Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die fees van Easter (dis nou paasfees) word elke jaar in Maart/April gevier, maar wie bepaal wanneer en hoe weet ‘n mens watter datum.

Die kerk het besluit om ‘n eenvoudige metode te gebruik, dieselfde manier waarop die Ishtar-fees se datum bepaal word.

Die Ishtar-fees is ‘n fees waar eiers geverf en weggesteek word, om die vrugbaarheid van die mens en dier te vier en te verbeter.

Net so het die Ishtar-fees die simboliek van hasies of konyne gebruik om die vrugbaarheid van die mens en sy diere te simboliseer.

Maar wat is die Ishtar-fees dan?

Dit is ‘n fees om die Godin van die Hemel (Gueen of Heaven) te vereer. Hierdie fees het sy ontstaan meer as 1000 jaar B.C.

Maar wie is die godin dan? Ishtar is ‘n godin van fertiliteit, liefde, oorlog en seks. Sy is oorspronklik in Nineve aanbid, maar later ook in Babilon en in Wes-Europa.

Haar seun, Tammuz het tydens ‘n wilde vark jag gesterf en sy hy na ‘n paar dae na die doderyk neergedaal en hom daar uitgehaal. Tammuz word beskou as ‘n verlosser van die mense en gode (Grieks: christos).

Die dood en herlewein van Tammuz word dan gedenk met die Ishar-fees, reeds lank voor die geboorte van dei Messias. In die Bybel word hierdie fees heel waarskynlik beskryf waar vrouens gehuil het oor sy afsterwe, voordat hulle na ‘n paar dar jubel oor sy opstanding. (Eze 8:14)

So terug na die oorsprinklike vraag, wanneer het hierdie fees in die jaar plaasgevind? Die opstanding van Tammuz was die eerste Sondag na die eerste volmaan na die dag-en-nag ewening op 21 Maart.

Wanneer word paasfees gevier? Die kerk het besluit, sodat die pagan heidene makliker hulself met die kerk kan vereenselwig, om die opstanding sondag te vier op die eerste Sondag na die eerste volmaan na die dag-en-nag ewening op 21 Maart.

So het jy al besef dat as jou Paasfees op hierdie dag plaasvind EN jy paaseiers en paashasies in jou viering het (al is dit net vir die kinders) EN jy het paasbolletjies ook, dat jy eintlik die heidense feesdag van Tammuz en Ishtar (Easter) vier?

Wanneer behoort dit gevier te word? Volgens die Bybel het die Messias op die 14e Abib gesterf (10/04/09), drie-dae en drie-nagte in die graf deurgebring en op die aand van die 17e Abib (13/04/09) opgestaan. JA die saterdag-aand, aan die einde van die weeklikse Shabbat. Dus GEEN opstanding-sondag nie.

Kyk gerus na die artikel van Christo Nel hoe die sterwe en opstanding verduidelik word (Hierdie tyd dink ons aan ....), sodat ‘n mens kan sien die Messias was drie dae en drie nagte in die graf en dan ook op die saterdag opgestaan het.

Die vraag weer: Vier jy Easter?




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vier jy easter
puik gedoen soos gewoonlik, met die lees van die kommentare op die artikel en ander soortgelykes draai die volgende woorde deur my;

Ek het nie gekom om vrede op die aarde te bring nie maar verdeeldheid

Lukas 12:51

shalom..m
11 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 18 ure oud


Dankie vir die stukkie van jou, wat soos AardigeAfrikaner se ‘Jesus en Horus’, onderwerpe aanraak wat haas opgevolg behoort te word.

Voordat ek ‘n Boer geword het en Kostantyn se konkoksie by my bloedlyn ingedruis het, was my werklike voorvaders van Wes en Noord Europa afkomstig, en het hulle die Paaseier speletjie met hul kinders gespeel ...

Ek vier Easter! My gees word met die heerlikste liefde en berusting gevul wanneer my pragtige kleinkinders kinderlik opgewonde na die paaseiers soos hul oer voorsate soek in die tuin waar ek dit weggesteek het. Wat ‘n fees...en ek vind ‘n dieper aansluiting by my herkoms en die psige waaruit ek ontspring het.

Baie meer bevredigend en liefde opbouend as om te luister na die retoriek van ‘datum verwarde’ predikers wat heilige en geestelike plagiaat pleeg.
11 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 6 ure oud


Paas
Die 'kerk' was en is 'n meester in die tap van heidense gebruike vir eie gewin. Sela.
11 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 14 ure oud


Weereens, soos gewoonlik uit jou pen - uitstekende stof tot nadenke! Baie dankie vir die deel hiervan, ek gaan nog 'n ruk daaraan herkou en vir myself ook weer navors. Shalom! Tania.
11 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 1 uur oud


Baie intressante dinge wat jy hier vertel.
11 jaar 1 maand 3 weke oud


Vier jý Easter
My genugtig ! , Ek is so bly om te sien dat daar ook andere is wat 'n probleem met die "kerk" se heiden navolging.

Ek sit ook hier met 'n stuk skrywe/navorsing wat aandui dat redding iets heel anders is as wat ek in my 40 jaar in die "kerk" geleer het, maar soos daar geskryf staan in God se Woord..............hulle vergader vir hulle predikers wat hul ore streel, en is ek bang om hierdie "eye opener" te plaas !

So , van my kant af, haal ek my hoed vir jou plasing.

Groete

Robert Wentzel
11 jaar 1 maand 3 weke 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar