Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(hierdie is nie ‘n aanval op die skryf styl of karakter van maraaivannnibaai nie, slegs my opinie van ‘n onderliggende vraag wat opgeskiet het in die lees van haar artikel se titel).

Dis Maraai-Vannie-Baai (pragtige gedig by the way) hier op Jamie Oliver vanaand, “what ingredients are we using tonight MureyeVanny Bye?” vra Jamie. ‘n Koekie, twee punte en melk, ‘n vy en dis wat jy kry.

“Vir wat lees daardie “uwe” col.kurts stories met die titel Vir die vroue op woes” vra 200 verWOESte  en verwarde vrouens van woes. Moenie proes, eks geen perve, actually die ander een ‘n morele waardes voorstaander. Ek wil net eers sê dankie aan Maraai vir die resep, al is dit verbode vrugte vir my, die verteenwoordiger vir die manlike ras. So Liewe Heksie, toe spring daar in my die urge op, om die vraag te vra oori diep sielkundige implikasies wat mens gewoonlik mis kyk 

My ma maak vir my kos vir so lank as wat ek kan onthou, boere kos; breakfasts van bacon, eiers en gebraaide piesangs, suppers, dinners, entrée en poedieng. En wat sy vir solank as wat ek kan onthou al sê, is dat sy van oggend tot aand heeldag in die kombuis is. Soos met boere tradiesie. As ek vir haar sê, maar dit hoef nie so te wees nie, kan sy dit nie anvaar nie en antwoord met JA  MAAR…

Kom almal sê saamit my BULLSH*T (‘n woord wat baie meer waarde het na die blou bulle se afgelope paar wedstryde)

Hoekom verdoem ons as gemeenskap vrouens na die kombuis, dit is houdings soos die wat die vroulike geslag in Suid-Africa en AFRICA veral, agter die klip sal los tot die wederkoms. Jul kan regtig nie glo dat God sy tyd so sou mors om die vrou te maak as sy net `n slaaf sou wees vir die man nie, (dan sou hy haar met vergrootte vroulike dele, twee baarmoeders, brandy en coke flavoured nipples en sonder die gawe van spraak geskape het).

Vroue staan op! Hierdie land kort sterk vroue. Ja jy mag kook, jy mag ook die kar bestuur, jy mag ook die TV channel kies, jy mag ook bier drink, jy mag ook jou stem ophef, jy mag ook sê ek is moeg gewerk, “kyk jy ‘n bietjie na klein boet en vee jy sy hol af.” JY MAG!

Demokrasie begin in jou huis, nie te vinde in ons regering nie, so kry jul mans om jul te respekteer en lat hul soms kook. Vat dit van ‘n man af, en stuur gerus ‘n paar resepte na my toe, ons hou van kook. Ons hou van kos maak veral romantiese etes. Vat my for instance ek maak die lekkerste breakfast wat jy ooit sal eet, vra enige vrou wat al die oggend langs my wakker geword het. (ego)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

?Koue voete
Het die Kurts koue voete ?
Waar kruip jy weg ?

Staan op en laat ons hoor wat jy se
13 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Komaan Kolonel!
Col. Kurts

Drie aanvallige vroue nooi jou uit vir 'n kuiertjie in CAFeWoes! Jy is mos 'n warmbloedige man, soos ons kan aflei deur jou skrywes. Skryf aan ons, ons is lus ..... vir 'n lekker geselsie. Komaan jong, Willem voel al alleen; hy's nou die enigste man daar.

Queen Zenobia

*PS Hier is klipdrift, hoor ....
13 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


COL. - RSVP please
Hi Col.
Ons uitnodiging staan vir 'n besoek by CAFeWoes -

RSVP man - ons wil jou ontmoet daar by die koffie tafel.
Johanna van Ark
13 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


U word vriendelik uitgenooi
Col.Kurts - Jy word vriendelik uitgenooi om 'n draai te maak by CAFeWoes - onder skrywers - Lanalowe -
Sien jou daar vir 'n geselsie en vriendelike koppie koffie.
Wag vir jou kuier.
Johanna van Ark en Queen Zenobia
13 jaar 4 maande 4 weke 6 ure oud


Woeste vroue
Hi kol,

Ummmmm .... ek wonder maar net.....
13 jaar 4 maande 4 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar