Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lank, lank gelede in die Middeleeue was daar al embleme in gesondheidsorg gebruik om aan te dui waarvoor jy opgelei was. Ek is nie seker of die embleem van die ooievaar ook op gewone verpleegsters se sertifikate gebruik was nie, maar dit was wel op die van die kraamverpleegsters of te wel die vroedvrou soos hulle in daardie jare bekend gestaan het se sertifikate gebruik. Ek kan ongelukkig ook nie sê of dit die gebruik was in alle Europese lande nie. Aangesien meeste babas tuis gebore was en dit gewoonte was dat ’n vroedvrou na jou huis moes kom om te kom help met die geboorte. Het jy dus nie net ’n baba verwag nie,( maar wel ook die ooievaar) aangesien die vroedvrou wat bystand kom verleen met die geboorte van jou kind ook sou opdaag. Omdat die embleem van haar bevoegdheid die was van die ooievaar.

So het dit dus ook in Duitsland ontstaan dat wanneer ’n vrou swanger was, het haar man ’n groot hout-ooievaar in die tuin gesit. Hierdie ooievaar was blykbaar van vele betekenis en het nie net die koms van ’n baba gesimboliseer nie. Hierdie ooievaar het ook aangedui dat die baba ook die ouers sou versorg as hulle oud is en nie meer vir hulle self kon sorg nie. Dit was dus weer op sy beurt die simbool dat hierdie nuwe baba dus ook getrou aan sy/haar ouers moes wees, deur ook hul ouers te versorg op hul oudag.

Hierdie tradisie het later ook oorgewaai na Nederland en Vlaandere en weer ook later na
Suid Afrika. (Ou Jan van Riebeeck het seker ’n hout-ooievaar hier aangebring) Ek wonder hoeveel hout-ooievaars is daar vandag nog oor.

In verskeie skilderye wat dateer uit die Renaissance simboliseer die ooievaar ook die trou van die kinders aan hul ouers.

Ek dink dit is voorwaar ’n pragtige gebaar, en noudat ons weet van al hierdie mooi en reine betekenisse van die ooievaar, kan ons ook maar weer die gebruik van die ooievaar as simbool van trou en liefde vir ons ouers en kinder vier, deur ook ’n ooievaar in ons tuine te plaas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nou kyk nou hoe leer ek op my oudag iets. Puik vertelling.
10 jaar 4 maande 2 weke 21 ure oud


ooievaar
ooievaar ek het dit geniet ek is vroedvrou en ek het ooievaar in my tuin ,my kantoor en in my klas maar geen teken van ooievaar op my diploma nie dankie pragtig geskrryf .Ek is ook mal oor ooievaars
11 jaar 4 maande 4 dae 17 ure oud


dit IS regtig interesasant, wil net altyd weet waar kom babas vandaan, en nou so onderstebogenerasiekykie daarna. dankie daarvoor.
12 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 23 ure oud


Dankie - daar leer ek ook nou iets by. Ek dink dis tyd dat ek die ooievaar in die tuin moet sit en dan vir my kinders verduidelik wat dit beteken.

Groete : Rico
12 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


Ooievaar
Dit is nou regtig interessant. Daar kom gee jy nou weer nuwe dimensie aan die idee van die ooievaar vir my.
12 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar