Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir 'n oomblik......dit is al wat ek myself toelaat. My gedagtes dartel en draai vir 'n stonde rondom jou. Ek onthou. Die ewige onthou, om nooit te vergeet nie. Hoe groot deel van my lewe was jy nie? En ek mis jou. Ja, met die sekerheid van 'n chirurg is jy uit my hart gesny, toe uit my verstand.....Maar die skoppensboer lag, want die grap is om my. Daardie operasie was 'n snaps van 'n versinsel, 'n spel van die verbeelding. Dit was nooit.

Jy is nog altyd daar. Soos 'n voortdurende aanhoudende gebeurlikheid, 'n aksie wat nooit ophou nie. So vang ek myself uit. My gedagtegang gaan draai om jou. As ek met myself praat....natuurlik net in die gedagtes. Dan is dit met jou wat ek praat. Ek sien die wisseling van die emosies op jou gesig. Ek sien die erns in jou oe. Ek wag vir jou antwoord. Ek ken jou, ek weet wat jou reaksie gaan wees. Soms lok ek jou uit. Dan vang jy my met 'n onverwagse skuif in strategie.

Kort-kort is daar 'n gebeurtenis of 'n happie inligting wat ek na jou wil oorstuur. Dan die harde werklikheid. Jy is uit my lewe geamputeer. Soos 'n ledemaat wat weg is, sit ek met die surrealisme. Jy is nog daar, ek ervaar jou teenwoordigheid. Maar..... jy is weg!! So onherroeplik, ontoelaatbaar weg vir altyd. Die skadu van jou menswees kom val hier oor my. Hier in die hoekie van my tuin. Hier waar ek nou my gedagtes die veld laat vat, ongebonde ongehalter. Weg, weg dartel dit. Daar na jou waar jy vooroor geboe agter jou lessenaar sit en wonder..... Die wonder oor dinge wat verby is.

Ek trek die teuels styf en kry alles bymekaar. Trek die gordyne oor die vensters van die siel. Gordyne met wonderlike sonskyn en blomme. 'n Toonbeeld van alles wat mooi en vrolik is. Net soos mens 'n rok regtrek na 'n lang sit. So trek ek my gedagtes reg, sorg dat alles netjies op hulle plek is, sodat niemand kan sien watter vermoeiende reis ek pas deurgemaak het..... in my verlange na jou

Vir gister , vandag en more.......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...wonder hoeveel van ons leef so, sorry, ek was net in gedagte.
8 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Buffelshoek se nuwe stasiemeester

    deur neels claasen

    n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar