Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waarmee is hulle besig? Ek het so 'n klein opname-tjie gedoen. Hulle wat my vraelys beantwoord het, glo self nie die resultaat nie. Omdat tyd verlore gaan as mens tv kyk of playstation speel, kan jy nie vra: hoe lank kyk jy? Jy moet hulle dwing om by die totaal van 24 uur uit te kom, dan kry jy die regte prentjie.

So uit die gewone 24 uur:
- tv of dvd 4 ure (leersame inhoud: halfuur)
- videospeletjies 3 ure
- gesprekke uitsluitlik oor videospeletjies 1 en halfuur
- gesprekke oor wie hou van wie en wie het wat gesê daaroor: 2 uur
- sms/mixit/foon (SMF) oor een van bg.: 1 uur
- SMF oor iets anders: amper niks
- reis: minder as halfuur
- slaap of lê 6 uur (vakansies meer, skooltyd minder)
- eet/drink terwyl tv of video speel 1 uur
- eet/drink terwyl gesels halfuur
- sport of fisies: halfuur
- huiswerk/leer/lees/leersame gesprek halfuur
- sit in klas 4 uur (vakansies bring ure af)
Hoe word die vier uur opgebreek?
- dink aan of praat oor een van die eerste 3 hierbo: 2 en halfuur
- werk/luister ooreenkomstig vereistes 1 en halfuur

Navorsing deur #in%en*o^ (waarna navorser afgedank en navorsing geskrap is) het bewys dat aktiwiteite waarin menslike kontak nagemaak word (bv. videospeletjies) beïnvloed die ontwikkeling van die voorste breinlob omdat die brein nie onderskei tussen werklike en nagemaakte menslike kontak nie. Kinders se voorste breinlob (wat menslike interaksie beheer) word dus volgens bg. oorheersend ontwikkel, deur videospeletjies ipv ware menslike kontak.

Dit is die rede hoekom kinders ten spyte van die nuutste wetenskaplik gefundeerde leerplanne en onderrig, nie wiskunde of wetenskap kan doen en nie met begrip kan lees of (slaat my maar dood) dink nie. Die volgende paar geslagte se onderskeidingsvermoë en interaksie (burger-verantwoordelikheidsin) word tans geprogrammeer deur die gewildste videospeletjies.

Iets om oor te dink, nè. Die grootste standaardafwyking in bg. gemiddelde statistiek is op die item sport/fisiese aktiwiteit. Met ander woorde die werklikheid verskil geweldig van kind tot kind op daardie item. Sommige kinders spandeer nul ure daar terwyl ander 3 tot 4 ure daar spandeer, wat dan afkom by slaap of tv kyk. Sport maak 'n massiewe verskil.

*************
Nota: die kinders wat bestudeer is, is ongeveer 12 jaar oud. Hulle was almal Afrikaanssprekend uit die (lae tot middel) middelklas inkomstegroep.
Apologie: ek herhaal goed wat vir my dodelik belangrik is - slegte gewoonte - sorry...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek moet
se dis heeltemal waar! Vir iemand wat maar ers in 2011 matriek geskryf het weet ek waarmee vandag se kinders besig is, en regtig 'n klein persentasie neem deel aan sport.
7 jaar 11 maande 2 weke 2 ure oud


kommentaar
Die kommentare op hierdie griffeltjie is so kosbaar en ek wonder as mense hier dit so goed verstaan, hoekom verstaan amper geen ouers daar buite dit so nie? Of verstaan hulle dit maar doen niks nie? Tensy iemand beswaar maak, gaan ek die kommentaar by my studie en my artikel inwerk.
Dankie
9 jaar 2 maande 2 dae 12 ure oud


X2
Tweede komtaar, re sport. Ou Romeinse spreuk: Mens sana in corpore sana. 'n Gesonde gees in 'n gesonde liggaam.
9 jaar 2 maande 4 dae 8 ure oud


as
jy regtig wil weet wat kinders doen waar menigte ouers nie sien nie, gaan lees Versteekte Sonde, die verlore kinders van my volk by my artikels..m
9 jaar 8 maande 4 weke 16 ure oud


Die hare rys op my kop by die lees hiervan! Die voorreg van volkome menswees word hulle ontneem. Dit rus nou grooliks op die ouers se skouers om leiding te gee, maar groepsdruk maak dit sekerlik onmoontlik! Wat n uitdaging! Is ons n bevoorregde generasie , om videospeletjies te kon vryspring?!
9 jaar 9 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


In die 80's my kinders nie toegelaat om 'The A-Team' te kyk nie: dis anti-helde.
Goddank gaan ek nie die kleinkinders grootmaak nie!
9 jaar 9 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


Baie interessant. Ek glo jou. Ek hou skool vir elf tot twaalfjariges en vra gereeld sulke vrae. Ander ding wat pla, is die TIPE Playstation-speletjies wat hulle speel- party het ouderdomsbeperkings en gaan oor seks, geweld, misdaad, ens. Ek het my ook dood geskrik toe ek vra: "Wie het al iets in 'n winkel gesteel?" en sien hoeveel hande gaan op. En toe hulle eers begin vertel... dit het my perspektief gegee.
9 jaar 9 maande 1 week 4 dae 13 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar