Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand is daar iewers 'n Ma wat huil -

Of dit is oor 'n eerste baba wat sy
terug wil stuur en vir een enkele oomblik
van vrede wil verruil of omdat daar in sy
broosheid volmaaktheid skuil.

Vanaand is daar iewers 'n Ma wat huil -

Of dit is oor die bloedneus wat haar
kleuter by die skool opgedoen het
of omdat hy in sy rebelsheid deur
'n nagsoen met haar versoen het.

Vanaand is daar iewers 'n Ma wat huil -

Of dit is oor haar tiener wat sy
met liefde vandag soos Isak
van ouds sou offer of die bedel-briefies
vir 'n verlore jongliefde
wat sy uitgepak het uit sy skoolkoffer.

Vanaand is daar iewers 'n Ma wat huil -

Of dit is oor 'n kind wat nou in
grootmens-skoene staan en sonder
keer die verderf in gaan of oor die
enkel-roos waarmee sy in haar hande
op verjaardag voor sy stil graf staan.

Vanaand is dit my Ma wat iewers huil.

© Christo du Plessis 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar