Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tragiese ou landjie, die een van ons. Dat ons nou so opgewerk kan raak oor ’n vlag wat donkiejare al uit die mode is. Selfs krimpilienrokke is meer in die mode as hierdie vóór-1994 Suid-Afrikaanse vlag wat die afgelope 2 toetse deur enkele emigrante (lees: vlugtelinge) op Twickenham rondgeswaai is. ’n Vlag wat vir die grootste gedeelte van ons bevolking net negatiewe konnotasies inhou. ’n Vlag wat soos ’n dolk in die ribbes gesteek en gedraai word elke keer wanneer dit met sadistiese bravade geswaai word.

Sommiges van dié (wat die vlag verkies en rondswaai en wapper of drapeer of deurtrekker gebruik of watter voorkeur joune ookal is) se reaksie oor die gebruik van hierdie vlag spreek van ‘n totale gebrek aan Intelligensie Kwosiënt. Hulle staan vas by die ou orde, en hulle bly hunker na ‘n land en mense en ingesteldhede wat nooit weer sal wees en behoort te wees nie. En dan praat ons nie eens oor die idiote met die Transvaalse vierkleur nie.

Van die vorige ‘orania tot robbeneiland’ gesprekke het enkelinge geantwoord dat ek in ‘n illusie leef oor rassiste in Suid-Afrika; dat die meerderheid mense eintlik mekaar wil vind en hunker na wat goed en ideaal en sosiaal aanvaarbaar en polities korrek is. ‘Eintlik gaan alles goed’, sê hulle. En hulle ken nie die tipe rassistiese mense waarna ek voorheen verwys het nie. Ek is glad nie oortuig nie. Ons is vrot geplak van skynheiligheid en leef kamma kastig in super verhoudinge met alle rasse. En niemand wil eintlik daaroor praat nie. Want hoe minder ek hieroor hoef te praat, hoe minder word ek blootgestel en hoe minder hoef ek te verander.

Maar dank ons Hemelse Vader dat ‘n klompie reeds gaan nesskop het in Europa, Nieu Zeeland en Australië. En as jy een van hulle is wat hierdie berig lees, wil ek jou alle sterkte toewens met die uitbou van jou vierkleur/oranja, blanja, blou boerestaat in die vreemde. Mag jy soete drome droom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jax
Ag shame....
Dat jy iemand anders se kollig so kan steel... sies vir jou.... jy praat oor mense wat 'n ophef maak oor 'n "stukkie lap"... kyk na jou!!!!!!!!!! Bietjie ironies van jou kant af is dit nie...... Jy klink vir my na die tipiese mens, wat jou land sal verraai net omdat "die meerderheid" dit doen... Gaan jy eendag jou God ook so veraai???? Skaamtelik!!!
13 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud


van orania tot ...
Hi

Na nog 'n bietjie nabetragting, sommige van ons is maar stadige dinkers, besef dat ek nie kan verstaan hoekom jy mense so aanval en nie meer positief met die 'issue deal' nie. Sê dit dalk iets van jouself...? Klink of jy vreeslik kwaad is. Vir wat presies weet ek nie. Miskien kan jy ons sê. En die ander is reg; jy kan nie sommer mense so beledig nie. Aan die einde gaan dit maak dat jy alle reg om ernstig opgeneem te word verloor. So jy baklei maar teen jouself ook so in die proses. Dit sal jammer wees dat 'n belangrike dialoog soos jy voorstel moet sneuwel omdat jy persoonlik raak.

ou/nuwe en alles tussen in Suid - Afrikaanse groete

note

13 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


Jy het nou regtig gekrap waar dit nie jeuk nie! Ons ou boerevolkie (ouer garde) kan alles vat maar moenie in ons karakters inklim of ons intelligensie bevraagteken nie! My motto is om nie te debatteer oor politiek of godsdiens nie, dus volstaan ek hierby. Ek is seker jy kan oor onderwerpe skryf wat almal kan geniet sonder om 'n woeste 'burgeroorlog' tot gevolg te hê maar dan weer, dit is 'n vry land, so sê maar jou sê en vat die 'punch'.
13 jaar 10 maande 4 weke 5 ure oud


oranje blanje blou
sjoe jong, nou het jy darem maar 'n vuurtjie gestook. ek wil nou nie aggressief raak nie, maar ek verstaan nie hierdie hele redenasie van jou nie. mense regte, dis mos wat die "nuwe sa" verkondig! waar is daardie mens se reg om te adverteer wat hy wil, en wat is dit met die "dolk in die ribbes"? Regtig, slegs mense met 'n slegte gewete sal so defensief optree. In plaas om "rassisme" in elke vorm van uitlating te sien, kyk na die OUDERDOM/GENERASIE! Hierdie is ons geskiedenis, ons bloed! Ons moes terugsit en kyk hoe gelofte dag afgeskiet word vir een of ander crappy dag...nee regtig, as jy gekonfronteer word met 'n moordenaar in jou huis wat sy stink asem in jou gesig blaas dan kan jy weer praat oor hoe "lekker land" ons het.

volgende wat gaan waai - is jou taal, maar gaan sit in jou gemaksone en moenie baklei nie, dan gaan jou christenskap koebaai gewuif word, maar chill uit man dis 'n lekker land die - nuwe bedeling en al!

weereens maar net my mening - wat my reg is soos jou mening jou reg is!!!

anti-rassisme groete

nd
13 jaar 10 maande 4 weke 8 ure oud


die vlag
Hi

Dankie vir jou artikel. Mense gaan maar oorsee vir 'n verskeidenheid redes, reeds van voor die nuwe bedeling al. Almal is nie vlugtelinge nie. Sommiges is. Om op die positiewe te fokus is nie om die negatiewe, die rassisme en so aan, wat daar nog in ons land is te ontken nie. Dit is maar 'n mens se keuse waarop en hoe jy jou energie en tyd wil spandeer. Ons is per slot van sake 'n samelewing in 'n oorgangs tydperk. As sulks is dit maar dood normaal om nog sulke verskynsels soos die ou vlag en so aan te sien. Dit gebeur maar met alle samelewings wat groot veranderinge ondergaan. Om dit ook te ontken is om in 'n droom wêreld te leef. Miskien eendag bereik ons die ideale soort samelewing wat jy voorstaan. Dit sal goed wees so. Miskien sal jy dan dalk moeilik aanpas want dan het jy dalk niks meer om voor te baklei nie ... intussen doen sommige van ons maar wat ons kan om ons land 'n beter plek vir almal te maak. Hoop om nog artikels van jou in die toekoms te lees. Noodsaaklike dialoog.

Suid - Afrikaanse groete

note
13 jaar 10 maande 4 weke 11 ure oud


Oranje, Blanje, Blou.
As jy dink 'n landsvlag is 'n mode item moet jy begin wonder hoe lank jou strandhandoek in die mode gaan bly. Ek was voor jou hier en ek sal hier doodgaan (miskien vermoor word in die huidige chaos).
13 jaar 10 maande 4 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar