Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek ry elke dag tussen Brakpan en Fourways werk toe en terug. Dit is seker van die ergste verkeer in Suid-Afrika wat ek moet trotseer net om my daaglikse bestaan te kan maak en kos op die tafel te kan sit. Die manne en manninne wat tussen Pretoria en Johannesburg ry is die enigstes wat kan sê dit is nie so erg nie. Kyk ek ruil nie my roete vir hulle sin vir al die geld wat op Nkandla spandeer word nie.

Daar is twee dinge wat my total en al furstreer in verkeer en maak nie saak wat ek doen nie, ek sal tenminste een van hulle op ‘n daaglikse basis ervaar. Die eerste is motoriste wat verby ‘n ongeluks toneel of stilstaande voertuig ry en eers moet stilhou om te kyk wat het gebeur. Ek praat nou nie van as jy eerste op die toneel aankom en hulp wil aanbied nie. Nee, ek praat van die nuuskieriges wat eers wil uitwerk wat het gebeur en hoeveel mense en motors betrokke was. Dit na die hele land se verkeerspolisie, polisie, die brandweer, ambulansdienste en weermag reeds op die toneel verskyn het. Al wat kort is die lugmag en vloot. En dan was daar slegs twee karre betrokke en is niemand beseer nie. Die duik in die motors is skaars sigbaar, maar daar staan natuurlik ook so sewe of agt aasvoëls reg om die motors weg te sleep. Die hele spul versper reeds drie van die vier bane op die N3. Jou kyk gaan niks verander aan die situasie nie en vertraag net my rit. Ek wil graag by die huis kom of by die werk, ry man.

Die tweede is bestuurders wat 80km/h of selfs stadiger ry in die regterkantste baan. Nou kyk die verkeer beweeg oor die algemeen nie veel vinniger nie, maar as daar so kilometer of wat voor hulle oop is, is dit darem nie aanvaarbaar nie. Wanneer jy eindelik die kans kry om hulle verby te steek sien jy hoekom hulle so stadig beweeg. Daardie vervloekste selfoon is teen die oor en hy of sy is nou eers besig om vir iemand te vertel van die ongeluk waar by hulle nou net verby gery het. Die hele toneel word beskryf en in sommige gevalle sien jy selfs van hulle wat nota’s neem oor wat om volgende keer te doen as dit hulle weer oorkom. Kyk man klim van jou foon af sot en ry. Kry ‘n bloutand-ding (Bluetooth) of ‘n hand vrye-toestel en gebruik dit. Nog beter kry iemand om die motor te bestuur terwyl jy op jou foon kuier/werk of sommer net klets.

Daar is wel ook die ligpunte op my reis wat ek net sonder kan klaar kom nie. Dit is nou die koerant-verkoper daar in Brakpan wat elke oggend al te vriendelik groet en gou ‘n grappie wild eel as die verkeerslig dit toelaat. Die jong man wat by Tom Jones in Benoni staan en bedel wat elke oggend glimlaggend my ‘n veilige rit toe wens. Die motor wat my ‘n kans gee wanneer ek van baan wil verwissel. Die motorfiets-ryer wat vriendelik met die knik van ‘n kop of uitskop van ‘n voet dankie sê na ek effe spasie maak dat hy kan verby kom. Dit alle smaak die rit lekker en minder frustrerend.

Daar is natuurlik ook die onverklaarbare dinge wat ek nooit sal verstaan nie. Hoekom beweeg die regterkantse baan gewoonlik die stadigste verby ‘n af- of oprit op die hoofweg? Dit is die baan wat tog die minste deur inkomende of verlatende verkeer behoort geaffekteer te word. En dan die motors sonder bestuurders. Kyk hierdie ouens en soms dames lê so vêr terug dat dit lyk of hulle op die agterste sitplek sit. Hulle kom net-net die stuurwiel by en kan nie eens oor die ding sien nie, maar ry, ry hulle. Ander is of baie kort of die voertuig se sitplek is verwyder. Hulle koppe steek skaars bo die venster uit.

Hoe dit ook al sy al hierdie dinge maak my uur na ‘n uur en half rit daagliks opwindend, maar sonder my radio en die klank van RSG in die middag, veral Nataniël op Dinsdae en Dave Pepler op Woensdae, het ek lankal tou op gegooi en my motor verkoop, bedank en gaan kyk of ek dalk ‘n plekkie daar op Nkandla kan kry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verkeer
die ouens wat ek die graagste wil dooddoner is hulle wat in 'n kruising inry as die lig al klaar vir hulle rooi geslaan het en die kruisverkeer blok
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


Verkeer...
My genade Dave, dit lyk my ek en jy ry dan omtrent dieselfde pad werk toe elke dag. Dis 'n ent en 'n half, verseker!
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


Verkeer
Ja hierdie is deesdae 'n groot kopseer oral en soos jy tereg sê as almal by die reëls hou, dan gaan dit klaar makliker.
6 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar