Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat ‘n dag in die bestaan van die volk van Suid-Afrika was dit nie vandag nie! Maar ek kan ook nie ongekwalifiseerd die term ‘volk’ gebruik nie. Want sommige verstaan dit as die ‘volk Israel’ (vir die wit Israelitiese beweging) en ander as ‘plaasvolk’ (‘n woord wat by baie in onbruik verval het), en dan is daar natuurlik die ‘boerevolk’. En dis na laasgenoemde wat ek verwys. Goddank dat dit nie gaan om kleur nie, anders was ek as wit Afrikaner ook daarby ingesluit. Maar die boerevolk soos wat hulle in hulle hordes na die Voortrekkermonument opgeruk het vir hulle geloftedagviering. Want dis mos nie te lank gelede nie dat ‘n klompie voortrekkers drie duisend zoeloes met die hulp van ons Hemelse Vader verslaan het. En Sarel Cilliers het dit goed gedink om die volk ad infinito hierby in te sluit. Of hulle nou wil of nie, en of hulle die Here se hand op hierdie manier verstaan of nie. Bogger hulle, bid net op die 16e Desember, selfs al doen jy dit nooit andersins deur die jaar nie...

Ieder geval, die volk trek toe op na die hoogte, en dit weergalm van 100% boer t-shirts met oranje, blanja (of wit, vir sommige) blou gedrapeer op hulle bors. En o ja, die vierkleur was ook daar. Jou werklikwaar. Hoeveel versoening daar was, weet nugter. En bid vir jou vyand, en naasteliefde met mense wat totaal en al van my verskil? En soos ek die evangelie van Christus verstaan, is hierdie die eintlike goed wat saakmaak. Maar helaas, hierdie geleentheid sluit goed aan by ander openbare vakansiedae waar regeringsamptenare ook betrokke is, en waar dit in oppervlakkige politieke toesprake ontaard. Ek lees die ander dag op ‘n site van die Kappie Kommando (kan iemand my sê wat die joos dit is?) waar Gert Marritz (?) ‘n openingsrede gee vir 2005 se geloftedagvieringe. Hy vra of ons 16 Desember as geloftedag of as versoeningsdag moet vier. Ek haal aan: ‘Dit is die prentjie van die Versoeners: hulle ly 'n lewe van stille desperaatheid, van maniese depressie wat meegebring word deur hul geriefshalwe oortuiging dat hulle "niks kon doen het" om die "onafwendbare" te verhoed nie: die oorhandiging van alle mag en alle selfbeskikking aan vreemdelinge wat, soos welbekend is, ons radikaal vyandiggesind is.’ Gaan lees gerus die res van die snert self. Ek is nie lus om alles te copy en paste nie. En ek is bang vir kopieregskending.


Miskien het dit tyd geword vir ‘n nuwe gelofte. Een wat ons nie die mensdom aan hoef te bind nie, maar net ons huidige generasie. Miskien moet ons bid vir die val van die boerevolk. Gebed het gehelp met die val van Hitler, en Kommunisme, en die Britse bewind in Suid-Afrika, en die apartheidsregering (maar nog nie apartheid nie) en ook 16 Desember 1838 se zoeloes. Gebed het nog nie gehelp met die val van Mugabe, of Zuma (Jacob, dit is), en Manto Tsabala Msimang, en MIV/Vigs, en die AWB nie. All in due time, my friend. Dalk was dit tog simbolies dat die son nie vandag op die beplande tyd op die ‘ons vir jou suid-afrika’ by die MONUMENT geskyn het nie. ‘n Wolk voor die die son, sê hulle.

Nou hoor ek dat Suid-Afrikaners in Londen (ja, hulle noem hulleself nog so) gevra het vir leiding (lyding!) en voorstelle oor geloftedagviering. Dit verbaas my nie dat hulle nie ook sommer gevra het dat die Voortrekkermonument ook oorgeplaas word nie. Daar word mos alte gemaklik nog die vierkleur en oranje blanja (dêmmit, alweer; sorry, wit) blou geswaai.

Viva Dingaan...

Nogal ‘n snazy plek, die Voortrekkermonument. Sal graag eendag weer wil gaan inloer. Maar net nie op die 16e Desember nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Siestog
Ek gaan nou liewer jou werf verlaat, want jy is 'n skande vir die blanke ras. Gaan bou vir jou 'n hut in 'n tuisland iewers en dans om die vuur.
12 jaar 3 maande 2 weke oud


Beveilig jouself
Broer, boer, jy sal jou huis moet grendel, jou kinders wegsteek en die rotweiler loslaat. Die Woestenaars wil jou slaan! Die bere op hierdie werf gaan jou spoor sny via IP adresse, firewalls, DNS en WNS network ports sommer so oor die www.
13 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Al jou skrywe
Ek het nou vir die eerste keer vanaand kom lees waaroor al die opgewondenheid op woes die laaste ruk nou eintlik gaan. Ek het ook al die kommentaar op jou artikels gelees en my opsomming (as ek ook nou my eiertjie kan le) is as volg. Ek dink jy is geregtig op jou mening soos enige ander skrywer op woes. Ek dink egter dat die hele ding uit verband geruk is en dat jy hopeloos te veel aandag gegee is, en ek dink jy hou van die aandag. Ek stem saam Fikkels dat jou skryfstyl baie goed is, maar ongelukkig my vriend, mors jy jou talent op al die onnodige snert wat jy kwytraak. Baie dinge was, en word nog steeds in ons land verkeerd gedoen. Rassisme is oral in die wereld, selfs die VSA. Hulle was net slim genoeg om dit nooit in hulle grond wet te verklaar nie. My punt is net dit, as mense soos jy net minder in die verlede kan delf en meer aandag aan NOU gee, sal SA 'n beter plek wees. Ek is blank en trots daarop. Ek is geen rassis nie, ek hou net vreeslik baie van WITTES. En ek voel glad nie skuldig daaroor nie!!! So please stop whining, and get a life. As die kat kleintjies kry is dit ook seker APARTHEID se skuld....
13 jaar 10 maande 1 week 23 ure oud


gelofte
puik!
13 jaar 10 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Geloftedag
Andre dit is vir ons (Wittes) 'n besondere
voorreg om Geloftedag te vier. Is jy dalk
jaloers? Wat is regtig jou probleem?
Jy sal baie hard moet bid om die (wittes)
dood te bid. Ek glo nie jy sal dit regkry nie.
Loop jy met rassehaat in jou hart rond?
Gaan tog vir berading. Ek dink jy het
'n groot probleem. Ek het net 'n vermoede
dat hierdie blad nie bestem is vir rassiste
nie. Heel moontlik kan daar 'n petisie teen
jou opgestel word. Ek sal die eerste een
wees wat dit onderteken om jou van Woes af
te skors.Good Luck!
13 jaar 10 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Ja swaar ...
Noudat jy genoeg boere m@#$%re gekoer het - het jy nog iets vir jouself te se....
Ek wonder soos oom CJ sal se of ....
"Die ongeluk kan jou oorkom om ingedagte jou gedagte uit te spreek."
mmmmm.... glipsie dalk ??
13 jaar 10 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Dingaansdag
Ek sien jy is ook een van daardie wat gatkant voorentoe redeneer,was dit nie vir die 16de sou jy heel moontlik nie bestaan het nie,en geen moeder taal gehad het om jou gatkant voorentoe redenasies te kon skryf.
13 jaar 10 maande 1 week 3 dae oud


Voorvaders
Jou wêreldjie is maar baie klein. Jy fokus net op een ding. As jy skaam is om 'n blanke Suid-Afrikaner te wees, laat verf jouself blou. Moenie jou probleem myne probeer maak nie.
13 jaar 10 maande 1 week 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar