Artikels

Titel: Vir my Ma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Psalm 9
“En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!”

Watter word van troos is hierdie nie? Hoe kan ek bewe en bang voel, as U woord bevestig dat U my nie sal verlaat nie? Ten spyte van…
Al die verskonings, die gebrek aan tyd om U heilige woorde te oordink, om U werke te aanskou.

Die onverwagte mooi son opkoms vanoggend oppad werk toe, die glimlag van ‘n vreemdeling, ‘n e-pos in my inbox wat my laat le van die lag, die reuk en smaak van my eerste koppie koffie as ek nog sukkel om die dag in die oe te kyk.

Ek dank U my God, vir my lewe en al hierdie dinge wat soms sommer net so verby my gaan. Ek dank U vir die stilte in die oggend, die voels wat buite sing terwyl ek U woorde oordink. Dankie dat U ons en die aarde so mooi gemaak het!

Sondag was moedersdag. Ek het niks verwag nie en tog het ek so baie gekry! My kinders en kleinkinders was almal daar en ons het gelag, geterg, geeet. Dit was so great! Ek het ervaar hoe U liefde ons almal bymekaar hou ten spyte van…
Dit was een van die wonderlikste, lekkerste dae ooit!

En toe alles stil word, het ek gedink aan haar. Daar waar sy skuifelvoet stap, broos en weerloos is. Ek is dankbaar vir dit wat sy vir my probeer doen het – ‘n weggooikind!
Vandag besef ek eers hoe sterk sy moes wees vir ons almal. Broodwinner, opvoeder en instandhouer van ons huis.

Sy was nooit ‘n drukkie mens nie Here. Ons altyd weggestoot en haar woorde soms hard, skerp en seer.

Ek het nie van haar gehou nie Here, soms gehaat, maar o, sy het my geleer Here! Sy het my geleer om aan te gaan, ten spyte van wat ookal gebeur. Om aan te gaan met hierdie ding wat ons LEWE noem.

Ja, Here, ek het haar die seer vergewe en ek bid dat sy my ook al die seer kon vergewe! Ek bid dat sy in haar hart sal weet dat ek die beste geword het wat ek kon en dat sy bygedra het tot die goed wat binne my is.

Het haar verlede jaar met ‘n groot geskukkel gaan sien. Sy het so klein geword! So verskriklik weerloos en haar gedagtes op vlerke waar ons nie kan bykom nie.
Sy slaap deesdae die meeste van die dag. Waaroor sou sy droom? Sou sy begeer om by U te rus, hemelse Vader? Sou sy begeer om al die pyn vir U te gee?

Ek bid vandag vir my Ma, Here. Ek kan nie daar wees om haar ‘n drukkie te gee, of vir haar ‘n koppie tee te maak nie. Ek gaan moontlik ook nie daar wees as sy haar oe toemaak en U haar kom haal nie, Here. Ek is baie hartseer hieroor Here, want ek sou so graag haar hand wil vashou as sy oorgaan…

Ek is so lief vir haar, Here! Ek is jammer as ek nie aan haar verwagtinge kon voldoen nie. Sou so graag haar kind wil wees waarop sy kan trots wees.

Maar ek is lief vir haar, Here en ek dra haar aan U op. Ek soebat en glo dat U haar sal optel en styf teen U bors sal hou. Ek bid dat sy sal weet dat ek haar altyd liefgehad het en gewens het ek kan so sterk wees soos sy.

My dierbare, snaakse ou Mamma!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar