Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaf die eerste week Chesvan (Okt.) 2010, het hierdie wilde begeerte, nee behoefte om hierdie artikel te skrywe in my vlam gevat. Wie sal weet hoekom? Wie sal weet waarnatoe dit sal lei? Wie sal dit lees? Net Abba SAL WEET. So skryf ek maar, en soos ek skrywe onthou ek en ek bid en ek huil. Nie omdat ek meer vasgevang is nie, maar omdat ek weet hoe dit proe, ruik, klink, voel en lyk.

In alledaagse samelewing loop hulle verby MY EN JOU, gewone ordinêre mans en vrouens wat hulself gruwelik vergryp aan die liggaam van ander. Kinders veral ʼn AANLOKLIKE, GEWILLIGE en BOONOP smaaklike prooi. So ONINGELIG, broos, so klein, so rein en so onskuldig, pêrels in die Skepper se Kroon. So ongekunsteld en so maklik om te mislei. So goedgelowig, opreg en nog so vry.

Sluit nie diere uit nie, in my eie lewe het ek ʼn blanke Suid Afrikaanse man ge-arresteer omdat hy seks gehad het met sy Labrador teef voor sy vrou, hy was steeds besig toe ons die kamer instap. Dan praat ek nie van wat op die plotte en plase aangaan nie, enigiets met ʼn gat loop deur, wat ʼn vieslikheid is los onder ons mense?

Statistieke wys dat ses uit elke 10 kinders mee gepeuter word, waarvan vier bekendes is wat die peuterwerk doen, en twee onbekendes. Bloedskande is van die hoogste ter wêreld onder blanke Suid-Afrikaners. ʼn Sogenaamde "christelike " volk wat hulleself roem op hulle "gelowigheid". Sies man dis skandelik, waaraan meet ons volk dan ons sogenaamde skynheilige "VERHOUDING MET G-D” christelikheid" Watter gees is aan die werk onder die mense!

Daar word nie werk gemaak van die inwonende pedofiel of molesteerder nie, die familie beskerm hulle. Dis dan oupa of oom of boetie of pa of die dominie wat hulself so vieslik vergryp? Wat sal die mense sê? OOOO wat ʼn skande!!! Bly maar eerder stil volk en fluister slegs oor die dinge agter gebakte hande en toe deure, die skandes in die familie!

Bogger die slagoffer, hy of sy moet maar die punch vat, wie gee om, nie ma of ouma nie? Wie voel ʼn veer dat hierdie vernielde kind opgroei en lewenslank dra aan ʼn hoop vullis en pyn daar geplaas deur ʼn wellustige vark of twee of drie?

Afrikaner-mense, my mense, stoere boere, ek praat met julle, julle wat hierdie gruwels pleeg, deur die hele spektrum, van ryk tot arm, vrot tot in julle siele. Waar is julle Vrees vir YHWH?

Valse, agterbakse, verrotte mense wat julleself "Christene" noem, wat julleself as “beskaafd” beskryf, wat in die kerk sit, Sondag, en vannag aan julle wellus met die liggaam van ’n onskuldige kind uiting gee.

Ek weet ander nasies doen dit ook, maar ek praat met my mense, Afrikaners soos ek, my nasie, hoor my boodskap, hierdie is net vir jou geskrywe, lees dit aandagtig, met diepe aandag.

Ek weet in my psige, so seker as wat ek hier op hierdie stoel sit, dat ’n mens, man of vrou, of beide, wat kinders verniel, of mans of vroue, seksueel misbruik vir die gruwelike wellus wat in julle woon, hier gaan lees, Abba Vader sal sorg dat jy hier lees.

Ek praat nou direk met jou, nie in oordeel nie, die oordeel behoort nie aan my nie. Ek praat met jou om vir jou te sê dat dit wat jy doen, is daar geen verskoning voor nie, geen regverdiging voor nie.

Dit maak nie saak of dit met jou gebeur het nie, dit gee jou nie die reg om ’n ander een se lewe so te vernietig nie, ’n liggaam, ’n gees en siel te vermink nie, soos ’n klip wat jy in water gooi, die bose verder en verder te laat uitkring nie.

Hoe kan jy, ’n groot volwasse mens, die hartverskeurende gille van ’n onskuldige kind geniet, of van ’n man of ’n vrou? Hoe siek is jou siel om vir die pyn wat jy aan ’n kindjie of ander mens se liggaam doen, lekker te kry? Hoe verrot moet jy wees as iemand se vrees jou ’n orgasme gee? Dink jy regtig jy is normaal? Dink jy dit is jou reg?
Hoe lekker is dit om ’n kindjie se ingewande so te verskeur dat dit onder uit haar liggaampie hang? Watter lekker kan daar wees vir so iets? Besef jy hoe siek, hoe verrot en hoe verlore jy is?

Ek wat die bose ken, sou nie eers so laag gedaal het nie, en ek was boos op ’n vlak wat jy nie eers kan begryp nie, waarvoor jy geen insig het nie.

Ek, daardie eens bose vrou van ouds sê vir jou jy is verrot en sielsiek en in diens van Hasatan, net soos ek in sy diens gestaan het, en wat jy doen, doen jy omdat jy dit wil doen, dit is vir jou lekker. Dit is jou keuse en elkeen van hierdie dinge sê ek sonder oordeel verstaan dit ek sê dit in ernstige vermaning en uit liefde, glo dit ook maar.

Dink jy regtig dat jou Skepper jou dade nie sien nie, dat dit nie van jou verhaal gaan word nie? Ek het verskriklike nuus vir jou, en jy moet dit mooi lees, want op geen ander plek in die Nuwe Testament word die dood so duidelik aanbeveel nie, en dit deur die Verlosser self, Hy wat Liefde en Guns is.

Lees mooi, laat dit sink tot diep binne jou verrotte psige, hierdie woorde, brand hulle vas daar waar jou wellus lê, lees dit elke oggend en elke aand hardop, herhaal die woorde hardop elke dag van jou lewe sodat jy hulle ken, want jou loon wag vir jou.

Hy belowe dit vir jou, nie eers ’n redelose dier doen hierdie gruwel nie, maar jy, jy wat jouself beskaafd noem, jy wat jouself ’n mens noem, jy doen dit. Wat is jy?

Markus 9:42-48: “En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van YHWH in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.”

Ek het goeie raad vir jou, as jou privaatdele jou pla, kap dit af en gooi dit weg. Dit is my raad vir jou. Dit sal makliker gaan met jou sonder dit.
Ek raai jou aan, kry behandeling, nie by ’n sielkundige nie, maar by jou Hemelse Vader. Vergewe die wat teen jou oortree het, spreek hulle vry al verdien hulle dit nie, en dan bely jy elkeen van hierdie gruwelike sondes wat jy gepleeg het teenoor jou Skepper en vra Hom vir Sy vergifnis en guns oor jou en vergewe dan jouself in Sy Naam al verdien jy dit nie.

En waar jy kan, draai terug op jou lewenspad, gaan praat met daardie kinders, mans of vroue wat jy so verniel het, en verkry hulle vergifnis sodat hulle jou ook vry kan spreek en in die proses, vry kan word van dit wat jy aan hulle gedoen het.

Jou hande aan hulle gedoen het, jou liggaam aan hulle gedoen het, wat jy gedoen het omdat jy dit wou doen, gekies het om dit te doen. Beter raad as dié sal jy in jou hele lewe nie kry nie.

Vir julle vroue wat weet dat julle man, seun of broer of pa of oupa of stiefpa hierdie gruwel met jou kind of enige ander kind pleeg, en jy hou jou oë toe en jy draai jou gesig van daardie kind of mens se pyn en lyding weg, suster, ek glo Abba Vader het ’n baie spesiale sitplek vir jou wat baie warm gaan wees, dink daaroor, dink diep daaroor.

Hoe kry jy dit oor jou hart? Is jy ’n mens? Is jy die naam mens enigsins werd? Jy het geen verskoning nie, niks, zilch, nada, en vir jou, jou loon wag ook, so sal die bloed van die slagoffers ge-eis word van julle ook.

En mag Hy julle begunstig as dit Sy wil is.

Weet jy net, as jy nie berou en bely nie, sal jy in die hel betaal vir wat jy gedoen het. Die ewige oordeel en die vuur wag vir jou en jou trawante want jy is ’n dienaar van Hasatan uit keuse en jou verrotte loon sal jy kry , soos ek myne gekry het en weer sal kry volgens die belofte.

Ek oordeel julle nie. Ek is vry van oordeel, ek waarsku net. Die woorde tot julle gespreek, die woorde sal julle oordeel in die laaste dag, dit is ’n belofte wat geskrywe staan, wat vas staan, want my en jou Skepper kan nie lieg nie.

Oordink jou sondige, verrotte en vervalle verlore menswees en bely en bekeer jouself.As jy voortgaan met hierdie euwel praktyk is jy dood. Dit is ’n belofte direk aan jou gemaak, opgeskrywe in die Woord van YHWH Yashushua en Hy sal die doodstraf oor jou volbring. Jy sal betaal. Lees dit maar in Sy Woord.

Vir die manne en vroue wat nog dra aan hulle pakke verrot wat deur hierdie demoniese mense in julle geplaas is, hier is raad vir julle ook; Vergewe hulle en seën hulle want dit is die ergste ding wat mens aan hulle kan doen, vergewe uit jou hart en bid dat Sy Gees oor hulle swewe om hulle op te wek uit die dood, want hulle is reeds dood al weet hulle dit nie is hulle net ʼn dop met ʼn hart wat klop.

En julle met kinders, is jou kind dalk een wat so deurloop? Het jou kind die vrymoedigheid om sulke afskuwelikhede met jou te deel? Wie sal weet, net jy dan nie?

Vrede vir julle.

YHWH Nissi!

© Mahdokt
Chesvan 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi gedaan Mahdokt. Gee ons 'n stem om gehoor te word.

En gee die wat nie hulle ore gebruik nie die wenk om ten minste te probeer. hoor

Hierdie is my en jou en vele ander se fondamente wat geheel en geal afgebreek moes word oor baie jare om te trag om nuwe fondament van vooraf te le en van voor af te bou met baie vespeelte tyd.

Egter ook met groot getuienisse en met landings op baie baie hoer hoogtes.

Dankie vir jou tyd en kampvegting wat jy namens ons en jou afstaan aan die tipe riller verhale wat baie van ons se lewensstories is.

Al help dit net een mens is dit die moeite werd!
9 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Sela!
9 jaar 4 maande 5 dae 19 ure oud


Om aan te sluit by Moonriver se kommentaar ...
... op die man af is al manier hoe 'n mens hierdie EVIL kan [probeer] bekamp. Party mense laat "mishandeling, molestering, verkragting" soos 'n "passievolle" roman klink.

Dankie Mahdokt vir 'n uitstekende artikel! You have my 100% Plus support!
9 jaar 4 maande 1 week 21 ure oud


wat kan ek se
die storie van my lewe..
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Wow...Mahdokt, baie dankie vir die artikel en waarskuwing...hoop net dat baie meer dit sal lees en hul oë sal oopgaan vir wat aangaan...nie asof hulle nie weet nie...ek noem maar net...ingeval!
9 jaar 4 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


rex
Versteekte sonde ....
'n Ontsettende bose kringloop wat 'n mens wil laat moor en moor as jy van die dinge hoor! Dankie vir jou volgehoue stryd daarteen.
9 jaar 4 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Versteekte Sonde
Ons kort meer briewe soos die een!
9 jaar 4 maande 1 week 3 dae 1 uur oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar