Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Net sodra ‘n mens mislei word deur te glo dat verdraagsaamheid onder rasse groei en aanvaarding almeer deel van ons leefwyse (en nie net ons grammatika nie) word, dan breek daar weer ‘n Desember vakansie aan. Want dit is mos tydens hierdie vakansies dat ons wit bevolking na die huise, oorde en kampterreine teen die kuslyn van Suid-Afrika en Mosambiek stroom om die leliewit velle effe bruiner te laat word. En eensklaps bevind ‘n klompie (amper bruin gebrand, maar nog steeds wit) mense hulle saam in geografiese areas waar hulle mekaar weer kan aanhits teenoor die regte egte bruin velkleur mense, en die nog donkerder tot swart deel van die bevolking (of soos in hulle in die wit volksmond bekend staan: die ligte groenes en donkergroenes).

Langebaan word jaar na jaar nie gespaar van hierdie toestroom van testosteroon gedrewe, ideologies opgesweepte, leliewit narre wat hulleself rondom hulle karavane en kampsleepwaens binne ‘n afgesperde kampterrein groepeer nie. In hierdie tyd styg die verkope van t-shirts met die ou Suid-Afrikaanse vlag (oranje blanje blou, vir die jonger lesers), en 100% boer baiemaal onderaan of bo-oor geskryf. Die goed word by sekere t-shirt stalletjies te koop aangebied. My kop is te plat om hierdie soort mentaliteit te verstaan, en ek sukkel om te aanvaar dat my as witmens se naam so gat gemaak word deur hierdie groeperinge.

Hierdie groepe bevind hulleself ook in Hartenbos; naas Orania die tweede, maar heelwat groter, boererepubliek. Die t-shirt maatskappy se tweede stalletjie sal jy daar vind, ingeval jy ‘n paar vloerlappe wil koop.

Maar Langebaan het hierdie vakansie die koek by Hartenbos gesteel. Die arrogansie van sekere wittes wat jou werklikwaar ‘n klompie kaal bruines uit ‘n oord se storte gaan pluk omdat ‘hulle nie daar hoort nie’. Natuurlik kan dit gebeur dat mense op onwettige of selfs onderduimse maniere dit regkry om gronde en storte te betree waarvoor hulle nie betaal het nie. (Blykbaar het hierdie groepie bruin moslems betaal om te gaan stort). Maar jy wat jouself as wit bewaker oor die bruin en swart bevolking aangestel het, het wragtag nie die reg om mense te verneder om jou siek standpunt ‘n hupstoot te gee nie. Sulkes is die arrogantste bliks#@ms waarmee ek al te doene gehad het.

Dit is sulke stories wat my wil laat landuit vlug. Dit laat die Mbeki en Zuma gekspul na ‘n sondagskoolpiekniek lyk. Maar dan weer: hierdie selfaangestelde wit bewakers weet seker nie wat sondagskool is nie, want deel van die kerk en Christus kan hulle sweerlik nie wees nie...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rassisme
Onthou net, elke saak het toe nie 2 kante nie. Dit het 3 kante; myne, joune en die waarheid. Dalk moet ons dalk ook meer aandag gee aan uitlokking tot rassitiese optrede wat veral dalk op die algemene onverdraagsaamheid wat die aanleiding daartoe mag wees (nie die rassisme self nie, maar die uitlokking).
12 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


Saak met meer as 1 kant
Weereens wat die media aan ons verkoop, maar alreeds 'n ander kant van die storie:

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20080110040245476C610690

"When they were told they had to come out of the showers, they screamed, 'Julle wit boere, julle wit honde. Jou dae is getal'

Die gewilde tot onregverdige mening sal aangepas moet word: rassisme kom ongelukkig van beide kante, nie net vanaf wit gemik op kleur.
12 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


aan sirdon
jou verwysing is slegs 'n opinie van 'n leser (soos ons s'n). ek wag nog vir die verklaring van die oord se bestuur, maar hulle sal fyn moet trap om uit hierdie een te kom. selfs al het iemand oortree, is daar defnitief 'n korrekte manier om met oortreders om te gaan. en ek is nie so seker dat die kampers op dieselfde hardhandige manier teenoor ander wittes sou optree nie.
12 jaar 9 maande 4 weke 3 ure oud


En hier is die ander kant van die Langebaan voorval:

http://www.dieburger.com/Stories/Opinion/16.0.3498611721.aspx

12 jaar 9 maande 4 weke 3 ure oud


Nou die dag lees ek waar 'n swart man skryf dat hy die slagoffer van rassisme by Virgin Active is. Hy skryf hoe hy met 'n 7 dae gratis voucher toegang wou verkry het, maar hoe die bestuurder van Virgin Active hom toe verjaag het en gese het hy is nie welkom nie. Die man beweer dit is omdat hy swart is.

Virgin Active stel egter toe ondersoek in, en toe kom dit uit dat nie net skuld hierdie vent hulle baie geld nie, maar hy gaan ook op kontrakte, en kanselleer dan na 5 dae - binne die cooling off periode - sodat hy 5 dae verniet gym, en dan sy geld terug kry. Hierdie slim set wissel hy af met vouchers so tussen verskillende takke.

En dit was hoekom Virgin hom verjaag het. Dus steur ek my nie meer aan narre wat RASSISME! RASSISME skree nie, ek wil eers die ander kant ook hoor.
12 jaar 9 maande 4 weke 3 ure oud


Nog 'n stuiwer
Andre, seun van Afrika, tydens my vorige kommentaar het ek so bietjie afgedwaal van die saak op hande: die Langebaan voorval. My kartetsie was meer op jou kritiek van groeperings en die skynbare gevoel dat dit nie my reg is om te groepeer saam met wie ek wil nie.

Kom ons probeer weer.

Ek wonder, die mense wat so verkramp optree, dis mense wat nie blootgestel word aan verandering nie. Hulle hoor en lees goed en skep hul eie prentjie onder mekaar, sweep mekaar op en skeer alle nie-dieselfde-as-ons oor 'n negatiewe kam. Sit jy daai selfde ou buite sy ekslusiewe kringetjie sal hy gou agterkom die nie-dieselfde-as-ons is wragtig nie so sleg nie, inteendeel, hulle is nogal orraait.

So dis 'n hopelik in die minderheid groepie vaak siele wat so optree. Dit word ongelukkig ge-aksensieer deur die media en ook omdat daar so 'n digte bymekaarkoms van 'inkommers' op klein plekkies is gedurende Desember.
12 jaar 9 maande 4 weke 4 ure oud


100%
Stem absoluut saam. Mens kan maar net jou kop in skaampte laat sak...
12 jaar 9 maande 4 weke 5 ure oud


Benov het my punt gemaak, 'n saak het twee kante, en ons het slegs een kant gehoor. Die pers is pateties daarmee om beide kante van 'n storie te vertel, en nog swakker daarmee om hulle feite reg te kry. Hulle kies hulle woorde doelbewus om die meeste sensasie te veroorsaak, ter wille van die winsmotief.

Hierdie vakansie ry ek deur 'n tipiese plattelandse dorpie waar die hoofpad nog as kleurgrens skei, al val beide kante nou onder dieselfde naam. Die nie-blankes stap daagliks in getalle totaal ongemolesteerd deur die blanke gedeelte, braai selfs daar, ondersteun winkels, etc., soos dit moet wees. Ek besluit toe om deur die nie-blanke area te gaan ry om te kyk hoe lyk dit daar. Mensig, soveel vuil kyke en vloekwoorde is my nog nie vantevore teen so 'n spoed toegesnou nie. Een kleurling man het selfs my tjorretjie bestorm en geslaan, wat hy wou bereik weet ek nie. Dui dit nie op die verandering nie? Die kleurlinge op hierdie dorp is totaal veilig tussen die blankes, maar die blankes is totaal onveilig tussen die kleurlinge.

Maar, ter ondersteuning van Ben Afrika moet ek byvoeg dat 'n mens - en volk - verantwoordelik is vir die opinie wat mense van jou het. Dit help nie blankes skreeu 'ons is nie rassiste nie' as daar sulke voorvalle voorkom nie. Blankes moet die paar oorblywende blanke rassiste betig om hierdie opinie te verander.
12 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


Al die kante van 'n saak
"Fred van der Vyver is skulding"
"Jake White is 'n mal man", "Jake moet waai"
So het die koerante gegil, want net een kant se saak is gestel. Fred word onskuldig bevind, Jake wen die RWC en skryf sy boek en verduidelik. O my aarde, daar was 'n anderkant van die saak. Ongelooflik!
Laat ons maar eers die anderkant van die saak hoor.
En dit mag dalk nie eens aan ras gekoppel wees nie...
Intussen gaan ek my leliewit bas sleep tot by my huis (in'n wit kar nogal!), 'n eksklusiewe blanke aand saam met my familie deurbring, more opstaan en kleurloos my dag aanpak. Dis maklik, mense assosieer met mense/maniere/kulture wat hulle geval. Daarom Hartenbos, Orania, Zululand, Soweto, Guguletu en Bardin.
12 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar