaner volksheld) sy eie kinders Engels groot. Wel, ten minste dié wat in sy huis bly. Maar dit daar gelaat.

Dit is regtig hartseer hoe mense so graag tussen lyne wil lees. Ons mees onlangse storie is 'n klinkklare bewys daarvan. Maar ons het ook op die De La Rey bandwagon geklim om te wys hoe belaglik dit is om 'n liedjie ut verband uit te ruk. Hoekom roep on nie eerder vir kaptein Buks de la Rey op om ons te kom lei nie? Dis omtrent net so sinvol om 'n pop te roep as 'n dooie Boeregeneraal.

Jy het dit reg dat, alhoewel ons moet sterk staan vir onsself, ons nog steeds deel is van hierdie pragtige land. Dit help nie ons doen die ou, geykte Afrikaner-ding en probeer afstig nie.

Mal oor jou nugter en goed deurdenkte skryfstyl. Doe zo voort!
13 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


Geluk
"'n Leier word bepaal deur sy troepe en nie deur sy honde nie" - V.O.L.K
13 jaar 8 maande 2 weke 9 ure oud


En Kruger?
Soos 'n berg ongebuk,
Breed en bonkig van stuk,
Dis hy!

Sy gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
ens, deur Jan F. E. Cilliers.

Die dae toe ons nog voklksleiers 'n roeping was en nie 'n beroep nie.
13 jaar 9 maande 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar