Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na aanleiding van al die onsekerheid oor die finaliste, wil ek graag verduidelik hoe die hele kompetisieproses werk :

Elke, enkele deelnemer moet ‘n geregistreerde Woes-lid wees om in te skryf. Geen nie-Woes-lid kan inskryf sonder ‘n Woes-identiteit nie. Dus, almal wat ingeskryf het, is op Woes geregistreer.

Waar’s hulle profiele dan? Spyker Koekemoer, Sanger en Maduvis is sigbaar, aangesien hulle al iets op hul profielblaaie geskryf het. En die ander? ‘n Persoon se profiel vertoon nie op die blad indien geen profiel-inskrywing gemaak is nie.

Elke inskrywing ontvang ‘n unieke nommer en hierdie nommers is na die onderskeie borge gestuur. Elke inskrywing wat deur die borge evalueer is, is dus anoniem. Van daar, het die borge die tien finaliste se unieke nommers na Woes teruggestuur en Woes het die nommers by name op die inskrywings geplaas, waarna die name bekendgemaak is.Op geen stadium het enige lid van die Woesbestuur insae gehad betreffende keuring en sifting nie.

Twee vrae:
1 Sal Woes doelbewus die blad wil ongewild maak onder sy lede?
2 Sal Woes juis ondeursigtig optree en getroue lede wil verloor?

Spesifiek die feit dat een lid 3 gedigte as finalis-gedigte het en ‘n ander lid 2 gedigte, dui bloot daarop dat die borge sodanige gedigte verkies het en ek stel weer pertinent dat Woes geen insae in die keuringsproses gehad het nie.

Hoekom is die wengedigte nie op Woes te lees nie? Die oorgrote meerderheid deelnemers het “nuwe” gedigte ingeskryf, bydraes wat nog nooit op enige plek “gepubliseer” is nie.

Woes kan nie die borge se keuses negeer of omverwerp net omdat van ons meer “sigbare” lede nie gekies is nie. Sal dit regverdig wees?

Moet meer “sigbare” lede lojaliteitspunte kry?
Watter kriteria word dan gevolg?

Dankie dat julle gelees het en ek hoop dit beantwoord almal se vrae.





 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Plek om jou stories te vertel
Amper 3 dae later kom ek eers agter daar is 'n gedoente oor die skryfkompetisie. Stilweg begin ek hoop dat ek tog net nie een van die 10 in die kortverhale-afdeling is nie. Ek wil asseblief nie in die spervuur beland nie. Waar was ek toe ek by Woes aangesluit het met die gerusstelling dat dit: 'n Plek om jou stories te vertel... is? 'n: Kreatiewe platform vir Afrikaans? Die skryfkompetisie was tog sekerlik 'n bonus, nie 'n waarborg nie.

Wat 'n lekkerte om net deel te kan wees van ander aspirant/gesoute/talentvolle/uitdagende/sielsryke skrywerdigters se pogings en suksesse. Met die druk van 'n knoppie 'n ander ou se lewe/insig/hartseer/vreugde/galbraak te kan meemaak.

Ek sê dankie Woes. Ten minste is daar nou 3 ander wat my stories lees behalwe my getroue (en noodgedwonge) familielede.
7 jaar 11 maande 3 dae 7 ure oud


Sjoe!!!
Ons tweede beste woesters sal nog moet stem vir die buitestanders.....of het hulle sommer nog 'n klomp mense geregestreer om vir hulle te stem. (op ons tweede beste woesblad) Wonder maar net Oom Jack???
7 jaar 11 maande 4 dae 4 ure oud


Vonnie
Ons is reeds besig met beplanning vir nuwe kompetisies en is ook besig om borge te nader. Ek verstaan self Werner se punt,maar hy het regtig bietjie woes aangegaan. Die kompetisie was strenggesproke 'n "inhuiskompetisie", maar mens sal miskien moet kyk na die feit dat deelnemers reeds werke op Woes publiseer het tov volgende kompetisies.
7 jaar 11 maande 5 dae 9 ure oud


Kompetisie!
Kompetisie, nie kompetiese! Jammer...
7 jaar 11 maande 5 dae 13 ure oud


Familie
Ek stem saam. Sal so lekker gewees het om 'n woesvriend (familielid) op wenlys te sien.
7 jaar 11 maande 5 dae 17 ure oud


Carol
Dit is 'n uur na middernag. . . Het wakker geword met die nadraai van die skryfkompetisie in my gedagtes. En hier sit ek nou voor my rekenaar en lees die kommentare op jou artikel.

Baie van die vrae wat die afgelope uur deur my gedagtes gemaal het, sluit ook by van hierdie kommentare aan. . .

Ek verstaan nogal uit watter hoek Werner kom en wil vernaam na aanleiding van sy laaste vragie onderaan, 'n voorstel op die tafel gooi. . .

Dat daar van tyd tot tyd en op baie gereelde basis, Inhuis-Woeskompetisies net vir die Woes-familieskrywers gereel word. Deelname, beoordeling en alles wat daarmee gepaard
gaan.

Die probleem is net dat - soos met die afgelope kompetisie - mensies registreer as Woes-lede net totdat die kompetisie gesluit het. Daarom geen beduidenis van profiele van die meerderheid van hulle meer op Woes nie.

Ek het net gevoel ek moet my gedagtes deel en hoop die muse laat my in die steek sodat ek weer aan die slaap kan gaan raak. Anders sal ek maar 'n mus oor my kop moet trek, of kop in een mus wees met die wakkerbly. . .

Maar regtig mense, dit lyk my 'n slapelose nag is my beskore. Nie ten koste van myself nie, maar oor mede Woesters wat so woeslik wroeg na aanleiding van die kompetisie se uitslag.
7 jaar 11 maande 6 dae 1 uur oud


Werner
Weet jy, ons het op geen manier beheer oor die inskrywings gehad nie, juis omdat dit so anoniem hanteer is. Sodra 'n inskrywing 'n nommer gekry het, is dit na 'n "blad" vir die be-oordelaars/borge verskuif waar net nommers op die elektroniese werke verskyn het. Hoe moet ons weet wie is "gereelde" lede en wie nie? Dis juis die anonimiteit van inskrywings wat jou nou ongelukkig maak. Nou wat nou?
As daar name op was en jy is nie as finalis gekies nie, wat dan? Het ons dan weer sekere lede bevoordeel of wat?
7 jaar 11 maande 6 dae 5 ure oud


kuns en talent
Daar is nog geweldig baie talent wat buite Woes rondloop. Dit is net die kompetisiereëls wat veroorsaak dat hulle Woeslede word. Dankie vir die verduidelikking en geluk aan die finaliste.

Dalk moet jy n onderhoud voer met die beoordeellaars. Dit sal die skrywers n ander insig gee. Dit sal dalk die kuns meer uitlig.
7 jaar 11 maande 6 dae 5 ure oud


Onderhoude
Dankie Vic, ek beplan om so spoedig moontlik "onderhoude" met die finaliste te voer wat op die blad publiseer sal word ...
7 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud


Sjoe!
Ja-nee, dit was mos van die begin af logies dat daar net 10 gedigte as wenners kan wees en nie 10 skrywers nie. Ek's net bly dat dit darem 7 skrywers is en nie [1 of 2?] aansienlik minder nie. Geluk aan die wenners -- ons hoop ons sien meer van hulle gedigte, aangesien ons tot nou toe nog niks van meeste van hulle gesien het nie -- seker maar net vir die kompetiese aangesluit...
7 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar