Artikels

Titel: Verwoes ons kinders

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My ou leermeester in die Arbeidsreg, wyle prof Wiehahn het ‘n gesegde gehad “ dat jy nie iemand kan respekteer wat jou regte aantas nie”

Ons het baie empatie en simpatie en al die mooi woorde vir onderwysers, verpleegsters ens. Maar om die regte van kinders aan te tas is soos iemand wat kwaad is omdat die broodprys te hoog is, brood boikot en die kinders laat honger lei.

Daar is ander maniere om griewe te lug. Hierdie is nie ‘n wit en swart skole “issue” nie, maar wel ‘n “issue” wat ouers en gemeenskappe moet begin aanspreek ter ondersteuning van die onderwysers.

Hoe kan kinders onderwysers respekteer wat hulle ‘n basiese reg ontneem ?
Wat jammer is – gemeenskappe swyg en bly stil. Wat is aan die gebeur – privaatskole floreer onder alle rasse groepe en hoog tyd dat ons alternatiewe strukture begin skep in die plek van oneffektiewe strukture.



Kommentaar

My ma is in die Onderwys en sy het nou die dag gekla dat met die stakings saam sy nie genoeg punte vir die kinders het om hulle punte te kan opstel nie. Dit is so jammer wanneer stakings so uitgevoer word dat dit ander se regte aantas en verder terselfdertyd ook die stakers se soms geldige standpunte benadeel. Dan strek dit tot geen voordeel vir enige iemand nie.

Goed geskryf.
1 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 2 ure 43 minute oud


Hier is nog een groot gaping in ons prosesse: Heelwat griewe tydens stakings deesdae gaan oor die 'fat-cats' of mense op die soustrein - stakers raak ernstig omdat sekere mense super-inflasionêre verhogings en voordele ontvang het en hulle self nie. Die gedagte kom by mens op dat een verkeerde ding nie 'n ander regmaak nie ensv - baie geldig. Maas as mens verder dink besef 'n mens dat stakings hierdie uiters gereguleerde en bemagtigde proses is, maar dat daar geen sulke proses is vir griewe oor die (groeiende) dispariteit in die mark nie.

In 'n regwerkende demokrasie bied die wetgewende proses 'n bietjie verligting deurdat kiesers kan reageer op gierigheid en die gebrek aan aksie daaroor, deur hul verteenwoordigers wesenlik te straf by die stembus. Ons demokrasie werk amper glad nie - volgens my Meestersgraad skripsie benodig demokrasie besluitnemings inligting en rekenpligtigheidsinligting. Nie net het ons land min van beide (ons het wel baie data maar min inligting), ons kiesers is meesal nie by magte om dit te verwerk nie en ons kiesers reageer selfs in ideale omstandighede steeds nie daarop nie.

Ter afsluiting: Heelwat ontsteltenis oor dispariteit word tans gekanaliseer na 'n proses wat heeltemal oneffektief is om iets daaraan te doen, net omdat dit die enigste proses is. Die slagoffers is ons kinders en ons toekoms. (Sien "Toekomsmoord".)

Die meeste skole in die Moot is volgende week semi-gesluit ten spyte van voltallige personeel, weens dreigemente ontvang teen die kinders en omdat dit teen-produktief is om met baie leerder-afwesighede aan te gaan met werk. Gelukkig is daar geweldig baie voorbereidings e.a. werk wat gedoen kan word in die kinders se belang.

Nota: Ek stem nie saam dat 'normale' ouers tuis met onderrig kan aangaan nie. Waar onderwys eens juis nie "rocket-science" was nie, is dit vandag wel, en baie ouers rig na my ondervinding wesenlike skade aan. Baie ander dinge kan natuurlik gedoen word, soos fisiese vaardighede (ook maar ingewikkeld sodra die standaard hoog word) en maniere en waardes wat kan bydra tot effektiewe leer in die klas. Die ontwikkeling van die voorste breinlob, 'n groot probleem, vind ook noodgedwonge tuis plaas, maar weer eens vereis dit ongelukkig 'n bietjie kundigheid en word groot skade aangerig.
1 jaar 9 maande 19 ure 16 minute oud


Kinders hoef nie skool toe te gaan om te presteer nie, want daarvoor het hulle ouers. Ouers wat ook 'n deel kan bydrae tot hulle opvoeding.

Laat die wat wil staak staak. Die ANC het hulle al jare terug mooi geleer hoe om dit te doen - nou is dit weer die tyd om 'n oplossing daarvoor probeer vind.
1 jaar 9 maande 1 dag 16 ure 1 minuut oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar