Weergawe: 1
Aantal woorde: 267
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Jul 2015
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het in 1571 in die stad Emden ontstaan. Emden wat tans in die Duitse deelstaat Nedersakse geleë is, was destyds deel van Oos-Friesland. In 1579 was dit die staatskerk van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. In 1795 het dit onder die Franse oorheersing opgehou om as offisiële staatskerk te bestaan, maar dit kry in 1816 van koning Willem I ʼn nuwe reglement en die naam Nederlandse Hervormde Kerk. Die term Nederduits in die naam dien as ʼn voertaal onderskeiding van ander gereformeerde kerke, soos die Nederlandse, die Waalse, die Skotse, die Hoogduitse en die Engelse gereformeerde kerke. Deesdae word die taalkundige term "Niederdeutsch" i.p.v. Nedersaksies in Duitsland gebruik.
Waarom het Goewerneur lord Charles Somerset, dr. Thom in 1820 afgevaardig om in Skotland na predikante vir die NG Kerk te gaan soek ten einde te voorsien in die groot behoefte aan predikante vir nuwe of vakante gemeentes? Was dit om die koloniale regering se verengelsingsbeleid stukrag te gee, of was dit omdat die Anglo-Sakers se taal netsoos Afrikaans hoofsaaklik van Oudsaksies, afgestam het?
Die enigste ander oudsaksies dialek wat tans nog bestaan en baie soos Afrikaans klink, heet Bilts en word in die weste van Friesland aangetref en gepraat.
Lees ander artikels deur Henkst
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Volgens Charles Barber se The Story of Language het die Proto-Indo-Europese tale twee vertakkings, ‘n westelike en oostelike vertakking.
Die Proto-Germaanse tale is deel van die westelike vertakking, en word in Wes-, Oos-, en Noord-Germaans verdeel. Die Wes-Germaanse tale word op hulle beurt weer verdeel in Oudhoogduits, Oudsaksies, Oudnederfrankies en Angel-Fries. Vlaams en Nederlands kom van Oudnederfrankies terwyl Afrikaans volgens my voortspruit uit Oudsaksies.